`n Morfometriese ondersoek na landskapontwikkeling in die Sentraal-Vrystaat: `n toepassing met behulp van `n geografiese inligtingstelsel

Loading...
Thumbnail Image
Date
2002-07
Authors
Barker, Charles Henry
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: In the thesis, a geographic information system is used to investigate the morphometry and active geomorphic processes in a semi-arid catchment area. The construction of a digital terrain model from published sources is elucidated and an erosion model is used to explain the spatial distribution of drainage basins in the study area The study was conducted in the Modder river catchment in the central Free State. The study area was chosen as the result of tectonic stability which should lessen the impact of endogenic processes in the current form of the landscape In the first part of the study, a set of morphometric parameters were chosen to represent the current form of the landscape as accurately as possible. Several process parameters were also identified to quantify the active erosion processes in the area. To explain the relationships between form and process, a working erosion model is used. This model was calibrated by using current environmental conditions. In the second part of the thesis, a digital terrain model of the study area was constructed. Several techniques for the construction were evaluated and a method for stream and pan burning was developed. A geographic information system were used to collect data sets from different published sources and to combine it into a single database. The GIS was also used to extract the applicable parameters from the database. The last part of the study was devoted to the analysis of the data and the creation of a development model for the catchment. Several statistical techniques were used to classify the parameters and to group the drainage basins. The relationships between the parameters were investigated and quantified. From the study it was clear that a relationship exists between form and process in the Modder river catchment area and that geographic information technology can be used with success in the study of landforms. The methodology developed for the study as well as the data generated might be useful for the management of the catchment in various ways.
Afrikaans: In die proefskrif word van `n geografiese inligtingstelsel gebruik gemaak om die morfometrie van `n semi-ariede dreineringsbekkken en die aktiewe geomorfologiese prosesse in die bekken te ondersoek. Die konstruksie van `n digitale terreinmodel vanaf gepubliseerde bronne en die onttrekking van geomorfologiese parameters word verduidelik. Aan die hand van `n erosiemodel word die ruimtelike verspreiding van dreineringsbekkens in die studiegebied verklaar. Die studie is uitgevoer in die Modderrivieropvanggebied in die sentraal-Vrystaat. Die gebied is gekies vanweë tektoniese stabiliteit wat die invloed van endogene prosesse op die huidige vorm van die landskap verminder. In die eerste gedeelte van die studie is `n reeks morfometriese parameters gekies om die huidige vorm van die landskap so akkuraat moontlik weer te gee. Saam hiermee is etlike parameters wat die aktiewe erosieprosesse in die gebied kan kwantifiseer, geïdentifiseer. Om die verwantskappe tussen vorm en prosesse in die gebied te verklaar, is van `n werkbare erosiemodel gebruik gemaak. Hierdie model is gekalibreer deur van huidige omgewingstoestande gebruik te maak. In die tweede gedeelte van die proefskrif word `n digitale terreinmodel van die studiegebied gekonstrueer. Verskeie tegnieke vir die konstruksie van `n DTM is geëvalueer en `n metode vir stroom- en panetsing word ontwikkel. `n Geografiese inligtingstelsel word gebruik om datastelle uit verskeie gepubliseerde bronne te versamel en in een databasis te kombineer. Die GIS is ook gebruik om die tersaaklike parameters uit die databasis te onttrek. Die laaste gedeelte van die studie is gewy aan die analise van die data en die skep van `n ontwikkelingsmodel vir die opvanggebied. Hier is van verskeie statistiese tegnieke gebruik gemaak om die parameters te klassifiseer en die bekkens in groepe te verdeel. Die verwantskappe tussen parameters is ondersoek en gekwantifiseer. Uit die studie is dit duidelik dat daar `n verband tussen landvorm en proses in die Modderrivieropvanggebied bestaan en dat geografiese inligtingstegnologie met vrug in die bestudering van landvorme gebruik kan word. Die metodologie wat vir die studie ontwikkel is en die data wat gegenereer is, kan moontlik op verskeie maniere bydra tot die sinvolle bestuur van die opvanggebied.
Description
Keywords
Geomorphology -- South Africa -- Free State, Landforms -- South Africa -- Free State, Geographic information systems, Morphometry, Landscape development, Drainage systems, Modelling, Fluvial processes
Citation