Die vormlike vergestalting van konsepte binne advertensiekommunikasie
Loading...
Files
Date
2013-06
Authors
Lubbe, Elmarie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Advertising communication has a unique character and different techniques are used
to draw the consumer's attention. The way in which the message is communicated in
the advertisement often contributes to the impact of the advertising message. In this
study the focus was specifically on the ways in which advertising language
communicates creatively. Furthermore, the manner in which visual signs echo the
linguistic signs and contributes to the construction of the marketing message is also
observed.
Figurative language and semiotic signs are some of the mechanisms copywriters use
to draw the consumer's attention. Literature that focuses on the linguistic and visual
analysis of advertising communication is limited. A variety of definitions for figurative
language exist in the literature, since different authors have different perspectives
given a particular data set and time frame. In this study creative signs used in
advertising (e.g. language play, rhetorical figures and semiotic signs) in order to
increase the impact of the advertisement, are studied from a Cognitive Semantic and
linguistic perspective
A qualitative investigation was launched in order to describe the character of the
manifestation of concepts in advertising communication. Based on the primary
objective of the study, to give an overview of the manifestation of creative concepts in
South African print advertising communication, the secondary objectives were
identified. These objectives were to explain the definition and nature of terms such as
language play (idiomatic expressions, personification, and wordplay), rhetorical
figures of speech (comparisons, analogies and metaphor) and semiotic signs
(indexes, icons and symbols). South African print advertisements were used as data
set. A further objective was to obtain an overview of the gains and risks in the use of
these attention drawing mechanisms in the interest of training linguistics and
copywriting students. In this study two main categories were identified, namely figurative language and
semiotic signs. Figurative language were divided into two categories, namely
language play and rhetorical figures. The category, language play, focuses
specifically on the artistic nature or rather “creative decoration” of advertisements.
Idiomatic expressions (when the cat’s away, the mice will play), personification
(“Your pepper will be so jealous”) and wordplay (the Afrikaans word “leer” can
refer to the ladder you climb, as well as the leather a shoe is made of) are
identified as three forms in language play.
Rhetorical figures were identified as second category within figurative language.
Rhetorical figures of speech include: similes (he is as slow as a tortoise), analogies
(an analogy between the organ, a kidney, and a coffee filter) and metaphors
(metaphor between coffee and perfume's durability and aroma).
The second main category distinguished in this study is semiotic signs. Semiotic
signs were divided into indexes (smoke indicating a fire), icons (a passport full of
stamps, indicating a real passport) and symbols (an apple as a symbol of
seduction).
Based on the literature study and the data set, it is clear that creative signs used in
advertising communication contribute to keeping the reader's attention longer.
Creative signs are often an intellectual game to be unravelled by the reader, in order
to identify the intended marketing message. Furthermore, more than one message is
often communicated through the use of creative language and visual signs, thus
giving the copywriter the ability to say more with less (words and images). From this
study, it is clear that the use of figurative language and semiotic signs should ideally
focus on the brand name, marketing message or characteristic of the product to
actually be relevant to the marketing message; otherwise it remains just a useless
decoration in the advertisement.
Afrikaans: Advertensiekommunikasie het ʼn unieke aard en verskillende tegnieke word gebruik ten einde die verbruiker se aandag te trek. Die wyse waarop die boodskap in die advertensie gekommunikeer word, dra dikwels tot die trefkrag van die advertensieboodskap by. In hierdie studie is daar spesifiek gefokus op die wyse waarop taal aangewend word om kreatief in advertensies te kommunikeer, maar ook die wyse waarop visuele tekens in advertensies die talige tekens eggo, oftewel ondersteun in die konstruering van die bemarkingsboodskap. Figuurlike taalgebruik en semiotiese tekens is van die instrumente wat kopieskrywers gebruik om die verbruiker se aandag te trek. Literatuur wat fokus op die linguistiese en visuele analise van advertensiekommunikasie, is beperk. Die verskeidenheid van definisies vir figuurlike taalgebruik in die literatuur is eiesoortig, aangesien elke outeur hulle ondersoek gegewe ʼn bepaalde datastel en tydsraamwerk doen. In hierdie studie is daar vanuit ʼn Kognitief Semantiese en linguistiese perspektief gekyk na kreatiewe tekens (taalspel, retoriese stylfigure en semiotiese tekens) wat tot kopieskrywers se beskikkings is, ten einde die trefkrag van ʼn advertensie te verhoog. ʼn Kwalitatiewe ondersoek is geloods ten einde die aard van die vormlike vergestalting van konsepte in advertensiekommunikasie te beskryf. Op basis van die primêre doelwit van die studie, om ʼn oorsig oor die vormlike vergestalting van kreatiewe konsepte in gedrukte Suid-Afrikaanse advertensiekommunikasie te gee, is die sekondêre doelwitte geïdentifiseer. Die volgende sekondêre doelwitte is geïdentifiseer, naamlik om duidelikheid oor die definisie en aard van terme soos taalspel (idiomatiese uitdrukkings, personifikasie en woordspel), retoriese stylfigure (vergelykings, analogieë en metaforiek) en semiotiese tekens (indekse, ikone en simbole) aan die hand van gedrukte Suid-Afrikaanse advertensies as datastel te kry. ʼn Verdere doelwit was om die winste en risiko’s van hierdie aandagtrekkende meganismes uit te wys in belang van die opleiding van linguistiek- en kopieskryfstudente. Twee hoofkategorieë is in hierdie studie onderskei, naamlik figuurlike taalgebruik en semiotiese tekens. Figuurlike taalgebruik is verdeel in twee kategorieë, naamlik taalspel en retoriese stylfigure. In die taalspelkategorie is daar spesifiek op die artistiese aard oftewel “kreatiewe versiering” van advertensies gefokus. Idiomatiese uitdrukkings (as die kat weg is, is die muis baas), personifikasie (“jou peper sal jaloers wees”) en woordspelling (die woord, leer, wat na ʼn leer wat jy klim kan verwys, maar ook na die leer waarvan skoene gemaak word) is as drie vorme in taalspel geïdentifiseer. Retoriese stylfigure is as tweede kategorie binne figuurlike taalgebruik geïdentifiseer. Retoriese stylfigure sluit vergelykings (hy is so stadig soos ʼn skilpad), analogieë (ʼn analogie tussen die orgaan, ʼn nier, en ʼn koffiefilter) en metafore (metafoor tussen koffie en parfuum se duursaamheid en aroma) in. Die tweede hoofkategorie wat in die studie onderskei is, is semiotiese tekens. Semiotiese tekens word verdeel in indekse (rook wat dui op ʼn vuur), ikone (ʼn paspoort vol stempels, wat dui op ʼn werklike paspoort) en simbole (ʼn appel as simbool vir verleiding). Die literatuurstudie het getoon dat kreatiewe tekens in advertensiekommunikasie gebruik word om die leser se aandag langer te hou. Kreatiewe tekens vorm dikwels ʼn intellektuele speletjie wat deur die leser ontrafel moet word, ten einde die bedoelde bemarkingsboodskap te identifiseer. Verder word daar dikwels meer as een boodskap gelyktydig gekommunikeer deur die gebruik van kreatiewe taalgebruik en tekens en dit dra by dat die kopieskrywer meer met minder (woorde en beelde) kan sê. Uit die studie het dit duidelik geword dat figuurlike taalgebruik en semiotiese tekens ideaalgesproke op die handelsnaam, bemarkingsboodskap of eienskap van die produk/diens gerig moet wees om werklik relevant tot die bemarkingsboodskap te wees, andersins bly dit net ʼn nuttelose versiering in die advertensie.

Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Afrikaans en Nederlands))--University of the Free State, 2013, Advertising, Communication in marketing, Semantics, Figurative language, Idiomatic expressions, Personification, Rhetorical figures, Simile, Analogy, Metaphor, Semiotic signs, Advertising communication