'n Stylanalitiese studie van Johann Crüger se korale met verwysing na dié in die Afrikaanse gesangboek van 1978

dc.contributor.advisorVenter, C. L.
dc.contributor.advisorStrydom, W. M. L.
dc.contributor.authorAckerman, Berna Barbara
dc.date.accessioned2019-06-28T07:18:28Z
dc.date.available2019-06-28T07:18:28Z
dc.date.issued1988-05
dc.description.abstractAfrikaans: Johann Cruger (1598-1662) het 'n noemenswaardige bydrae tot die Duitse kerklied gelewer, in die vorm van meer as 'n honderd korale waarvan sowat twintig tans nog steeds universele erkenning geniet deur die opname daarvan in toonaangewende hedendaagse gesangboeke. Cruger is sterk beïnvloed is deur die musikale vernuwings van die Barok, en dit het ook op die korale 'n neerslag gevind. Hierdie invloede is waarneembaar in Cruger se besetting van die koraal, naamlik deur die gebruik van 'n basso continuo. Insgelyks het hy ook ten opsigte van tonaliteit weg beweeg van die gebruiklike kerkmodusse ten gunste van die moderne majeur- en mineurtoonaarde. Hy het egter steeds sekere oorgelewerde tradisionele komposisiernetodes wat sedert die Reformasie in gebruik was, byvoorbeeld die kontrafak-praktyk, geïmplimenteer. Hoewel hy 'n sterk individuele stempelop sy korale afgedruk het deur sy interpretasie van die bestaande vorms van die tyd, byvoorbeeld die barvorm, is 'n uiters sterk invloed van die Geneefse Psalmmelodiei waarneembaar veral in die ritmiek en intervalgebruik van die korale. Om te voldoen aan die liedideaal van die verskillende religieuse strominge sedert die 17de eeu, byvoorbeeld die Piëtisme, Rasionalisme, asook die musikale ontwikkeling wat met die Barok saamgehang het, het die korale in die twee eeue na Cruger se dood bepaalde veranderinge ondergaan. In die laat 19de eeu het egter 'n beweging vir die restourasie van die kerklied ontstaan, en is begin werk in die rigting van die herstel van die koraal in sy oorspronklike vorm. In die Afrikaanse Gesangboek van 1978 is 11 koraalmelodieë van Cruger opgeneem, die grootste bydrae van 'n enkele komponis. In die genoemde gesangboek word die melodieë gekenmerk deur talle onnoukeurighede ten opsigte van die melodiek en ritmiek. Die aanpassing van die melodieë by die Afrikaanse tekste het in baie gevalle 'n minder geslaagde woord-toonverhouding as gevolg van onsensitiewe teksdigting. Die aansien van die Afrikaanse kerklied sou oneindig veel kon baat by eenvormige norme, neergelê deur 'n span deskundiges op die gebied van die musiek, teologie en letterkunde, as riglyne vir redigering van toekomstige gesangboeke. Johann Cruger was sekerlik nie die grootste komponis van sy tyd nie, dog lê sy betekenis daarin dat hy melodieë geskep het waardeur die verhewe eenvoud van die geestelike boodskap van die teks ongehinderd uitgedra kon word. Langs hierdie wyse het sy korale voldoen aan die eise van die ware kerklied.en_ZA
dc.description.sponsorshipR. G. N.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/9905
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectThesis (D.Mus.) - University of the Free State, 1988en_ZA
dc.subjectChoraleen_ZA
dc.subjectHymnsen_ZA
dc.subjectAfrikaansen_ZA
dc.subjectHistory and criticismen_ZA
dc.subjectCrüger, Johannesen_ZA
dc.title'n Stylanalitiese studie van Johann Crüger se korale met verwysing na dié in die Afrikaanse gesangboek van 1978en_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
AckermanBB.pdf
Size:
11.55 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: