'n Eksegeties-literêre ondersoek na die funksionering van die begrip "hesed" in die klaagpsalms

dc.contributor.advisorKloppers, M. H. O.
dc.contributor.advisorPienaar, D.
dc.contributor.authorVan der Westhuizen, Johannes Dawid
dc.date.accessioned2018-05-09T09:28:14Z
dc.date.available2018-05-09T09:28:14Z
dc.date.issued1985-06
dc.description.abstractAfrikaans: Uit die ondersoek is dit baie duidelik dat hesed 'n baie wye betekenisveld dek. Hesed dra beslis 'n verbondsbetekenis waar God se verbond en sy hesed in een asem vermeld word. Hesed funksioneer ook meestal daar waar 'n band tussen die partye, naamlik die verbond, in die Klaagpsalms bely word. Myns insiens is die kernbetekenis van hesed dan "liefde". Dit is onteenseglik so dat hesed ook teenwoordig is waar onderlinge teregwysings tussen bondgenote plaasvind en waar JHWH se tugtiging wat die heil van sy hasid(im) beoog, geskied. Hesed in die Klaagpsalms kan dus in die algemeen verstaan word as 'n verantwoordelike bewys van 'n positiewe gesindheid van een persoon teenoor 'n ander. JHWH is uiteraard die volmaakte voorbeeld daarvan omdat Hy voortdurend die gelowige in nood met sy troue liefde (hesed) te hulp snel en oor hulle wag hou. Hierdie liefde van JHWH is duursaam want Hy red en vergewe ui genade. Hesed is 'n onmisbare seën van God vir die mens (in nood). Hierdie "liefde" kan vergelyk word met 'n "kombers" Dit is God se "kombers" wat so oneindig groot is dat ons altyd onder sy bewaring bly, waar ons ookal gaan. Dit is ook so sterk dat Hy ons uit ellende verlos. Juis onder hierdie "kombers" van God ervaar die gelowige warmte deur sy gedurige nabyheid, ook in tyd van nood. JHWH se hesed spoor die gelowige aan om op grond v an die onverdiende liefde wat hy van Bo ontvang, ook ware liefde teenoor ander in dade uit te druk. So moet die mens sy dankbaarheid vir God se ryke seën, wat hy elke dag onverdienstelik en oorvloediglik uit sy hand ontvang, in woorde en in dade omsit. soos God nooit verander en nooit ontrou kan wees nie, so is ook sy "liefde" (hesed". Daarom bly Hy dieselfde, gister, vandag en tot in alle ewigheid.en_ZA
dc.description.sponsorshipRGNen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/8257
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectBible -- O.T. -- Psalms -- Criticism, interpretation, etc.en_ZA
dc.subjectDissertation (M.Th. (Old Testament))--University of the Free State, 1985en_ZA
dc.title'n Eksegeties-literêre ondersoek na die funksionering van die begrip "hesed" in die klaagpsalmsen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanderWesthuizenJD.pdf
Size:
6.92 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: