Vitamien B6 metabolisme in die eritrosiet met aspartaataminotransferase as biologiese merker
Loading...
Date
1983-01
Authors
Schoombie, Elsie Maria Susanna Petronella
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: In hierdie studie is daarin geslaag om 'n gestandaardiseerde metode vir
die bepaling van AST aktiwiteit op 'n outomatiese analiseerder (Gilford
3500 sisteem) te ontwikkel. 'n Preïnkubasietyd van minstens 10 minute
is nodig om die totale AST aktiwiteit in normale plasma te bepaal. 'n
Aanvanklike inhibisie van plasma AST aktiwiteit is waargeneem na die
in vitro byvoeging van PLP. Hierdie inhibisie kon nie opgehef word
deur die PLP konsentrasie of die preïnkubasie-temperatuur te verhoog
nie. In teenstelling met normale plasma is 'n preïnkubasietyd van net
2 1/2 minute nodig vir die volle aktivering van die eritrosiet AST
aktiwiteit. Die totale aktivering van die AST apoensiem in die plasma
van hart en lewerpasiënte vind , soos in die gevalvan eritrosi et AST,
ook binne 2i minute plaas. Daar is dus 'n verskil in aktivering van die
apoensiem in normale plasma en in die plasma van sekere siek persone.
Daar is aangetoon dat piridoksien, wat deur die volwasse eritrosiet
opgeneem word en na die aktiewe derivaat, naamlik piridoksaalfosfaat,
omgeskakel word, nie beskikbaar is vir die aktivering van die
onaktiewe AST in die volwasse eritrosiet nie. Die spesifieke rede
hiervoor is nog onbekend en word verder ondersoek. Verskeie Vitamien
86 derivate het egter wel die verlies van ensiem uit die eritrosiete,
tot 'n mate beperk.
'n Toename in beide basale sowel as totale AST aktiwiteit is in die
eritrosiete na In addisionele daaglikse vitamien B6
innamme oor 'n tydperk van vier weke waargeneem. Die ensiem in die plasma sowel as in
die hemolisaatbereidings was tot 'n groter mate versadig met PLP na die
addisionele vitamien B6 inname, hoewel die totale AST aktiwiteit in
die plasma nie toegeneem het nie. Hieruit blyk dit dat die 'CAS'
beginsel vir die bepaling van 'n vitamien status van die liggaam, nie
suksesvol in die geval van vitamien B6 toegepas kan word nie.
Description
Keywords
Vitamin B6, Erythrocytes, Vitamin B6 -- Metabolism, Dissertation (M.Med.Sc. (Chemical Pathology))--University of the Free State, 1983