An assessment of the delivery of youth friendly health services in the Northern Cape
Loading...
Date
2011-05
Authors
Nogabe, Lingiwe Eldah
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Literature indicates that structural as well as functional accessibility and acceptability of
Primary Health Care (PHC) services is a challenge facing the delivery of youth-friendly
services in South Africa. Therefore, the aim of this study was to assess the delivery of
youth-friendly services in the Northern Cape. A quantitative methodology using a
descriptive design was selected for this purpose. Two hundred and fifty six (256) high
school-going females and males aged 13-21 who were selected conveniently from six
high schools in Kimberley, completed a self-report questionnaire. The results revealed
conflicting perceptions about structural and functional accessibility and acceptability.
The positive feedback focused on counselling and testing, communication, and attitude.
With regard to the range of services offered to the youth, 51.9% (n=133) felt strongly
about the provision of HIV counselling and testing, and acknowledged that the services
were available to them. Although not conclusive, some respondents stated that the
health care workers communicate well (n=18/12.5%), and that health care workers
understand when they (the respondents) talk to them. The nurses were further
described as good to very good listeners (55%), friendly (59.74%), competent (54.38%),
respectful (50.87%), caring (46.53%) and lastly that they are helpful (61.20%). More
than half of the respondents (64.3%) were of the opinion that the nursing staff at the
clinic understand their needs.
The negative feedback focused on operating hours, waiting time, treatment, and the
attitude of health care workers. Eighty (34.2%) of the respondents said that they never
find the clinics open, opposed to sixty-six (28.2%) that indicated that they seldom find
the clinics open. Several respondents (n=24/19.5%) stated their dissatisfaction with the
treatment offered to them. Nineteen respondents (15.4%) consulted a private
practitioner for a second opinion after they have been treated at the clinic. Thirty-two
(26%) described nurses as unfriendly, rude and judgemental.
Respondents, 138 (55%) and 49 (19.5%) respectively, recommended longer operating
times ranging from 13-24 hours. Some 141 (56.6%) requested services to be available from Monday to Saturday, while fifty-four (21.7%) suggested that services be rendered
Sunday to Saturday. Twenty-two (20.5%) experienced problems with waiting areas.
The structural and functional accessibility and acceptability of PHC services, especially
with regard to the needs of the youth must be addressed. This conclusion is, for
example, based on the fact that no positive responses obtained the support of more
than 60% of the respondents, while problems with nurses was indicated by 69 (64.5%)
of the respondents. High levels (>90%) of satisfaction on any issue addressed in the
study, were not expressed. It is also recommended the school going youth be
accommodated as a one-stop service, services be extended to public holidays and that
health care workers include the youth when planning health care programmes. It is
suggested that further research be done on the delivery of youth services, where the
younger ages of 10-13 years are included, and the research be conducted in other
areas within the Northern Cape. The training of health care workers on youth-friendly
services should be included in the curricula and such training should be extended to
other provinces.
Afrikaans: Volgens die literatuur is strukturele en funksionele toeganklikheid en aanvaarbaarheid van primere gesondheidsorg- (PGS) dienste 'n uitdaging wat jeugvriendelike dienslewering in Suid-Afrika in die gesig staar. Dus is die doel van die studie om jeugvriendelike dienslewering in die Noord-Kaap te assesseer. 'n Kwantitatiewe metodologie, wat 'n beskrywende ontwerp volg, is vir hierdie doel gekies. Twee honderd ses en vyftig (256) skoolgaande meisies en seuns, ouderdom 13-21, is deur middel van gerieflikheidsteekproefneming uit ses hoerskole in Kimberley gekies. Hulle het 'n selfrapporteringsvraelys voltooi. Die resultate het teenstrydige persepsies oor strukturele en funksionele toeganklikheid en aanvaarbaarheid getoon. Die positiewe terugvoer het op berading en toetsing, kommunikasie en houding gefokus. Met betrekking tot die reeks dienste wat aan die jeug gebied word, het 51,9% (n=133) sterk gevoel oor die verskaffing van MIV-berading en toetsing en erken dat hierdie dienste aan hulle beskikbaar is. Alhoewel nie beslissend nie, het sommige respondente genoem dat die gesondheidsorgwerkers goed kommunikeer (n=18/12,5%) en dat gesondheidsorgwerkers verstaan wanneer hulle (die respondente) met hulle praat. Die verpleegkundiges is verder beskryf as goeie tot baie goeie luisteraars (55%), vriendelik (59,74%), bevoeg (54,38%), respekvol (50,87%), besorg (46,53%) en behulpsaam (61,20%). Meer as die helfte van die respondente (64,3%) was van mening dat die verpleegpersoneel by die kliniek hulle behoeftes verstaan. Die negatiewe terugvoer het op werksure, wagtyd, behandeling en die houdings van die gesondheidsorgwerkers gefokus. Tagtig (34,2%) van die respondente het gese dat hulle nooit die klinieke oop vind nie, teenoor 66 (28,2%) wat aangedui het dat hulle die kliniek selde oop vind. Verskeie respondente (n=24/19,5%) het hulle ontevredenheid met die behandeling wat hulle ontvang het, genoem. Negentien respondente (15,4%) het 'n privaat praktisyn vir 'n tweede opinie geraadpleeg nadat hulle by die kliniek behandel is. Twee en dertig (26%) het die verpleegkundiges as onvriendelik, onbeskof en veroordelend beskryf. 'n Totaal van onderskeidelik 133 (55%) en 49% (19,5%) respondente het langer werksure wat van 13-24 uur strek, aanbeveel. Sommige, naamlik 11 (56,6%), het versoek dat dienste van Maandag tot Saterdag beskikbaar is, terwyl 54 (21 ,7%) voorgestel het dat dienste van Sondag tot Saterdag gelewer word. Twee en twintig (20,5%) het probleme met wagareas ervaar. Dit blyk duidelik uit die resultate dat die strukturele en funksionele toeganklikheid en aanvaarbaarheid van PGS-dienste, veral met betrekking tot die behoeftes van die jeug, aangeroer moet word. Hierdie gevolgtrekking is gegrond op die feit dat byvoorbeeld geen positiewe response die ondersteuning van meer as 60% van die respondente gekry het nie, terwyl probleme met verpleegkundiges deur 69 (64,5%) van die respondente aangedui is. Hoe vlakke (>90%) van bevrediging oor enige saak wat in die studie aangeroer is, is nie uitgedruk nie. Die aanbeveling word ook gemaak dat 'n eenstopdiens in die behoeftes van skoolgaande jeug voorsien, dat dienste tot openbare vakansiedae uitgebrei word en dat gesondheidsorgwerkers die jeug insluit wanneer gesondheidsorgprogramme beplan word. Die voorstel word gemaak dat verdere navorsing gedoen word oor jeugdienslewering waar die jonger ouderdomme van 10-13 jaar ingesluit word en dat navorsing in ander gebiede binne die Noord-Kaap gedoen word. Die opleiding van gesondheidsorgwerkers in jeugvriendelike dienste moet in kurrikula ingesluit word en sodanige opleiding moet na ander provinsies uitgebrei word.

Description
Keywords
Child health services -- South Africa -- Northern Cape, Primary health care -- South Africa -- Northern Cape, Dissertation (M.Soc.Sc. (Nursing))--University of the Free State, 2011