The SADF conscript generation and its search for healing, reconciliation and social justice

Loading...
Thumbnail Image
Date
2015
Authors
Bezuidenhout, Pieter Hendrik Schalk
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract in other languages ๐˜š๐˜ค๐˜ณ๐˜ฐ๐˜ญ๐˜ญ ๐˜ฅ๐˜ฐ๐˜ธ๐˜ฏ ๐˜ง๐˜ฐ๐˜ณ ๐˜ˆ๐˜ง๐˜ณ๐˜ช๐˜ฌ๐˜ข๐˜ข๐˜ฏ๐˜ด
Abstract
๐‘ฌ๐’๐’ˆ๐’๐’Š๐’”๐’‰ The former (Afrikaner) SADF-conscript generation is to a large extent experiencing an identity crisis. This crisis is due to two factors. First of all, there is a new dispensation where Afrikaners are a minority group. They feel alienated and even frustrated and confused. Secondly, their identity has been challenged and some would say defeated. What is their role and new identity in the current SA? They fought a war and participated internally in operations within a specific local, regional and global context. This identity had been formed through their own particular history as well as certain theological and ideological worldviews and frameworks. The Tempe shooting incident in Bloemfontein in 1999 was the clash of two ideological worlds. It showed how fragile peace and relationships between different diverse groupings still are. The responses to a questionnaire completed by this generation indicate a certain degree of confusion, woundedness, ignorance and an unwillingness to embrace the changes taking place in this country. This Afrikaner identity (beliefs, attitudes, worldview), as argued in this study, should be Biblically and Christologically reoriented. The Church as an agent is in the unique position to facilitate a spiritual process of taking responsibility of its part in the past and present, to confess to it and thus starting the process of being healed of the scars of the past, experiencing forgiveness and being in the position to bring a positive contribution to our country. It is the only way to adapt, survive and to make meaningful contributions towards the new South Africa. A spiritual process, their own โ€˜TRCโ€™ can contribute to real reconciliation in the country. ___________________________________________________________________
๐‘จ๐’‡๐’“๐’Š๐’Œ๐’‚๐’‚๐’๐’” Die SAW-dienspliggenerasie beleef as Afrikaners tot ล‰ groot mate ล‰ identiteitskrisis as gevolg van die veranderinge wat sedert die vroeรซ 1990s in Suid-Afrika plaasgevind het. Hulle het binnelands en buitelands geveg teen ล‰ vyand wat nou in Namibiรซ en Suid-Afrika regeer. Die huidige regering beskou nie SAW in ล‰ positiewe lig nie. Die uitsluiting van SAW gestorwenes se name by die Vryheidspark is hiervan ล‰ voorbeeld. Die SAW-dienspliggenerasie het aan ล‰ gewapende konflik met ล‰ bepaalde identiteit (beeld van homself as Afrikaner) deelgeneem. Die identiteit is veral deur bepaalde historiese gebeure soos die Groot Trek, die Slag van Bloedrivier, en die Boereoorloรซ gevorm. Teologiese en ideologiese invloede het hierdie lewens en wรชreldbeskouing help vorm. Die identiteit is na alle waarskynlikheid versterk tydens die jare 1966-1989, wat ook as die Bosoorlog bekend staan. Die identiteit is uitgedaag in die nuwe demokratiese bedeling, dalk selfs volgens sommige menings, verslaan. Die geslag is ook dikwels aan die ontvangkant van regstellende aksie. Dit, tesame met misdaad en korrupsie, veroorsaak dat talle hulleself vervreemd voel van die huidige bedeling. Hulle was maar net gehoorsame kinders en soldate tydens ล‰ plaaslike bevrydingstryd in Suid-Afrika, ล‰ anti-koloniale streekskonflik in SWA/Namibiรซ asook ล‰ globale Koue Oorlog waarvan ล‰ gedeelte in Angola afgespeel het. Die SAW, as deel van die Afrikanerinstellings, was egter verantwoordelik vir die uitbouing en instandhouding van apartheid. Teologies is die stelsel reeds deur Afrikanerkerke veroordeel en skuld is bely. Tog blyk dit dat min Afrikaners die hartseer impak besef wat die stelsel op die meerderheid Suid-Afrikaners gehad het. Ten einde vreedsaam te leef saam met die ander mede-landgenote, is dit van belang om die realiteite in die oรซ te kyk. Dit moet egter op Bybelse wyse geskied wat die aanvaarding van verantwoordelikheid van die verlede, berou, belydenis, bekering, vergifnis en restitusie insluit. Verder is dit van belang dat die Afrikaner sy siening van ander verander na ล‰ Christologiese oriรซntasie. Sy identiteit in verhouding tot ander is skeefgetrek tot ล‰ selfgeregverdigde, ietwat arrogante houding wat in ontkenning en onttrekking leef. Met hierdie identiteit sal hy dit vir homself uiters moeilik maak in ล‰ nuwe Suid-Afrika. Hy sal verder homself moet afvra of hy bereid is tot konstruktiewe bydraes in die land. Dit kom voor asof hy krities op die kantlyn staan en nie regtig glo dat die Afrikaan die land kan regeer nie. Een van die gevolge van die nuwe SANW was integrasie. Op 16 September 1999 het ล‰ luitenant, voorheen van die Azanians Peopleโ€™s Organisation, (APLA) agt blankes van 1 SAI Bloemfontein doodgeskiet. Hierdie insident was in wese maar die gevolg van ล‰ lang en hartseer geskiedenis van konflik en wantroue tussen twee ideologiese vyande wat nooit die kans gegun is om mekaar werklik te leer ken nie. Dit bly ook vandag steeds ล‰ uitdaging om saam te werk ten spyte van diversiteit. Oud-SAW lede het in die vraelys aangedui dat hulle bereid is om saam te werk tot voordeel van die land. Hulle het egter sterk voorbehoude, paradigmas en bagasie rakende die verlede. Tog smag hulle na genesing en wil graag ล‰ bydrae maak, sou hulle die kans gegun word. Die Kerk het ล‰ groot taak in diรฉ verband. Dit sal egter nie maklik wees nie aangesien die Kerk self geloofwaardigheid ingeboet het a.g.v. die rol wat hy in die verlede gespeel het. Die SAW-dienspliggenerasie spesifiek, en die Afrikaner in die breรซ, het nog nie werklik sy verlies, sy eie waarheid- en versoeningsproses deurloop nie. Die studie pleit vir ล‰ geestelike proses waardeur God-Drieรซnig hulle kan begelei om, soos in die verlede, rigting en sin te kry. ___________________________________________________________________
Description
Thesis (Ph.D. (Missiology))--University of the Free State, 2015
Keywords
SADF-conscript generation identity crisis, Quest for healing and closure, Total onslaught and communism, SWA/Namibia bush war, โ€˜Boetmanโ€™ debate, TRC and SADF, FW de Klerk and the โ€˜night of the generalsโ€™, Tempe shooting incident, New South Africa, Future, Reconciliation, Spiritual process as model for healing, Apartheid -- South Africa, Reconciliation -- South Africa, South Africa -- Armed Forces
Citation