Die administrasie en organisasie van sport aan enkele onderwyserskolleges: 'n kritiese ondersoek

dc.contributor.advisorBrussow, A. V.
dc.contributor.authorDe Man, Leon Albertus
dc.date.accessioned2018-03-05T07:08:07Z
dc.date.available2018-03-05T07:08:07Z
dc.date.issued1983-12
dc.description.abstractAfrikaans: Die doel van die studie was om 'n ondersoek na die administrasie en organisasie van sport aan enkele onderwyserskolleges te loods en om sodoende 'n funksioneel doeltreffende stelsel van sportadministrasie en -organisasie daar te stel. Ten einde begripsverwarring met betrekking tot die ondersoek te voorkom, is sekere begrippe soos van toepassing op die verhandeling gebruik, in die tweede hoofstuk geanaliseer en verklaar. Die samestelling van die vraelys wat in die ondersoek gebruik is, is breedvoerig in hoofstuk drie bespreek. Daarin is sterk gesteun op die beginsels van sport, sportadministrasie, -organisasie, en georganiseerde sportbeoefening om die bestaande stelsels van sportadministrasie en -organisasie soos toegepas aan elke kollege deeglik te ondersoek. In hoofstukke vier, vyf en ses is die huidige stand van sportadministrasie en -organisasie aan die verskillende kolleges met behulp van hierdie vraelys deeglik onder die soeklig geplaas en georden. Uit die resultate van die ondersoek het die georganiseerde karakter van sportbeoefening aan elke kollege duidelik geblyk. Die uitstaande kenmerke, positiewe aspekte asook die tekortkominge en knelpunte in die stelsels van sportadministrasie en -organisasie aan die kolleges het duidelik uit die ondersoek na vore gekom. Met hierdie inligting ter beskikking is daar in die laaste hoofstuk gepoog om 'n moontlike funksionele en werkbare stelsel van sportadministrasie en -organisasie aan onderwyserskolleges voor te stel. Aspekte in dié stelsel wat bespreek en toegelig is, is gegrond op die beginsels van doeltreffende sportadministrasie en -organisasie. Met die nodige aanpassings behoort hierdie stelsel aan enige onderwyserskollege suksesvol geïmplementeer te word.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/7895
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectSports -- South Africaen_ZA
dc.subjectUniversities and colleges -- Sports -- South Africaen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (Physical Education))--University of the Free State, 1983en_ZA
dc.titleDie administrasie en organisasie van sport aan enkele onderwyserskolleges: 'n kritiese ondersoeken_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
DeManLA.pdf
Size:
9.93 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: