Sosiale media en koinonia in gemeentes: ’n prakties teologiese studie

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Oosthuizen, Leon

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Free State

Abstract

Showing abstract in English
Afrikaans: Met die fenomenale groei van sosiale media, het hierdie vorm van nuwe media, ’n daadwerklike deel van meeste mense se daaglikse lewe geword. Talle gemeentes het die geleentheid aangegryp om ook van sosiale media platforms gebruik te maak, maar terselfdertyd ook die teleurstelling beleef dat hulle nie die verwagte reaksie op hulle media-plasings ontvang het nie. Hierdie navorsing ondersoek die ontwikkeling van sosiale media, veral die inhoudelike van sosiale media plasing en mense se verwagtings wanneer hulle hierdie platforms besoek. Die volgende navorsingsvraag spruit uit die agtergrond van die inhoudelike van sosiale media plasings en die gebruikers se verwagtings: Kan sosiale media koinonia in die plaaslike gemeente bevorder? Die navorsing volg ’n hermeneutiese proses. Oplossings word gesoek deur die verloop van vier duidelike take, soos oorspronklik deur Osmer omskryf. Die eerste behels die empiries beskrywende taak om die stem van die gebruikers te hoor en wel deur middel van ’n inhoudsanalise van vyf gemeentes se Facebook inskrywings, persoonlike onderhoude met Facebook-gebruikers, en ’n fokusgroep-gesprek met gebruikers van ’n Whatsapp-groep. Dit word volg deur die interpretatiewe taak en behels ’n literatuurstudie waar na redes gesoek word oor waarom dít wat in die eerste taak waargeneem is, gebeur. Derdens, ’n normatiewe taak word uitgevoer ten einde sekere toepaslike begrippe vanuit die Skrif en tradisie te beoordeel. Laastens, is die pragmatiese taak waar daar gepoog word om die praxis probleem te herstel. Uit die empiriese werk, sowel as die literatuurstudie, blyk dit dat gebruikers nie net eenrigtingkommunikasie op sosiale media wil ontvang nie, maar ’n behoefte het om op hierdie platforms te sosialiseer en selfs onderlinge koinonia te ervaar. Hoewel ’n koinonia-ervaring in ’n digitale ruimte moontlik minder intens is as in ’n fisiese omgewing, kan hierdie medium heelwat bydra tot mense wat alreeds ’n verbintenis met ’n fisiese gemeente het, se ervaring van koinonia. Met die korrekte gebruik, kan sosiale media dus beslis help om koinonia in die plaaslike gemeente te bevorder.

Description

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By