'n Psigo-opleidingsprogram vir onderwysers oor aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring by kinders
Loading...
Files
Date
Authors
Bothma, Thereza
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Attention-Deficit Hyperactivity Disorder (ADHD) is a heterogeneous disorder with
multiple etiologies that impairs individual, family, scholastic and social functioning and
is found in 3-5 % of school age children. The salient characteristics of children with
ADHD is a persistent pattern of developmentally inappropriate inattention and/or
hyperactivity, that was present before the age of seven years and appears in at least two
different settings, for example at school and at home.
In South Africa, where inclusive education is a reality, the consequences are that
mainstream educators not only have to accommodate larger number of learners, but also
more learners with specific learning barriers and needs.
The principle aim of this study was therefore to determine if the psycho-developmental
programme, "Challenging ADHD: a Guide for Educators", could make a difference in
the knowledge and skills of educators in identifying and managing learners with ADHD.
If there is a difference after receiving training in the implementation of the programme in
the identification and management of children with ADHD, it could benefit the child's
development as well.
The study of existing literature on ADHD was intended to provide a general impression
of the research that has already been done on this subject. Special attention was given to
the linking of behavioural descriptions and cognitive functioning with neurological
processes and cerebral areas and also to the influence of the primary symptoms of ADHD
on social, cognitive and academic functioning. The treatment strategies mentioned in the
literature -: and especially their educational aspects - were investigated in order to clarify
the strategies that could be used for teaching. Early identification and treatment of
symptoms of ADHD can have a positive effect on the course and outcome of this
disorder. It was apparent from the literature that the development and the course of ADHD are
determined by the interaction between genetic predispositions and psychosocial factors.
The outcome also depends on family equilibrium and aggressiveness during childhood
and the severity of the symptoms. It seems, however, as if malfunctioning of the
complex, diffuse circuits between cerebral structures, causes the impairment in cognitive
functioning and as if several neurotransmitters might be involved in the development of
ADHD. ADHD appears to be a group of different behavioural problems namely attention
deficit, hyperactivity and impulsivity. Each has a specific neural substrate of varying
severity, that occurs in different combinations and that displays a common response to
psycho stimulants. The treatment strategy, which has so far been found to be most
successful, is a combination of behavioral therapy and medication.
With reference to the literature regarding the educator's identification and management
of learners with ADHD, the following hypothesis was framed:
That educators' knowledge can be changed through the psycho-developmental
programme, "Challenging ADHD: a Guide for Educators" (experimental group) on how
to identify and manage learners with ADHD in class.
In order to test this hypothesis, 90 Gr.l - Gr. 3 educators, were chosen from 10 different
schools of the Western Cape Education Department, EMDC Metropole-North. The two
groups were paired with reference to the identified nuisance variables. The subtest scores,
as obtained by the two groups after completion of questionnaires, which consist of 139
questions, were compared. The experimental group only was exposed to the psychodevelopmental
programme. Training of the educators in the implementation of the
psycho-developmental programme took place over 6 weeks (one session per week). The
questionnaires were completed before and after the training
(experimental group only) and compared.
Statistical analysis revealed the following results: There was a significant difference (at
the 1% level) with regard to the average subtest scores, of the two groups. Statistical analysis of data showed that the psycho developmental programme added value to the
educators knowledge and insight in identifying and manageing learners with ADHD.
The hypothesis that educators gained knowledge, skills and insight by training them in
the implementation of the psycho-developmental programme, "Challenging ADHD: a
Guide for Educators", was confirmed. This programme does have the potential to be
successful for improving the knowledge and insight of educators.
Afrikaans: Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV) is 'n heterogene versteuring van veelvuldige etiologie wat individuele, gesins-, skolastiese en sosiale funksionering belemmer en by 3-5 % van skoolgaande kinders voorkom. Die uitstaande kenmerk van kinders met ATHY IS 'n volgehoue patroon van ontwikkelingsonvanpaste onoplettendheid en/of hiperaktiwiteit, wat reeds voor die ouderdom van sewe jaar teenwoordig was en in ten minste twee situasies voorkom, byvoorbeeld by die skool en by die huis. In Suid-Afrika, waar inklusiewe onderwys 'n realiteit is, is die gevolg dat hoofstroomopvoeders nie net 'n groter aantal leerders in hul klasse moet akkommodeer nie, maar ook meer leerders met spesifieke leerhindernisse en -behoeftes, Die hoofdoel van hierdie navorsingstudie was dus om vas te stelof 'n psigo-opleidingsprogram, "Uitdaging ATHV: 'n Gids vir Opvoeders", 'n verskil kan maak ten opsigte van die opvoeders se identifisering en hantering van leerders met ATHV. Indien daar wel 'n verskil na opleiding in die implementering van die program is, in terme van die identifisering en hantering van kinders met ATHV, kan dit die ontwikkeling van die kind bevorder. Die doel van die literatuurstudie was om 'n globale indruk van navorsing oor ATHY te verkry. Daar is veral verwys na die drie verskillende tipes ATHV, met die primêre en sekondêre gedragspatrone wat kan voorkom en die effek daarvan op die kind se funksionering. Ook is daar na die neurologiese prosesse en die rol wat die verskillende breinareas in die manifestering van ATHV speel, verwys. Behandelingsstrategieë, met besondere· klem op individuele-, gesins- en groepterapie, asook die opvoedkundige komponent, is uit die literatuur nagevors om duidelikheid oor opvoedkundige strategieë te verkry. Die behandelingsmetode waarmee tot dusver die meeste sukses behaal is, is 'n kombinasie van gedragsterapie en medikasie. Vroeë identifisering en behandeling van die simptome kan die verloop en prognose van ATHV gunstig beïnvloed. Uit die literatuur het dit geblyk dat 'n genetiese predisposisie, in wisselwerking met psigososiale faktore, die ontwikkeling en verloop van ATHV bepaal. Dit kom egter voor asof wanfunksionering van die komplekse, wydverspreide stroombane tussen breinstrukture vir die belemmerende primêre simptome van ATHV verantwoordelik is en asof verskeie neuro-oordragstowwe betrokke kan wees by die ontwikkeling van ATHV. ATHV is blykbaar 'n kombinasie van verskillende gedragsprobleme, naamlik aandagtekort, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit. Elkeen het 'n spesifieke neurologiese basis, met graadverskille in die mate van aantasting, wat in verskillende kombinasies voorkom en wat 'n gemeenskaplike reaksie op psigostimulante toon. Na aanleiding van die literatuur oor die opvoeder se identifisering en hantering van kinders met ATHV, is die volgende navorsingshipotese gestel: Dat opvoeders deur middel van die voorgestelde psigo-opleidingsprogram, "Uitdaging ATHV, 'n gids vir opvoeders" (eksperimentele groep), genoegsame kennis kan verkry om leerders met ATHV meer effektief te identifiseer en in die klas te kan hanteer. Om hierdie hipotese te toets, is daar van eksperimentele navorsing gebruik gemaak en die proefpersone was 90 grondslagfase-opvoeders (Gr.l tot Gr. 3) verbonde aan tien skole van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, OBOS Metropool-Noord. Die opvoeders van die tien skole se opvoeders is afgepaar om twee groepe te vorm ten opsigte van geïdentifiserende steuringsveranderlikes. Die twee groepe se subtellings is verkry deur van 'n vraelys, bestaande uit 139 vrae, gebruik te maak en met mekaar te vergelyk. 'n Vraelys is voor en na afloop van 'n psigo-opleidingsprogram (slegs eksperimentele groep), aan beide groepe voorgehou, om te bepaal of doelstellings bereik is. Opleiding aan opvoeders, in die implementering van die psigo-opleidingsprogram, het oor 6 weke gestrek (een opleidingsessie per week). Statistiese verwerking het die volgende resultate opgelewer: Daar is beduidende verskille (op die I% peil) ten opsigte van die gemiddelde subtoetstellings van die twee groepe. Statistiese ontleding van data het getoon dat die psigo-opleidingsprogram potensiële waarde toegevoeg het tot opvoeders se kennis en insig ten opsigte van die identifisering en hantering van leerders met ATHV. Die hipotese dat opvoeders kennis en insig verwerf het deur opleiding in die implementering van die psigo-opleidingsprogram, "Uitdaging ATHV: 'n Gids vir Opvoeders", is bevestig. Sodanige program het dus die potensiaal om suksesvol te wees in die uitbreiding van opvoeders se kennis en insig.