Visioenere perspektiefverruiming in Etienne Leroux se tweede trilogie

dc.contributor.advisorMalan, C. W.
dc.contributor.authorSteyn, Izak Frederick Wessels
dc.date.accessioned2022-06-15T07:23:31Z
dc.date.available2022-06-15T07:23:31Z
dc.date.issued1980-12
dc.description.abstractEtienne Leroux toon 'n besonder boeiende vermoe tot perspektiefverruiming in sy tweede trilogie. Die volgende probleemstelling word in die verband ondersoek. Hoe slaag Leroux, ten spyte van banalisering en parodiering, daarin om sy besondere psigo-religieuse visie te laat triomfeer en tot die groots-visioenere te laat ontplooi? Die volgende hipotese dien as sentrale vertrekpunt: met sy konkretisering van visioenere simboliek slaag Leroux daarin om die banale werklikheid te transendeer, soos in die misteriegodsdienste, die gnostiek, die alchemie, ens. Dit word veral deur die superposisionering van mitologiese, religieuse en dieptesielkundige temas bewerkstellig. Ironiese jukstaposisionering, satiriese oordrywing, groteske distorsie, ens. bly egter op 'n trefsekere wyse in al drie die onderhawige romans van krag, ten spyte van 'n momentele oorheersing van die verskuilde outeur se visie. As gevolg van die feit dat daar nie aldag eenstemmigheid oor aksentplasings binne die probleemveld bestaan nie, word die eerste hoofstuk aan enkele begripomskrywings gewy, nl. die omskrywing van visie, perspektief, satire, groteske en ironie. Hieruit blyk dat enige literere werk 'n visioenere bousel is en dat alle vertelvorme tot twee basiese perspektiewe gereduseer kan word, nl, die ouktoriele en personale. Die toonaard (satiries, grotesk en ironies) behoort, benewens die feit dat dit 'n sekere ingesteldheid impliseer, net soos perspektief tot die verbale komponent in die literere werk. Uit die ondersoek na die ouktoriele perspektief blyk dit dat die leser se visie verruim word deur die struktureringsprocede van die verskuilde outeurs. Voorts maak die verskuilde outeur as fokusinstansie ook van gedelegeerde fokusmeganismes gebruik waardeur die visie op die ruimte, die karakters en die gebeure verbreed en verdiep, en die tydelike getransponeer en getransendeer word. Ironiese jukstaposisionering word bewerkstellig deur korrigerende personale perspektiewe wat die vorm van fyn, gedetailleerde fokusopnames aanneem, asook deur momentele toetredes van die verskuilde outeur en die feit dat die visie van laasgenoemde met die van die enkele karakters saamval. Deur die ontleding van visie, perspektief en toonaard in kernpassasies van die betrokke romans, word strukturering en stilering aangedui en die meesterlike tegniek wat Leroux aanwend om die multi-interpretabele geheel daar te stel, blootgele.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/11678
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (Afrikaans and Dutch, German and French))--University of the Free State, 1980en_ZA
dc.subjectLeroux, Etienne -- Criticism and interpretationen_ZA
dc.subjectAfrikaans fiction -- History and criticismen_ZA
dc.titleVisioenere perspektiefverruiming in Etienne Leroux se tweede trilogieen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
SteynIFW.pdf
Size:
6.22 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: