'n Ekonomiese evaluasie van sommige gewasopvolgingstelsels onder droëlandtoestande in die Middel-Vrystaat
Loading...
Date
1985-01
Authors
Grobbelaar, Jan Adriaan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Gewasprodusente in die Middel-Vrystaat het gevind dat die
inskakeling van 'n somergewas in bestaande wintergewasproduksiestelsels,
met gepaardgaande langer braakperiodes, aanleiding
gee tot verhoogde graanopbrengste en 'n vermindering
in onkruidprobleme en wortelsiektes. Hierdie bevindinge het
daartoe aanleiding gegee dat vrae by die gewasprodusent ontstaan
het rondom die ekonomiese geregverdigheid van wisselbou-
en braaklandstelseis. Die doel van hierdie studie was
om ten spyte van 'n gebrek aan plaaslike navorsingsresultate,
die voordele en nadele van wisselbou- en braaklandstelsels,
soos gereflekteer deur langtermynwinsgewendheid, teenoor die
van monokultuurverbouing op te weeg en om in die proses die
mees ekonomiese stelsel te identifiseer.
Vir hierdie doel is 'n hipotetiese boerdery-eenheid in die
ondersoekgebied gekonstrueer. Die gewasopbrengste van koring
en mielies is met behulp van gewasgroeimodelle bereken op
basis van die daaglikse klimaatsomstandighede in die gebied
vir die tydperk 1960 tot 1983. Daar is bevind dat koringopbrengs
op braaklande gemiddeld 76% hoër as die by monokultuurkoring
was, met 'n koêffisiênt van variasie van 19,6 % teenoor die 51,9 % van monokultuurkoring. Braaklandmielieopbrengste was 30% hoër as die van monokultuurmielies, met 'n
koëffisiënt van variasie van 49,7% by albei.
Ses verskillende gewasopvolgingstelsels is geëvalueer,
naamlik monokultuurkoring, monokultuurmielies, langbraakkoring,
koring-koring-Iangbraak, koring-mielie-wisselbou en
koring-koring-mielie-wisselbou. Deur die wins van die
boerdery-eenheid vir elke stelsel te bereken, is bepaal dat
dit essensieel is om 'n ekonomiese evaluasie van gewasopvolgingstelsels
tot op boerderywinsvlak deur te voer, aangesien
alle koste-aspekte waarin verskille kan voorkom, nie op bruto
marge- en netto inkomste-vlak in ag geneem kan word nie. So is
daar bevind dat die stelsel met die laagste bruto boerderyproduksiewaarde
die derde hoogste marge bo veranderlike koste
en die tweede hoogste boerderywins op grond van gemiddelde
opbrengs gehad het. Die koring-mielie-wisselboustelsel het
die hoogste boerderywins getoon.
Deur jaarlikse boerderywinssyfers oor die 24-jaartermyn te
bereken, is bevind dat dit belangrik is om so 'n evaluasie
nie net op gemiddeldes te baseer nie. Die monokultuurstelseIs,
met die laagste gemiddelde winssyfers, het in minstens
7 van die 24 jaar die hoogste boerderywins gehad. Die stelsel
met die hoogste gemiddelde winssyfer het in 3 van die 24
jaar 'n verlies getoon, terwyl die langbraakkoringstelsel in
geen jaar 'n verlies getoon het nie.
Deur jaarlikse absolute boerderywinssyfers met behulp van
prysindekse te bereken, is bevind dat 'n ekonomiese evaluasie
met konstante pryse aanleiding kan gee tot 'n verkeerde
besluit. Die verhouding tussen die pryse van koring,
mielies, boerderybenodigdhede en verbruikersitems het
gedurende die 24-jaartermyn sodanig verander dat 'n bepaling
van die absolute huidige waarde van die jaarlikse boerdery-
winssyfers getoon het dat die langbraakkoringstelsel of die
langtermyn meer winsgewend as die koring-mielie-wisselboustelsel
was.
Omdat bogenoemde boerderywinsberekenings slegs die vaste
koste voortspruitend uit die belegging in losgoedkapitaalitems
en nie die verskil in die jaarlikse gebruik en gepaardgaande
vervangingskoerse in ag geneem het nie, is die interne
opbrengskoers van elke gewasopvolgingstelsel op basis van
hierdie berekening het die winsgewendheidsvolgorde op basis
van absolute boerderywinssyfers bevestig, alhoewel die
verhouding tussen die onderskeie stelsels verander het.
Hierdie berekening kan dus ook 'n verandering in die winsgewendheidsrangorde
van gewasopvolgingstelsels teweeg bring,
wat nader aan die kol as enige van die vorige berekenings sal wees.
In die laaste instansie is die risiko van elke stelsel in
terme van die waarskynlikheid om in 'n bepaalde jaar nie in
staat te wees om die vaste verpligtinge van die boerdery-eenheid na te kom nie, bereken.
Hierdie waarskynlikheid was 11,3% by die langbraakkoringstelsel en 22,8% by die koring-
mielie-wisselboustelsel, teenoor die 54,2% van monokultuur-
mielies en die 47,7% van monokultuurkoring.
Description
Keywords
Agriculture -- Economic aspects -- South Africa -- Free State, Shifting agriculture -- South Africa -- Free State, Dissertation (M.Sc.Agric. (Agricultural Economics))--University of the Free State, 1985