Theophany and the divine discourses of job
Loading...
Date
2002-05
Authors
Schmidt, Nicolaas Fryer
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The divine discourses of Job 38-42 are usually interpreted from one of two points of view.
The traditional reader understands the effect of it as a moment of repentance in the life of
the main character, which can be proved from his final reaction in 42:6. In contrast to
this, the sceptical reader uses the same evidence but from a different perspective to show
how the way in which God handles Job had the opposite effect when Job rejects the Lord.
A literary study on the divine discourses proposes that it should be explained as an Old
Testament theophany in two senses: As religious phenomenon the true nature and
character of the theophany is studied, by distinguishing it from other phenomena of divine
manifestations, like the epiphany and the prophetic oracle which usually is reported in the
form of dreams and visions. The theophany is also analysed as a literary report which can
be identified in some texts of the Old Testament. This literary report of the theophany
type-scene consists offive elements: (i) The background to the manifestation, (ii) the
manifestation of the divine and the way the human recipient reacts to it, (iii) the dialogue
and contents of the theophany report as the aim of the divine manifestation, (vi) the
element of intrigue which is present in every theophany in some mysterious aspect of the
divine, as well as (v) the conclusion to the theophany type-scene. The literary type-scene
of the theophany is used as a framework to be applied to the divine discourses of Job.
When the divine discourses is explained as a theophany in both senses as a religious
phenomenon and literary report of the type-scene of the theophany, the findings show both
the traditional and sceptical interpretations of the divine discourses to be of a one-sided
nature. After the Lord had revealed his order and justice in creation to Job by means of
the theophany and it the specific way of the theophany type-scene, Job reacts to the divine
neither in terms of repentance nor in rejection. The existing faith of Job is instead
strengthened by the Lord, because of the character of the divine discourses as theophanic
phenomena and the dramatic report thereof that provides Job of a new and revolutionary
form of insight about the greatness of the Creator as well as the contingency and
insignificance of man in the creation of the Lord.
Afrikaans: Die Godsredes van Job 38-42 word gewoonlik uit een van twee hoeke geïnterpreteer. Die tradisionele leser verstaan die effek daarvan as 'n bekeringsmoment in die lewe van die narratief se hoofkarakter, waarvan bewys gelewer word in sy finale reaksie in 42: 6. Daarteenoor wend die skeptiese leser dieselfde gegewens aan vanuit 'n ander gesigspunt, om dan te meen dat die wyse waarop God met Job omgaan hom eerder tot die verwerping van die Here noop. 'n Literêre aanpak met betrekking tot die Godsredes stel voor dat dit in tweërlei sin as 'n Ou-Testamentiese teofanie verstaan moet word: As religieuse fenomeen word die ware aard en karakter van die teofanie in die Ou Testament ondersoek, deur dit van ander fenomene van die goddelike manifestasie te onderskei, soos die epifanie en die profetiese orakel wat meesal in die vorm van drome en visioene gerapporteer word. Verder word die teofanie ook bestudeer as 'n vorm van literêre beriggewing wat vanuit sekere teofaniese tekste in die Ou Testament afgelei kan word. 'n Tipiese vorm van beriggewing van die teofanie in tekste van die Ou Testament word geanaliseer. Dit bestaan uit die vyf dele: (i) Die agtergrond daarvan, (ii) die wyse waarop die manifestasie van God plaasvind en die betrokke persoon daarop reageer, (iii) die inhoud van die beriggewing wat plaasvind om die doel van die manifestasie oor te dra, (vi) die intrige wat in elke teofaniese rapport waarneembaar is uit misterieuse aspekte van die goddelike, asook (v) die afsluiting van die teofaniese episode. Hierdie literêre vorm van beriggewing word aangewend as teofaniese raamwerk met betrekking tot die Godsredes van Job. Wanneer die Godsredes as teofanie in terme van beide die religeuse fenomeen daarin en die literêre beriggewing daarvan bestudeer word, wys die bevindinge daarop dat beide die tradisionele en skeptiese interpretasies van Job se Godsredes eensydig is. Omdat die Here deur die teofanie en op 'n spesifieke teofaniese wyse sy unieke orde en geregtigheid aan Job openbaar, reageer laasgenoemde nie daarop met reaksies van bekering ófverwerping van die Here nie. Inteendeel, Job se bestaande geloofin die Here word versterk omdat hy deur die Godsredes as teofaniese fenomeen en die dramatiese beriggewing daarvan tot 'n nuwe en subversiewe insigte gelei word met betrekking tot die grootheid van die Skepper en sy eie kontingente weglaatbaarheid tussen die ander skepsels van God se skepping.

Description
Keywords
Christophany, Cult, Epiphany, Hierophany, Prophetic oracle, Sapiential literature, Spirituality, Theodicy, Theophany, Type-scene, Dissertation (M.A. (Near Eastern Studies))--University of the Free State, 2002, Bible, N.T. -- Job -- Criticism, interpretation, etc.