Die waarde van die Kodaly-konteks vir primerefase-musiekopvoeding in die Oranje-Vrystaat: 'n historiese, kritiese en empiries-didaktiese ondersoek

dc.contributor.advisorVenter, Chris
dc.contributor.advisorPienaar, Abel
dc.contributor.authorHeunis, G. J. L.
dc.date.accessioned2020-06-29T06:32:17Z
dc.date.available2020-06-29T06:32:17Z
dc.date.issued1990
dc.description.abstractAfrikaans: In hierdie studie word daarop gewys dat die belangrike beginsel van musikale geletterdheid grotendeels genegeer word in Suid-Afrikaanse junior primêre klasmusiekpraktyk. Notasieleer en bladlees is trouens die sillabuskomponent wat oor die algemeen die meeste afgeskeep word in die huidige primêrefase-klasmusieksituasie. 'n Rede hiervoor is dat primêrefase-klasmusiekleerkragte dikwels nie filosofies-metodologies onderleg is om notasieleer en bladlees betekenisvol te onderrig nie. Dit is daarom noodsaaklik geag om dié probleem op 'n wetenskaplike-gefundeerde wyse aan te spreek, iets wat nog nie voorheen in Suid-Afrikaanse musiekopvoedkundige verband gedoen is nie. Voortspruitend uit die oortuiging dat die probleem metodologies van aard en daarom ondervangbaar is, is ondersoek ingestel na 'n bewese metode wat vir Suid-Afrikaanse musiekopvoedkundige omstandighede aangepas kan word. Die Kodaly-konteks, waarin die ontwikkeling van musikale geletterdheid 'n primêre doelwit is, is in hierdie verband as moontlik geskik geidentifiseer en 'n deeglike studie is gemaak van die benadering se (1) filosofiese beginsels en metodologiese grondvorme, asook (2) aanpasbaarheid daarvan in eiesoortige musiekkulturele omstandighede. Voorts is die klasmusieksituasie in die Oranje-Vrystaat deurskou ten einde te bepaal wat die bevatlikheid van dié provinsie is om so 'n aanpassing te akkommodeer. Gevolglik is die Kodaly-konteks aangepas by verbandhoudende leergangvereistes en is die metodologiese grondvorme daarvan geïntegreer met 'n Suid-Afrikaanse volkslied-gebaseerde liedrepertorium. Voorspruitend hieruit was 'n eksperimentele lesreeks van 34 onderrigeenhede wat oor 'n periode van ses maande empiries-didakties in twee Bloemfonteinse laerskole getoets is. Die doel met die eksperiment was om te bepaal hoe effektief die aangepaste leersekwens is om die bladleesvaardigheidsaspekte van 'n geselekteerde navorsingsgroep te ontwikkel. Die eksperiment het daarop gedui dat die Kodaly-konteks as 'n aangepaste eksperimentele model beduidend beter resultate gelewer het met betrekking tot die ontwikkeling van toonduur-, toonhoogte- en tydmaatwaarnemingsvermoë by 'n eksperimentele leerlinggroep as by kontrolegroepe wat nie die eksperimentele intervensie ondergaan het nie. Na aanleiding van dié resultaat is die Kodaly-konteks geponeer as 'n geskikte benadering vir die ontwikkeling van musikale geletterdheid by junior primêrefase-leerlinge in die Oranje-Vrystaat.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/10568
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectThesis (D.Phil. (Music))--University of the Free State, 1990en_ZA
dc.subjectInstruction and studyen_ZA
dc.subjectKodály, Zoltán, 1882-1967en_ZA
dc.titleDie waarde van die Kodaly-konteks vir primerefase-musiekopvoeding in die Oranje-Vrystaat: 'n historiese, kritiese en empiries-didaktiese ondersoeken_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
HeinsGJL.pdf
Size:
4.21 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: