In vitro embryo production in cattle
Loading...
Files
Date
2007-08
Authors
Rust, Johannes Matthias
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The objective of this study was the development of efficient in vitro embryo production (IVEP)
technology for application on fertility-impaired beef and dairy cows. Fertility-impaired implying
animals that could neither reproduce nor produce embryos through conventional MOET
procedures due to old age, pregnancy, repeated MOET procedure treatments, certain
abnormal uterine conditions and general failure to conceive and become pregnant following
repeated inseminations or natural services, as well as due to physical injuries.
The investigation concentrated on whether it was possible to produce embryos from a donor
cow with this profile and additionally other aspects such as - the best logistical approach for
IVEP when presented with a fertility-impaired donor cow - whether superovulation could be
used as an enhancing tool when presented with a pregnant donor - and the affect of season
on all aspects of IVEP from fertility-impaired donor cows.
It was established that a period of OPU could enhance the production of higher numbers of
embryos additional to eventual slaughter of the donor cow (10 more embryos on average per
donor) and that the culturing of a small number of oocytes and embryos does not negatively
affect the eventual IVEP result (10 % more embryos were produced from individual donors).
result was a good indicator of how to plan the logistical approach when confronted with
these types of donor cows and it also suits the practical situation faced when producing in
vitro embryos from small numbers of oocytes collected from these donor cows.
It was evident that additional superovulation does not enhance the IVEP potential of pregnant
dairy cows (0.02 more embryos per donor per OPU session), unless more refined research is
undertaken to optimize the actual superovulation protocols and oocyte recovery procedures.
The additional cost implication of added hormonal treatment for superovulation may actually
act as a deterrent for cattle stud breeders to embrace this technology. However, the mere
fact that it was possible to produce embryos from pregnant dairy cows could be utilized as a
useful tool for accelerated genetic improvement in the dairy and beef cattle industry in South
Africa.
It was established that season (recorded as ambient temperature and photoperiod) had a
definite effect on all aspects of IVEP in fertility-impaired beef cattle cows, a trend that was
evident from literature in some laboratory IVEP trials on slaughterhouse material and also in
the normal reproduction pattern of beef cattle cows in the South African context. This trend
manifested itself in the IVEP pattern of fertility-impaired cows. There was a definite decrease
in IVEP during the period of late summer (5.4 %) and early autumn (0 %) with a definite
delayed effect of high temperatures and possibly photoperiod evident. Alternatively, the
optimum period for IVEP seemed to be during winter (between 11 % and 20 %) and spring
(between 22 % and 26 %) which also indicated a possible temperature and photoperiod
affect. This effect on oocyte quality and eventual embryo production results could also serve
as an indicator for other management decisions regarding normal reproduction management
in beef cattle as well as the planning of conventional superovulation and embryo transfer
programmes.
From the obtained results it was clear that IVEP is possible from fertility-impaired and
pregnant donor cows. However, there are certain aspects that need to be focussed on to
ensure that optimum results are obtained when applying IVEP on these animals. Optimum
results are a prerequisite for this technology to be accepted by the South African cattle breeding industry. IVEP is still in a preliminary phase of application in the South African cattle
industry and is not within the ability of all breeders. This will, however, become a powerful
tool for use in accelerated genetic improvement programmes and will also ensure that
superior genetic material from animals that would have been lost for breeding will continue to
be utilized in the cattle breeding industry.
Afrikaans: Die doel van die studie was die ontwikkeling van ‘n effektiewe in vitro embrioproduksie (IVEP) tegnologie vir toepassing op reproduksie-gestremde vleis- en melkbeeste. Reproduksiegestremheid verwys na diere wat nie normaal kan reproduseer of embrios produseer as gevolg van ouderdom, dragtigheid, herhaaldelike superovulasie en embriokolleksie prosedures, abnormale uterus toestande, algemene onvermoë om dragtig te raak na herhaalde inseminasies of natuurlike dekkings, asook as gevolg van fisiese beserings. Die studie het gekonsentreer op die feit of dit wel moontlik is om beesembrios van diere met die spesifieke profiel te produseer en addisionele aspekte wat ondersoek is, was – die beste logistiese benadering vir IVEP wanneer gekonfronteer met ‘n reproduksie-gestremde skenkerkoei – of superovulasie wel gebruik kan word as ‘n hulpmiddel met IVEP in dragtige melkkoeiskenkers - die effek van seisoen (gemeet as omgewingstemperatuur en dagliglengte) op alle aspekte van in vitro embrioproduksie in reproduksie-gestremde skenkerkoeie. Daar was vasgestel dat ‘n periode van ultraklank geleide oosiet aspirasie (OPU) wel verhoogde embrio produksie (gemiddeld 10 meer embrios per donor) tot gevolg kan hê, addisioneel tot die uiteindelik slagting (kolleksie van oosiete vanaf die eierstokke van die dooie koei en IVEP). Daar is ook gevind dat die kweking van oosiete en embrios in klein hoeveelhede nie enige nadelige effek op die uiteindelik IVEP prestasie het nie (10 % meer embrios was geproduseer wanneer gekweek as groepe oosiete vanaf individuele skenkers). Hierdie resultaat was ‘n goeie aanduiding van die logistiese beplanning wanneer gekonfronteer met die tipe skenkerkoei en dit pas ook goed in met die praktiese Suid- Afrikaanse situasie wat ondervind word tydens IVEP waar die tipe dier as oosietskenker gebruik word. Dit was duidelik dat addisionele superovulasie nie enige positief-bydraende effek op die IVEP potensiaal van dragtige melkkoeie het nie (0.02 meer embrios per skenker per OPU sessie). Meer verfynde ondesoeke sal gedoen moet word na alternatiewe superovulasie - asook oosiet herwinningsmetodes. Die bykomstige koste implikasie van hormoonbehandeling kan ook verhinder dat stoettelers die tipe tegnologie sal aanvaar. Nieteenstaande, is dit belangrik dat dit wel moonlik blyk te wees om embrios van dragtige melkkoeie te produseer. Hierdie feit kan gebruik word as ‘n belangrike instrument vir versnelde genetiese vordering in melkbeeste in Suid Afrika, sonder enige ontwrigting van die reproduksie en produksiesiklus van die skenker diere. Daar is ook vasgestel dat seisoen (gemeet as omgewingstemperatuur en dagliglengte) ‘n besliste effek op alle aspekte van IVEP in reproduksie-gestremde vleisbeeste het. Hierdie tendens is alreeds bepaal tydens sekere laboratorium embrioproduksie eksperimente waar daar van slagpale materiaal gebruik gemaak is. Dit is ook ‘n tendens wat aanwesig is in die normale reproduksiepatroon van vleisbeeste in Suid Afrika. Dieselfde tendens het homself gemanifesteer in die IVEP patroon van reproduksie-gestremde vleisbeeste. Daar was ‘n besliste daling in embrioproduksie tydens die laat somer (5.4 %) en vroeë herfs (0 %) periodes wat dui op ‘n vertraagde negatiewe effek van hetsy hoë temperature en of dagliglengte. Alternatiewelik, was daar verhoogde embioproduksie tydens die winter (tussen 11 % en 20 %) en lente periodes (tussen 22 % en 26 %) wat ook dui op ‘n temperatuur sowel as ‘n moontlik dagliglengte effek in lente. Hierdie tendens is ‘n goeie aanduiding vir ander bestuursbesluite aangaande normale reproduksiesiklusse asook die beplanning van superovulasie en embriokolleksieprogramme vir vleisbeeste. Vanaf die behaalde resultate is dit duidelik dat dit wel moontlik is om in vitro embrios te produseer van reproduksie-gestremde asook dragtige skenkerkoeie. Daar is egter sekere aspekte waarop gekonsentreer moet word indien optimale resultate behaal wil word met die tipe diere as oosiet skenkers. Optimum resultate is van kardinale belang indien die nuwe tegnologie deur die Suid Afrikaanse beesteler aanvaar sou word. Nieteenstaande die negatiewe aspekte sal IVEP ‘n nuttige instrument word vir gebruik in versnelde genetiese opgraderingsprogramme en dit sal verseker dat superieure genetiese materiaal van diere wat andersins verlore sou wees vir teling wel nog gebruik kan word.

Description
Keywords
Cattle -- Artificial insemination, Cattle -- Reproduction, Cattle -- Embryos -- Transplantation, Thesis (Ph.D. (Animal, Wildlife and Grassland Sciences))--University of the Free State, 2007