Die menswaardigheid van die stad as argitektoniese omgewing: 'n teoretiese en geskiedkundige studie

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Mare, Estelle Alma

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Free State

Abstract

Afrikaans: Die idee dat die menswaardigheid van die stad en die argitektuur daarin, soos deur die eeue heen gemanifesteer, geëvalueer kan word, het aanleiding gegee tot die ondersoek in hierdie proefskrif. Enersyds is 'n studie gedoen van kriteria aan die hand waarvan die menswaardigheid van die stad ondersoek kan word. Drie tipes kriteria is onderskei: (i) aksiomaties, (ii) pragmaties en (iii) enigmaties. Andersyds is 'n oorsig geskryf van die stad gedurende sy belangrikste geskiedkundige fases, met verwysing na die belangrikste bouwerke daarin, asook van stedelike en argitektoniese ideale van die hede en spekulasies oor toekomstige geboude omgewings. Daar is in die geskiedkundige oorsig in breë trekke tussen die stad van die verlede, die oorgangstad van die Nywerheidsomwenteling en die hedendaagse grootstad onderskei. Die enigste stad wat enigermate in detail bespreek is, is Pretoria as 'n hoofstad en as 'n voorbeeld van hedendaagse stadsvorming. Ná die bespreking van iedere geskiedkundige fase van die stad is daar 'n globale beoordeling daarvan gedoen aan die hand van die voorgestelde kriteria. Daar is bevind dat stede in 'n wisselende mate aan die geformuleerde kriteia voldoen en dat daar in die verskillende geskiedkundige tydperke klemverskuiwings is wat betref die kategorie van die kriteria waaraan die sterkste voldoen word. Voorts is daar gevolgtrekkings gemaak oor die toepassing van die kriteria ten opsigte van die ideaal dat stede 'n menswaardige omgewing aan hulle inwoners moet bied. Daarbenewens is die geldigheid van die hipoteses wat ter inleiding van die navorsing geformuleer is, getoets. Ten slotte is die waarde van 'n omvattende benadering tot die studie van die stad (soos daar in die proefskrif aangedurf is) aangetoon - veral met betrekking tot die toekoms.

Description

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By