Die invloed van die frekwensie van kragvoervoeding op die benutting van melkbeesrantsoene
Loading...
Date
1989-01
Authors
Matthee, Stephanus Willem
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: In die geval van hoë produserende melkbeeste word groot
hoeveelhede kragvoer, by twee geleenthede per dag aan
melkkoeie verskaf. Hierdie praktyk mag moontlik met 'n lae
rumen-pH na kragvoervoeding, verskuiwings in die
rumenmikrobepopulasies, veranderings in eindprodukte van
vertering en swakker rantsoenbenutting gepaard gaan. Na
aanleiding hiervan is ondersoek ingestel na die invloed van
frekwente kragvoervoeding op rantsoenverteerbaarheid,
rumenparameters, voerinname, liggaamsveranderings en
produksieparameters.
Twaalf volwasse Frieskoeie is in twee produksiegroepe (HP-hoë
produksie en LP-laer produksie) gestratifiseer. Volgens
melkproduksie is kragvoer in twee-, vier- of agt porsies per
24-uur verskaf. Bykomstig is grof gemaalde (25 mm) lusernhooi
ad lib. aan proefdiere verskaf. Hierdie prosedure is
gedurende vroeë, mid- en laatlaktasie in 'n gebalanseerde
omskakelingsproefontwerp uitgevoer. Binne elke
laktasiestadium is drie verterings- en innamestudies
uitgevoer, waartydens rumenparameters by gefistuleerde koeie
(die helfte van die proefkoeie in elke produksiegroep) ook
bestudeer is.
In teenstelling met LP-koeie het frekwente kragvoervoeding met
'n nie-betekenisvolle (P ≤ 0,05) verhoging in die skynbare
verteerbaarheid van droë- en organiese materiaal, ruproteïen
en veral vesel by HP-koeie (23,9 kg melk/dag) gepaard gaan.
Hierdie geringe verhogings het ten spyte van laer
kragvoerkonsentrasie en geringe hoër DM-inname tydens die
verteringsproewe voorgekom.
Frekwente kragvoervoeding het geen statisties betekenisvolle
effek op die gemiddelde daaglikse rumen-pH, variasie in pH oor
24-uur periodes, minimum pH-waardes, tydsduur van pH
verlagings, ammoniakkonsentrasie, totale en individuele
vetsuurkonsentrasie en asyn- tot propioonsuurverhouding in die
rumen uitgeoefen nie. Neigings tot In laer gemiddelde rumen pH
(by HP-diere - waarskynlik weens hoër voerinnames) en meer
konstante rumen-pH het met frekwente kragvoervoeding
voorgekom. Alle proefkoeie het, veral gedurende vroeë- en
midlaktasie (30,98 tot 57,40% kragvoerrantsoene) laer rumen pH's
getoon. Eweneens het frekwente kragvoervoeding slegs
geneig om 'n laer gemiddelde daaglikse ammoniakkonsentrasie
te veroorsaak. Tendense soos 'n meer konstante
rumenammoniakkonsentrasie en laer ammoniakpieke na
kragvoervoeding is in sommige gevalle met frekwente
kragvoervoeding gevind. Beide asyn- en propioonsuurproduksie
het oor die algemeen 'n geringe styging met frekwente
kragvoervoeding getoon. In sommige gevalle is ook nie-betekenisvolle
kleiner variasie in totale en individuele
vlugtige vetsure en As: Ps-verhouding rondom die daaglikse
gemiddeld vanweë frekwente kragvoervoeding waargeneem.
In ooreenstemming met verteerbaarheid en rumenparameters het
frekwente kragvoervoeding geen statistiese betekenisvolle (P
≤ 0,05) voordeel ten opsigte van die inname van voer- en
verteerbare voedingstofinname gelewer nie. 'n Neiging tot
verhoogde ruvoerinname, deurdat fisiese en metaboliese
innamebeperkings moontlik in In mate opgehef is, het veral by
die frekwent gevoerde HP-diere (30 tot 57% kragvoer)
voorgekom. 'n Soortgelyke neiging tot verhoogde inname van
voedingsbestanddele (DM, OM, RP en NDF) en verteerbare
voedingstowwe is by die frekwent gevoerde diere waargeneem.
Geen statisties betekenisvolle (p ≤ 0,05) verskille in
liggaamsmassaveranderings, melkproduksie en -samestelling
(bottervet, proteïen en laktose) het voorgekom nie. Frekwente
kragvoervoeding het slegs met 'n geringe verhoging in
melkproduksie by die HP-diere gepaard gegaan. Relatief lae
bottervetkonsentrasies, waarskynlik weens algemene hoë
voerinnames en lae rumen-pH's, het gedurende vroeë- en
midlaktasie voorgekom. Verder het frekwent gevoerde diere in
die huidige studie geen voordeel bo konvensioneel gevoerde
diere in die doeltreffendheid van voer- en ME-benutting vir
melkproduksie getoon nie.
Samevattend blyk dit volgens die resultate van die huidige
ondersoek dat frekwente kragvoervoeding by melkbeeste, inname,
rumenomgewing , vcedingstofbenutting en melkproduksie en
kwaliteit nie noemenswaardig beïnvloed nie. Hierdie
bevindinge geld egter slegs vir die kragvoerpeile (maksimum
57%) wat in die huidige studie toegepas is.
Description
Keywords
Dairy cattle -- Feeding and feeds, Holstein-Friesian cattle, Beef cattle -- Feeding and feeds, Milk yield, Dissertation (M.Sc.Agric. (Animal Science))--University of the Free State, 1989