Die musiekgeskiedenis van Oos-Londen 1872 - 1922

dc.contributor.advisorPotgieter, J. H.
dc.contributor.advisorVan Schoor, M. C. E.
dc.contributor.authorDu Toit, Widor
dc.date.accessioned2019-08-15T06:20:04Z
dc.date.available2019-08-15T06:20:04Z
dc.date.issued1985-06
dc.description.abstractAfrikaans: Die bronnemateriaal van hierdie proefskrif is feitlik geheel en al geneem uit die plaaslike nuusblad, die Daily Dispatch, wat dikwels gedetailleerde verslae oor Oos-Londen se konsert-aktiwiteite gepubliseer het. Aangesien daar baie min ander stof met betrekking tot hierdie onderwerp oor die tydperk 1872-1922 bestaan, is die proefskrif dus in hoofsaak 'n breedvoerige uiteensetting en evaluering van die konsertlewe van Oos-Londen soos uit beriggewing in die Daily Dispatch geneem. Hierdie evaluering het hoofsaaklik om twee aspekte gewentel, naamlik die aard en kwaliteit van werke wat uitgevoer is, en die frekwensie van aanbiedinge binne sekere periodes en omstandighede. Bespreking het binne 'n relatiewe raamwerk geskied, met ander woorde, uitstaande teenoor minder noemenswaardige gebeurtenisse en/of tendense binne slegs Oos-Londen self se musikale milieu is in oënskou geneem. Daar is nie geëvalueer in verhouding tot meer ontwikkelde musieksentra in Suid-Afrika of oorsee in dienooreenkomstige tydperk nie. Konserte is volgens hulle musikale betekenis en aard in verskillende kategorieë opgedeel om evaluering te vergemaklik. Met hierdie indeling kon sekere tendense en riglyne makliker geïdentifiseer word. Daaruitspruitend was dit moontlik om die geheelbeeld duidelik te omskryf. Die problematiek van hierdie projek het hoofsaaklik daarin gelê dat die Daily Dispatch feitlik die enigste bron vir navorsing was, en dat dié bron se gegewens uiteraard eensydig was. Oos-Londen se konsertbedrywighede is gerapporteer hoofsaaklik met die doel om kultuur te bevorder, wat 'n mate van eensydigheid onvermydelik gemaak het. Daarbenewens het die feit dat belangrike musiekaangeleenthede slegs selde plaasgevind het (soos blyk uit hierdie bron) en die feit dat baie min ander relevante bronnemateriaal bestaan en dat persone wat eerstehandse kennis gedra het oor die periode onder bespreking reeds oorlede is, die vloei en deurlopendheid van die proefskrif bemoeilik. Deeglik bewus van die feit dat talle van die verslae deur subjektiwiteit gekleur is, dat aktiwiteite nie altyd deur persone geresenseer is wat artistieke aanvoeling gehad het nie, en dat resensente soms sekerlik bloot opbouend wou wees, is die ontwikkeling en ontplooiing van Oos-Londen se musiekgeskiedenis nie soseer aan dié gegewens gemeet nie, maar aan die konkrete gebeure. Gebeure soos onder meer die dorp se koorveniging wat na 'n lang sukkelbestaan plotseling werke van hoogstaande gehalte uitvoer, die totstandkoming van instrumentale- en vokale ensembles, en die solo-uitvoerings van gewigtige werke deur 'n amateur in 'n dorp waar konserte deur talle items van populêre aard op een program gekenmerk is, is maatstawe wat gebruik is vir beoordeling. Aanhalings en kommentaar van resensente dien meestal hoofsaaklik om die tydsgees, die benadering en musikale milieu van die periode weer te gee. Daarbenewens is die plasing van volledige programme 'n nuttige metode om die konsertgeskiedenis van die dorp meer volledig te weergee. Ongelukkig kan die afwesigheid van sommige komponiste in die programme nie verhelp word nie, aangesien die koerant nie die betrokke programme volledig gepubliseer het nie. Die proefskrif is dus 'n poging tot 'n getroue weergawe en evaluasie van die musiekgebeure in Oos-Londen gedurende die tydperk 1872-1922.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/10288
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectThesis (Ph.D. (Music))--University of the Free State, 1985en_ZA
dc.subjectDaily Dispatchen_ZA
dc.subjectEast London, South Africaen_ZA
dc.subjectHistoryen_ZA
dc.subjectConcertsen_ZA
dc.titleDie musiekgeskiedenis van Oos-Londen 1872 - 1922en_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
DuToitW.pdf
Size:
34.47 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: