Die invloed van plantpopulasie en rywydte op die groei en ontwikkeling van sonneblom (Helianthus annuus L.)

dc.contributor.advisorHuman, J. J.
dc.contributor.authorVan der Merwe, Stephanus Petrus
dc.date.accessioned2018-11-20T09:26:09Z
dc.date.available2018-11-20T09:26:09Z
dc.date.issued1988
dc.description.abstractAfrikaans: Die invloed van drie plantpopulasies (15 000-, 30 000-, en 45 000 plane ha-1) en drie rywydtes (0.45m, 0.90m en 1.80m) is in die 1987/88 seisoen op die groei en ontwikkeling van sonneblom in Potchefstroom ondersoek. Polinomiese regressies is gebruik om die droëmassas van die blare, stamme en totale bogrondse plantmateriaal en die blaaroppervlakte m-2 grondoppervlakte te pas. Verskeie indekse is direk vanaf hierdie passings afgelei. Die doel van die groei-analise was om die saadopbrengs van die gewas te verklaar. Die planthoogte, persentasie omval en olie-opbrengs ha-1 is ook bepaal. Die 30 000 plante ha-1 het die hoogste saadopbrengs gelewer, gevolg deur onderskeidelik die 45 000- en 15 000 plante ha-1. Die gewasgroeitempo en blaaroppervlakte-indeks was hoër met 'n toename in plantpopulasie. Die laer opbrengste by die 45 000 plante ha-1 word verklaar deur 'n hoë persentasie omval en laer oordraging van fotosintaat na die saad by die plantpopulasie. Rywydte het oor die algemeen nie 'n groot invloed op die groei en ontwikkeling van die plante gehad nie. Die 0.90 m rye het die hoogste saadopbrengs, gewasgroeitempo en blaaroppervlakte-indeks gehad, gevolg deur onderskeidelik die 0.45m en 1.80m rye. Die gevolgtrekking word gemaak dat sonneblom in die Potchefstroom omgewing die beste sal presteer in 0.90m rye met 'n plantpopulasie va 30 000 plante ha-1.en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/9546
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_US
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_US
dc.subjectSunflowers -- South Africaen_US
dc.subjectSunflowers -- Spacingen_US
dc.subjectDissertation (M.Sc.Agric. (Agronomy and Horticulture))--University of the Free State, 1988en_US
dc.titleDie invloed van plantpopulasie en rywydte op die groei en ontwikkeling van sonneblom (Helianthus annuus L.)en_US
dc.typeDissertationen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanderMerweSP.pdf
Size:
4.79 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: