Organisational climate and work motivation amongst employees of a service organisaion in the Free State
Loading...
Date
2001
Authors
Bezuidenhoud, Leon
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The aim of the current research was to investigate organisational climate and work motivation
among employees working in a service organisation In the Free State region. A biographical
questionnaire, work motivation questionnaire and organisational climate questionnaire were
administered to 152 respondents working 111 several departments in the service organisation
involved in the research.
Pearson's product-moment correlation, multiple analysis of variance (MANOVA) and Stepwise
multiple regression analyses were conducted to determine the relationship between the two
constructs, the effects of biographical variables on organisational climate and work motivation, and
the variance in organisational climate and work motivation based on biographical variables,
respectively. Correlational analysis revealed there is a significant relationship between
organisational climate and work motivation, including most of the dimensions of each of the
variables under investigation. Multiple Analysis of Variance (MANOVA) revealed several biographical factors (language,
educational qualification, gender and tenure) had a significant effect on perceived organisational
climate, whilst educational qualification and tenure had a significant effect on work motivation.
More specifically, Scheffe's Multiple Comparison revealed Afrikaans speaking employees differed
significantly in their perception of organisational climate from the other language groups
represented in the research. In addition, individuals who had completed diplomas differed significantly from those who had obtained other qualifications with respect to their perception of
organisational climate.
Stepwise Multiple regression analysis revealed several biographical variables (home language,
gender, job category, age and educational qualification) significantly explained the variance in
organisational climate, whilst educational qualification was the only variable accounting for the
variance in work motivation amongst employees in the service organisation investigated. However,
caution needs to be exercised in the interpretation of the findings obtained, since a convenience
sample, drawn exclusively from one service organisation, was utilised. Recommendations are
provided for management to improve an organisation's climate and thereby motivation of
employees. Finally, recommendations for future research are provided 111 the light of
methodological shortcomings inherent in the research design.
Afrikaans:'n Ondersoek is geloods na die organisatoriese klimaat en werksmotivering onder werknemers van 'n diensorganisasie in die Vrystaat Streek. 'n Biografiese vraelys, 'n werksmotivering vraelys sowel as 'n organisatoriese klimaat vraelys is voltooi deur 152 respondente van verskeie departemente van die diensorganisasie. Pearson se produkmomentkorrelasie, 'n meervoudige analise van afwykings (MANOY A) en Stapsgewyse meervoudige regressie analise is gebruik om die verwantskap tussen die twee konsepte, die uitwerking van biografiese veranderlikes op die organisatoriese klimaat en werksmotivering, en die variasie in die organisatoriese klimaat en werksmotivering te bepaal. Korrelerende analise het bewys dat daar 'n beduidende verwantskap tussen organisatoriese klimaat en werksmotivering bestaan, met die meeste dimensies van die veranderlikes in hierdie ondersoek 111 ag geneem. Meervoudige analise van variasie (MANOV A) het getoon dat verskeie biografiese faktore (taal, opvoedkundige kwalifikasies, geslag en dienstyd) 'n beduidende uitwerking het op die waarneembare organisatoriese klimaat, terwylopvoedkundige kwalifikasies en dienstyd weer 'n beduidende uitwerking op werksmotivering getoon het. Scheffe se meervoudige vergelyking het meer spesifiek getoon dat Afrikaanssprekende werknemers beduidend verskil in hul persepsie van organisatoriese klimaat in vergelyking met die ander taalgroepe wat in die studie verteenwoordig word. So ook, het persone met diplomas beduidend verskil van dié met ander kwalifikasies ten opsigte van hul persepsie van organisatoriese klimaat.Stapsgewyse meervoudige regressie analise het verskeie biografiese veranderlikes (moedertaal, geslag, werkskategorie, ouderdom en opvoedkundige kwalifikasie) aan die lig gebring wat die variasie in organisatoriese klimaat beduidend verklaar het, terwylopvoedkundige kwalifikasie die enigste veranderlike was wat aan die variasie in werksmotivering toegeskryf kon word onder die werknemers van dié betrokke diensorganisasie. Versigtigheid moet egter aan die dag gelê word by die vertolking van die bevindinge hierin vervat, aangesien 'n geriefsmonster, verkry uit 'n enkele diensorganisasie, deurgaans gebruik is. Aanbevelings word aan bestuur gemaak oor hoe om die organisatoriese klimaat te verbeter wat op sy beurt sal lei tot gemotiveerde werknemers. Ten slotte, word aanbevelings ook gemaak vir toekomstige navorsing weens die inherente metodologiese tekortkominge van die navorsingsontwerp.

Description
Keywords
Employee motivation, Corporate culture, Organizational effectiveness, Dissertation (M.Soc.Sc. (Industrial Psychology))--University of the Free State, 2001