Die rol van prominente vroue in die boeke Josua, Rigters, Samuel en Konings

dc.contributor.advisorPienaar, D. N.
dc.contributor.authorVan Wyk, Susanna Margaretha Catharina
dc.date.accessioned2018-03-22T10:04:03Z
dc.date.available2018-03-22T10:04:03Z
dc.date.issued2000-11
dc.description.abstractEnglish: Women in the Old Testament are usually regarded as inferior to men. Although information in this regard is scarce, the aim of this study was to accentuate the real as well as the untold roles women played in the Old Testament. Women from certain historic periods in Israel and Juda were compared with women from the Umwelt during the same period. The social position of women from Sumer, Akkade, Babylonia, Syria, Assyria, Phoenicia and Egypt was taken into consideration. Queen Ku-Bau of the Sumerian city Kish was a prominent lady. The Akkadian woman Enkheduanna, daughter of Sargan I, was appointed priestess in the city Ur. She was a well-known poet and acquainted with the Sumerian religion. The most famous was queen Naqi'a, the wife of the Assyrian king Sennacherib. Queen Jezebel of Israel being a Phoenician princess was a model for prominent and royal Phoenician women. She promoted her Baal religion in a despotic way; her fanatic convictions even allowed her to murder Jahwe believers. It is believed that women in Egypt were quite emancipated. Men and women were equal and equal in their position before the King. Queen Hatshepsut was a real queen who reigned also as regent for her stepson Thutmoses Ill. During the pre-monarchical period Israelite women were subdivided in prominent and less prominent groups. Prominent women were Rahab, Debora, Jael and Hannah, the mother of Samuel. Less prominent women included the five daughters of Selofgad, Jephta's daughter and the Levite's concubine. During the united monarchy, we had women of exceptional prominence. Particularly influential women that could be typified as a gebira (queen mother) were included. The royal women associated with King David; namely, Michal, Bathsheba, Abishag and Rispah are discussed. During the revolt of Absalom against the king, we find several anonymous women, like the woman of Bahurim who hid David's spies on their way back. After the division of Israel in Juda in the south and Israel in the north, Jezebel the Tyrian princess of Israel was a special representative of the gebira. Jezebel was the daughter of Etbaal, the priest-king of Tyre, who married Ahab of Israel. Her missionary zeal resulted in murder, like in the Naboth case. There were three special prominent women in the kingdom of Juda, namely Athaliah, Maachah and Jehoseba. Athaliah was the only reigning queen In both kingdoms. During this period women suffered from discrimination against them. The real role and function of women was scrutinised in this study. It could be indicated that women could think innovatively and how they took initiative, many times. The aim of this study is to re-evaluate the role and position of women and give a fresh perspective to the view of women in these indicated books in the Old Testament.en_ZA
dc.description.abstractAfrikaans: In die Ou Testament word die vrou gewoonlik in 'n ondergeskikte posisie geplaas. Hoewel die inligting rakende die vrou betreklik beperk is, word in hierdie studie gepoog om die werklike sowel as die onvermelde rol van die vrou in die Ou-Testamentiese tydvak toe te lig. 'n Bepaalde tydperk in die geskiedenis van Israel en Juda word vergelyk met vroue van die Umwelt in dieselfde tydperke. Die posisie van die vrou in Sumer, Akkad, Babilonië, Sirië, Assirië, Fenisië en Egipte word ter sprake gebring. In Sumerië was dit koningin Ku-Bau van die stad Kish wat die oog vang. In Akkad was dit Enkheduanna, die dogter van Sargon I wat priesteres in die stad Ur was wat prominensie geniet het. Sy was 'n hoog aangeskrewe digteres en goed onderleg in die Sumeriese godsdiens. Die bekendste koningin was Naqi'a, die vrou van Sanherib, die Assiriese koning wat ook 'n regentskap oor die oostelike deel van Babilonië gehad het. Die posisie van veral die prominente vroue van Fenisië word deur Isebel se optrede in Israel toegelig. Op despotiese wyse wou sy die Baalgodsdiens bevorder. In haar ywer vir haar god het sy selfs nie geskroom om moord te pleeg nie. In Egipte was die vroue klaarblyklik meer geëmansipeerd. Die man en die vrou was gelyk in hulle posisie teenoor mekaar en voor die koning. Hatshepsut was koningin in eie reg nadat sy die koningskap aanvanklik as regent by haar stiefseun, Tutmoses Illoorgeneem het. In Israel word in die premonargale tydperk onderskei tussen meer en minder prominente vroue. Die meer prominente vroue sluit in Ragab, Debora, Jael, en Hanna die moeder van Samuel. Onder die minder prominente vroue bevind Aksa, die dogters van Selofgad, die dogter van jefta en die byvrou van die Leviet hulle. Die instelling van die koningskap in die verenigde monargie het vroue van besondere prominensie opgelewer. Dit was dan veral vroue wat as 'n gebira (gebiedster) getipeer is, wat betreklik invloedryk was. By hierdie vroue was daar veral dié wat by Dawid betrokke was naamlik Mikal, Abigajil, Batseba, Abisag en Rispa wat toegelig word. Tydens die opstand van Absalom was daar verskeie naamlose vroue wat ter sprake gebring word waaronder die vrou van Bagurim wat Dawid se spioene weggesteek het vir Absalom. Na die skeuring van die ryk was die gebira in die Noordelike Ryk van Israel veral verteenwoordig deur Isebel, die Tiriese prinses wat met koning Agab getroud was. Sy was die dogter van die priester-koning Etbaal van Tirus wat met 'n missionêre ywer die Baalgodsdiens in Israel bevorder het. Met die Nabotinsident word dit duidelik dat sy selfs moord gebruik om haar doeleindes te dien. In die Ryk van juda was daar veral drie prominente vroue met koninklike verbintenisse naamlik Atalia, Maaka en Jeboseba. Atalia was die enigste regerende koningin in beide ryke. Vroue het normaalweg diskriminasie beleef. Die reële rol en funksie van vroue word in hierdie studie onder die loep geneem. Hieruit het verskeie aspekte duidelik geword waarvan die duidelikste is, hoe vroue in die omstandighede innoverend gedink het en soms inisiatief geneem het. Hierdie studie wil die posisie van die vrou in die Ou Testament herevalueer en in 'n vars perspektief plaas.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/8056
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectWomen in the Bibleen_ZA
dc.subjectBible, O.T. -- Criticism, interpretation, etcen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. Biblical and Religious Studies))--University of the Free State, 2000en_ZA
dc.titleDie rol van prominente vroue in die boeke Josua, Rigters, Samuel en Koningsen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanWykSMC.pdf
Size:
17.4 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: