Die pikareske grondpatroon in enkele werke van Etienne Leroux

Loading...
Thumbnail Image
Date
1987-11
Authors
Botha, Wilna Marie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Die doel van hierdie studie is om die pikareske grondpatroon in drie romans van Etienne Leroux, naamlik Die mugu, Isis Isis Isis en Onse Hymie, te ondersoek. Die keuse van juis hierdie drie romans word bepaal deur die feit dat die leser hier telkens te doen het met 'n reisende karakter. Verder kom daar in al drie romans 'n duidelike beeld van die onderskeie gemeenskappe, wat deur die karakters verteenwoordig word, aan die bod. Hierdie kenmerke, asook die feit dat ons met ‘n buitestaanderfiguur te doen het, dien as basiese definisie van die pikareske roman. Omdat hier sprake is van die vereensaming van 'n karakter binne sy gemeenskap, kan die optrede van die pikaro nie na regte bestudeer word as dit nie teen die agtergrond van die gemeenskap geskied nie. Dit noodsaak ‘n kontekstuele benadering wat uiteraard binne ‘n streng outonomistiese kader onmoontlik is. Daarom is dit beter om ‘n cop, buigsame definisie daar te stel wat ruimte laat vir die manier waarop die genre in verskillende tydperke, milieus en sosio-ekonomiese omstandighede in verskfllende skrywers se werk neerslag vind. Tog kan daar basiese karaktertrekke vir die pikareske roman vasgestel word. Elke skrywer gee egter sy eie, unieke en persoonlike interpretasie daarvan in sy werk weer. Uit die literatuur kan die volgende kenmerke aangedui word waarvolgens ‘n roman as pikaresk getipeer kan word. 'n Eenvoudige verhaalverloop, waar klem op die uiterlike handeling geplaas word, kan as eerste kenmerk van die pikareske roman gereken word. Dan volg ~ beskrywing van die milieu waarbinne die titelheld tuishoort. Die pikaro se huislike omstandighede is nie geed nie. Hy word as weeskind gereken, die wereld ingestuur en sodoende aansy eie lot oorgelaat. Hierna volg sy inwyding in die wereld. In sy naiwiteit word die pikaro bedrieg. Dit het tot gevolg dat hy sy onskuld verloor. Verder vu! dit horn met ‘n drang om wraak te neem en andere te bedrieg socs hy bedrieg is. Bogenoemde dwing die pikaro om volgens die grille van die geluk te leef. Daar vind ook nooit integrasie tussen die karakter en die wereld waardeur hy beweeg, plaas nie. Wat die vertelstruktuur van die pikareske roman betref, word klem gele op die eerstepersoonsvertelling. ‘n Verdere kenmerk is ·n episodiese verhaalverloop, waardeur die chaos in die wereld wat beskryf word, benadruk word. Die parodie, asook 'n oop slot, is verder kenmerkend van die pikareske roman. Die pikaro as hoofkarakter is slegs gedeeltelik ‘n reisende karakter. Sy eensaamheid staan voorop en omdat hy nie heeltemal las van die gemeenskap kan staan nie, word hy verder ‘n half-outsider genoem. Hy kan oak nie diepgaande emosie ervaar nie en is iemand wat baie verskillende rolle kan speel. Sy enigste konstante karaktertrek is sy wil om te bly leef. Satire en ironie speel belangrike rol in hierdie roman en dit kan oak as verhaal van die ruimte beskou word. Nadat bogenoemde kenmerke op Leroux se romans toegepas is, is tot die gevolgtrekking gekom dat 'n duidelike pikareske grondpatroon wel daarin aangetref word. Leroux maak egter nie slaafs gebruik van die pikareske genre nie en vernuwe dit op ‘n geslaagde wyse. Die pikaro word daardeur getransponeer na 'n moderne Suid-Afrika. Sodoende word Die mugu die eerste vingeroefening in hierdie genre terwyl Isis die suiwerste vorm van die pikareske roman binne Leroux se werk is. Wat Onse Hymie betref is daar, ten spite van die pikareske grondpatroon, 'n oorhel na die burleske en 'n meer radikale betrokkenheid by en kritiek op die samelewing.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Afrikaans and Dutch, German and French))--University of the Free State, 1987, Leroux, Etienne -- Criticism and interpretation, Afrikaans fiction -- 20th century -- History and criticism, Picaresque literature, Afrikaans -- History and criticism
Citation