Die ontstaansdatum van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom: 'n teologies-kritiese studie

Loading...
Thumbnail Image
Date
2010-05
Authors
Coetzee, Petrus Albertus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: This study is conducted in the field of church historiography and is aimed at establishing the date of origin of the Reformed Church Potchefstroom. The reason is that both 1859 and 1863 are being accepted in this regard. The conclusion of this research opted for 1859. This is based on a thorough theological-critical questioning of all relevant primary sources. The study constitutes a reasoned contribution to the theological-ecclesiological debate that was initiated by the excellent work of Spoelstra Die Doppers in Suid-Afrika, 1760-1899 (1963). Obviously the result differs from that of Spoelstra. The first chapter presents an introduction to the study. It focuses on the merit, the object (primary sources) and methodology of the investigation. In chapter two the Church Order and minutes of the ecclesial meetings at Rustenburg between 10 and 14 February 1859 are traced. The third chapter engages the minutes of the second and third General Church Meetings on 16 April and 29 July 1859. The following chapter (chapter four) questions the minutes of the fourth, fifth and sixth General Church Meetings (21 November 1859 – 21 September 1861). Chapter five investigates the General Church Meetings and Synods of 1862 and 1863. One of the most fundamental ecclesiastical documents, the Church Order of 1859, is discussed in chapter six. Related to this is the accepted concept or understanding of the church, which is treated in chapter seven. The last chapter consists of the final conclusion. The investigation is not only merited by the establishment of a date of origin. The method employed (theological-critical) avoided all ecclesiastical polemics and apology. Thus a new and original perspective on the early history (1859-1863) of the Reformed Churches in South Africa is argued. This ensures a meaningful engagement with and understanding of this history. This history comes to its own right within the parameters of the catholicity of the church, because the sources were understood in terms of the church of Christ and therefore against the horizon of the Word of God.
Afrikaans: Hierdie studie is kerkhistoriografies van aard en is daarop gemik om die ontstaansdatum van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom vas te stel. Die rede hiervoor is dat twee datums in hierdie verband aanvaar word: 1859 en 1863. Uit die primêre bronne, wat teologies-krities ondervra is, is tot die gevolgtrekking gekom dat 1859 in hierdie verband aanvaar moet word. In hierdie sin is die studie ’n bydrae tot die teologies-ekklesiologiese debat wat met die uitstekende studie van Spoelstra oor Die Doppers in Suid-Afrika, 1760-1899 (1963) geïnisieer is. Uiteraard staan die gevolgtrekking teenoor dié van Spoelstra. Die eerste hoofstuk bied ’n inleiding tot die navorsing aan. Dit fokus op die meriete, die objek (primêre bronne) en die metodologie van die studie. In hoofstuk twee kom die Kerkorde en notules van die Rustenburgvergaderings 10-14 Februarie 1859 aan die orde. Die derde hoofstuk behandel die notules van die tweede en derde Algemene Kerkvergaderings op 16 April en 29 Julie 1859. Die hoofstuk wat hierop volg (hoofstuk vier) gaan die notules van die vierde, vyfde en sesde Algemene Kerkvergaderings 21 November 1859 tot 21 September 1861 na. In die vyfde hoofstuk kom die Algemene Kerkvergaderings en die Sinodes van 1862 en 1863 aan die beurt. Hoofstuk ses gaan in op een van die belangrikste kerkregtelike dokumente, naamlik die Kerkorde van 1859. Wat hiermee saamhang, naamlik die gangbare kerkbegrip, kom in die volgende hoofstuk (hoofstuk sewe) onder die loep. Die laaste hoofstuk is die finale gevolgtrekking. Die meriete van die ondersoek lê egter nie net in die vasstel van ’n kerkhistoriese datum nie. Die metode (teologies-krities) wat aangelê is het alle kerklike polemiek en apologetiek vermy. Sodoende is daar ’n nuwe en oorspronklike perspektief vir ’n sinvoller omgang met en begrip van die vroeë geskiedenis (1859-1863) van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika beredeneer. Deur die kerk van Christus as uitgangspunt te neem in die verstaan van die bronne, en dit in die lig van die Woord en gereformeerde belydenis te beoordeel, kom die verhaal tot sy reg binne die katolisiteit van die kerk.
Description
Keywords
Reformed Church Potchefstroom, Reformed Churches in South Africa, Church Historiography, Dirk Postma, Church Order 1859, General Church Meeting, Reformed Church -- South Africa -- Potchefstroom, Church history, Church meetings, South Africa -- Potchefstroom -- History, Dissertation (M.Th. ((Ecclesiology))--University of the Free State, 2010
Citation