The crisis of the nation-state: an evaluation and reconstruction of the perspectives of Alvin Toffler
Loading...
Date
2003-01
Authors
Harsant, Angelique May
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Gedurende die era 1960 en 1970 het Toffler 'n toekomsblik in sy studies
gegee wat die wereld geskud het Wat eers ondenkbaar was, het nou 'n
realiteit geword. Soos die rnensdom die nuwe millenium betree, word hulle
daagliks gekonfronteer met die verwesenliking van die nasiestaat se
onvermoe om geldige oplossings vir transnasionale strydvrae te vind.
Daaronder ressorteer strydvrae rondom oorbevolking, die omgewingskrisis,
inheemse siektes soos HIV-Vigs, besoedeling, terrorisme, onbeheerde
misdaad, globale mafia's, transnasionale religieuse bewegings, die opkoms
van multinasionale korporasies en die gebruik van private
sekuriteitsorganisasies om landsburgers en staatsbelange te beskerm. Die
nasiestaat is nie ten voile toegerus om al hierdie globale problerne te hanteer
nie. Met die nasiestaat wat in 'n krisis verkeer, bied Toffler 'n vensterblik op
die toekoms, veral ten opsigte van die moontlike politieke omgewing in die
21 ste eeu, wat gebuk gaan onder talle globale problerne. Die verskuiwing van
die Tweede Golf industriele beskawing na die Derde Golf post-industriele
beskawing is nie bestem om vreedsaam te ontwikkel nie. Die reaksioniste van
die Tweede Golf (hedgehogs) wil die bestaande politieke orde in 'n industriele
samelewing handhaaf, terwyl die rewolusioniste (foxes) die radikale opsie van
die Derde Golf verkies en sodoende die Tweede Golf as uitgedien beskou.
Die mensdom is tans besig om die fase van die "meesterkonflik" tussen die
twee beskawings te betree. Toffler se bydrae is gerig op die voorsiening van
'n toekomsvisie met die doe! om die verskuiwing na die volgende beskawing
te fasiliteer sodat dit vreedesaam en rasioneel kan geskied.
Die volgende faktore het as motivering vir die studie gedien:
> Die relevansie van Toffler se bydrae soos wat die mensdom die 21 ste eeu
betree.
> Toffler is 'n internasionale erkende scenario denker en bied 'n alternatiewe
perspektief op die nasiestaat se toekoms.
>Daar is 'n leemte in die bestaande komtemporere literatuμr veral met
betrekking tot die rekonstruksie en evaluering van Toffler se bydrae met
spesifieke verwysing na die krisis van die nasiestaat.
>Om die probleem van staatsmag in 'n inligtinggebaseerde,
rekenaargedrewe samelewing aan te spreek.
> Om die omvang van parameters van die stryd tussen dje industriele
Tweede Golf elite en die postindustriele Derdegolf-elite vir beheer oor mag
in die Derdegblfbeskawing, te verken.
Die studie poog om 'n bydrae ten opsige van die volgende te maak:
> Die ontwikkeling van 'n metateoretiese raamwerk waarvolgens Toffler se
bydrae gerekonstrueer en geevalueer kan word.
>Om Toffler se status en posisie in die geidentifiseerde studieveld te
bepaal.
> Om Toffler se bydrae met betrekking tot die toekoms van die nasiestaat te
rekonstrueer en te evalueer deur die metateoretiese raamwerk as ontwerp
vir die doe! van die studie toe te pas.
> Die rol en invloed van kennis as 'n veranderlike wat die mag van die
nasiestaat kan beinvloed, moet verken word, aangesien die resultaat
daarvan die mens in sy holistiese benadering kan be"invloed.
> 'n Beoordeling van Toffler se bydrae met betrekking tot fundamentele
politieke ontwikkeling en politieke verandering rakende die evolusionere
ontwikkeling van die nasiestaat.
> Klem sal gele word op Toffer te bydrae met betrekking tot die kontinui"teit
van die nasiestaat, naamlik die formasie, huidige status, krisis en toekoms
van die nasiestaat.
'n Evaluasie en intepretasie van Toffler se werk het gelei tot die volgende
bevindinge:
>Toffler het 'n golfmodel ontwikkel wat die evolusionere sosialiseringsproses
van die mensdom in drie universele beskawingsgolwe verdeel het, naamlik
die Eerste Golf agrariese beskawing, die Tweede Golf industriele
beskawing en die Derde Golf post-industriele beskawing.
>Toffler het ook naas die golfmodel, 'n magsteorie ontwikkel wat
veronderstel dat wanneer een universele beskawingsgolf vervang word
deur 'n ander, 'n magsverskuiwing plaasvind wat die onderfiggende kode of
paradigma transformeer.
>Soos wat die mensdom die Derdegolfbeskawing betree, moefdaar 'n nuwe
bloudruk of kode ontwerp word wat ook uniek is aan die Derde Golf.
> Die rewolusionere verandering na 'n nuwe wereldorde het die resultaat dat
'n meesterkonflik" tussen die reaksioniste van die Tweede Golf
(hedgehogs) en die rewolusioniste van die Derde Golf (foxes) die gevolg
salwees.
> Toffler het die Derde Golf as 'n logiese scenario gekies en het ook 'n
profiel van die Derde Golf politieke bedeling geskets.
> Toffler se werk bied 'n alternatiewe siening van die toekoms wat die
argitekte van die Derde Golf kan aanwend om die nuwe wereldorde te
skep.
> Toffler het nie net die wyse waarop die mens die wereld beskou nie, maar
ook sy eie akademiese denke vernuwe. In sy keuse van 'n
onkonvensionele alternatiewe toekomstige wereldbeeld het hy ook 'n
verandering weg van sy Marxistiese agtergrond ondergaan en het hy al
sterker na fenomenologiese denke wat diep gewortel is in die Duitse
tradisie, beweeg.
In die voetspore van die meesterkonflik waarin die Tweede- en die
Derdegolfbeskawings 'n stryd voer vir die beheer oor die toekoms, erken
Toffler die mens se wanordelike bestaan. In plaas daarvan om die scenario te
ondersteun wat voorspel dat die wereld in 'ri spiraal na vemietiging sal lei, bied
hy 'n bloudruk waarin die radikale verandering wat die mens beinvloed, beter
verstaan word. Die fokuspunt van hierdie verhandeling is Toffler se siening
van die krisis waarin die nasiestaat verkeer em waarin die mens 'n wanordeJike
oorgangsraamwerk ervaar. Vanuit hierdie grondslag dien Toffler se ) ydrae is
'n instrument wat die mens in staat sal stel om die oorgangsperiode· na die
Derde Golf beter te verstaan. Volgens Toffler sal die huidige oorllangsperiode
van konflik soos deur die mens tans ervaar word, opgevolg word deur 'n
periode van ekWilibrium waarin 'n nuwe politieke bedeling 'n nuwe wereld
radikaal verskillend van die vorige, sal bied. Sy bydrae sal die mens in staat
stel om die stormagtige krisis in die oorgangsperiode te bowe te kom en om
die korrekte besluite te neem wat sal kulmineer in die skepping van 'n nuwe
Derde Golf van Beskawing.
Description
Keywords
Social change, Forecasting, Civilization, Modern, Dissertation (M.A (Political Science))--University of the Free State, 2003