Description of the outcomes and essential content for a cardiovascular perfusion practice programme

Loading...
Thumbnail Image
Date
2016-01
Authors
Musa, Zainul Aabideen Ali
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Cardiovascular perfusion is a field of practice whereby the function of the heart and lungs is replaced or supported by equipment and machines in a hospital theatre setting so that a surgical procedure to correct or reverse a cardiac-related pathology can be carried out. In addition to possessing the above mentioned skill the perfusionist is also required to carry out various other clinically related tasks. Faced with the challenges of changes taking place in the disease profile of patients, changes in surgical indications, advancement in medical technology, therapeutic and surgical techniques and the widening of the scope of practice beyond the traditional practice norms, the cardiovascular perfusion programme needs to keep up pace in order to deal with these challenges. Furthermore the three universities of technology which offer the programme in South Africa (SA) do not have uniform outcomes and content thereby producing graduates who lack many skills required for current and future practice. In view of the abovementioned challenges the research is based on the hypothesis that the current outcomes and essential content of cardiovascular perfusion programmes are either not described at all or are inadequate for producing graduates who are able, immediately after qualifying, to provide the wide range of skills required by current and future cardiovascular perfusionists. The research question was thus formulated: What should the outcomes and essential contents of a perfusion practice programme in South Africa include? The overall goal of the study was to describe the outcomes and essential content of a cardiovascular perfusion programme specific to the South African context, with a view to developing a standardised, uniform and relevant curriculum for perfusion in SA, which will lay the foundation for producing highly skilled and knowledgeable cardiovascular perfusionists who are able to fulfil the requirements of a current and future cardiovascular perfusion practice. The aim of the study was to describe the outcomes and essential content of a cardiovascular perfusion practice programme that will address the requirements of a current and future cardiovascular perfusion practice in SA. To achieve the aim of the study four objectives were pursued with regards to determining the current content and outcomes of the programmes, the adequacy and validity of the currents programmes and to determine the required outcomes and essential content of the programme. These objectives were achieved by means of a literature study that included a document analysis of SA and international curricula, an electronic questionnaire survey to obtain statements for a Delphi technique survey that followed the questionnaire survey based on the online EvaSys survey-management system. After ethics committee approval and a successful pilot study, which required no amendments, an information document explaining the survey was distributed to 14 identified perfusionists which was followed by the actual online questionnaire. The questionnaire survey was conducted at the end of which 71% of participants originally identified had responded. The data collected from the questionnaire survey was analysed, interpreted, discussed and documented. After careful analysis of the results the researchers decided that all the questions posed in the survey would form part of the Delphi. The first round of the Delphi questionnaire was distributed to 18 experts identified by preselected criteria after a successful pilot study. Of these experts, 44.4% responded. Consensus was achieved on most statements in the first round. After the completion of the first round feedback was given to the respondents. For the second round of the Delphi 100% response was achieved. The results and the discussion of the findings of the Delphi survey were presented in the form of graphs, and analysed, interpreted and discussed accordingly. Statements on which consensus was achieved were included as part of the outcomes and essential content for a cardiovascular perfusion practice programme which has been presented in a tabular format in this dissertation. A uniform and standardised cardiovascular practice curriculum and training programme will enhance the field of cardiovascular perfusion and service delivery to the residents of SA. This research study was by no means an exhaustive one but has provided a basis upon which further perfusion and other healthcare related research can be done.
Afrikaans: Kardiovaskulêre perfusie is ‘n praktyk waardeur die funksie van die hart en longe in ‘n hospitaal- teateropset vervang of ondersteun word deur toerusting en masjiene, sodat ‘n chirurgiese prosedure om ‘n patologie wat met die hart verband hou, uitgevoer kan word. Benewens die genoemde vaardigheid, moet die perfusietegnoloog ook verskeie verwante kliniese take kan uitvoer. In die lig van uitdagings wat verband hou met veranderinge wat in die siekteprofiel van pasiënte plaasvind, veranderinge in chirurgiese aanduidings, vooruitgang in mediese tegnologie, terapeutiese en chirurgiese tegnieke en ‘n verbreding van die omvang, verder as die tradisionele praktyknorme, van die praktyk, moet ‘n kardiovaskulêre perfusieprogram voortdurend vernuwe ten einde hierdie uitdagings die hoof te bied. Verder het die drie universiteite van tegnologie wat perfusieopleidingsprogramme in Suid Afrika aanbied, nie dieselfde uitkomste en inhoud nie, en daarom lewer hulle gegradueerdes wat nie al die vaardighede besit wat vir huidige en toekomstige praktyk nodig is nie. In die lig van bogenoemde uitdagings, is hierdie navorsing gebaseer op die hipotese dat die huidige uitkomste en noodsaaklike inhoud van kardiovaskulêre perfusieprogramme òf glad nie, òf net gedeeltelik beskryf word, en gevolglik word gegradueerdes gelewer wat nie dadelik nadat hulle gekwalifiseer het, die wye verskeidenheid vaardighede wat deur huidige en toekomstige perfusietegnoloë vereis word, kan uitvoer nie. Die navorsingsvraag is dus soos volg geformuleer: Wat moet die uitkomste en noodsaaklike inhoud van ‘n perfusiepraktykprogram in Suid-Afrika insluit? Die oorhoofse doel van die studie was om die uitkomste en noodsaaklike inhoud van ‘n kardiovaskulêre perfusieprogram wat spesifiek op die Suid-Afrikaanse konteks van toepassing is, te beskryf, met die doel om ‘n gestandaardiseerde, eenvormige en relevante kurrikulum vir perfusie in Suid-Afrika te ontwikkel, wat die grondslag sal lê om uiters vaardige en kundige kardiovaskulêre perfusietegnoloë lewer, wat in staat is om aan die vereistes van ‘n moderne en toekomstige kardiovaskulêre perfusieprogram te voldoen. Die doel van die studie was om die uitkomstes en noodsaaklike inhoud van ‘n kardiovaskulêre perfusieprogram te ontwikkel wat die vereistes van ‘n moderne en toekomstige kardiovaskulêre perfusiepraktyk in Suid-Afrika sal aanspreek. Ten einde die doel van die studie te bereik, is vier doelwitte nagestreef. Die doelwitte hou verband met die bepaling van huidige inhoud en uikomste van die programme, die toereikendheid en geldigheid van die huidige programme en bepaling van die vereiste uitkomste en noodsaaklike inhoud van die program. Hierdie doelwitte is bereik deur middel van ‘n literatuurstudie, wat ‘n dokumentontleding van Suid-Afrikaanse en internasionale kurrikula behels het, en ‘n elektroniese vraelysopname. Die vraelysopname het inligting versamel deur middel van die Delphi-tegniek, wat die vraelysopname, wat van die aanlyn EvaSys opnamebestuurstelsel gebruik gemaak het, gevolg het. Na die etiese komitee goedkeuring gegee het en ‘n loodsstudie suksesvol afgehandel is en geen veranderinge vereis het nie, is ‘n inligtingsdokument wat die opname verduidelik aan 14 geïdentifiseerde perfusietegnoloë versprei. Dit is gevolg deur die aanlyn vraelys. Die vraelysopname het response van 71% van die deelnemers wat oorspronklik geïdentifiseer is, ontlok. Die data wat deur die vraelysopname versamel is, is ontleed, geïnterpreteer, bespreek en aangeteken. Na sorgsame ontleding van die resultate het die navorser besluit dat al die vrae wat in die vraelys ingesluit is, deel van die Delphi sou vorm. Die eerste ronde van die Delphi-vraelys is aan 18 deskundiges gestuur, wat deur voorafbepaalde kriteria in ‘n suksevolle loodsstudie geïdentifiseer is. Van hierdie deskudiges het 44.4% gereageer. Konsensus is op die meeste van die stellings in die eerste ronde behaal. Na voltooiing van die eerste ronde is terugvoer aan die respondente gegee. ‘n 100% reaksiekoers is vir die tweede ronde van die Delphi behaal. Die resultate en die bespreking van die bevindinge van die Delphi-opame is in die vorm van grafieke aangebied, ontleed, geïnterpreteer en ooreenkomstig bespreek. Stellings waaroor daar konsensus bereik is, is as deel van die uitkomste en noodsaaklike inhoud vir ‘n toekomstige program ingesluit – dit word in tabelformaat in hierdie verhandeling aangebied. ‘n Eenvormige en gestandaardiseerde kurrikulum en opleidingsprogram vir kardiovaskulêre praktyk sal die veld van kardiovaskulêre perfusie versterk en dienslewering aan die burgers van Suid-Afrika verbeter. Hierdie navorsing was geensins omvattend nie, maar het ‘n grondslag voorsien waarop verdere navorsing in die veld van perfusie en ander gesondheidsorgkwessies uitgevoer kan word.
Description
Keywords
Cardiovascular perfusion, Outcomes and essential content, Work integrated learning, Delphi process, Quantitative design with qualitative elements, Dissertation (M.HPE. (Health Professions Education))--University of the Free State, 2016
Citation