The high school teacher's role in maximizing learners' initiative in English second language classes in Lesotho
Loading...
Date
2000-11
Authors
Rantsoai, Ntsotiseng Mary-Goretti
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The introductory chapters of this study explain minimum and maximum learner initiative and the forms in which they can be identified in the language
teaching-Ieaming process. In other words, second language learners' and
teachers' positions in language classrooms are defined. In so doing the advantages
and disadvantages of maximum and minimum learner initiative were shown. The
repercussions of the traditional IRF pattern of interaction in English second language
classes are discussed in datal
Using Bowers (1987) as conceptual framework, the researcher proceeded to identify
the most recurrent pattems of interaction in Form E classes in some of the high
schools in Lesotho, with specific reference to lingual data. She audiotaped seven
pre-counselling lessons and seven interviews between the teachers and her. She
also gave a questionnaire to the students so that she could collect more data for
validation and triangulation purposes. The transcription of the lingual data, in
Bowers' (1987) pre-counselling phase, revealed that most of the teachers adhered to
the traditional IRF discourse cycle in English second language classes.
The analysis of the lessons, interviews and questionnaires led to Bowers' (1987)
counselling/intervention phase. It also made it easy for the teachers to identify their
learner initiative-minimizing techniques in language classes. This meant a detailed
discussion on maximizing and minimizing learner initiative and their effects in second
language learning. The teacher's role in maximizing leamer initiative was thus
emphasised. The researcher, then, suggested various ways in which the teachers
could maximize leamer initiative. They were also advised to set learning outcomes
so as to provide a guide for the implementation of these suggestions.
The intervention phase was followed by the post-counselling/intervention phase of
Bowers' model. Each of the seven teachers had his or her post-counselling lesson
recorded and transcribed. The main purpose was to make it easy for the researcher
and the teachers to evaluate the effectiveness of the intervention phase. Evidently
all the teachers had maximized leamer initiative through different techniques
although they could not implement all the suggested techniques.
One cannot tell whether the teachers still adhered to the notion of maximizing leamer
initiative after the researcher's departure. The researcher therefore recommended,
in this study, that second language teachers should receive regular counselling from
the inspectors, their colleagues in their schools and from other schools, and lecturers
from Lesotho College of Education and the National University of Lesotho. The need
for teachers' communicative and pedagogic competences to be developed is also
apparent from this study.
Afrikaans: Die inleidende hoofstukke van hierdie studie verduidelik minimum en maksimum leerderinisiatief en die vorme waarin dit geïdentifiseer kan word in die onderrigleerproses van die taal. Die posisie van tweedetaalleeders en van onderwysers in taalklaskamers word met ander woorde gedefinieer. In hierdie proses word die voordele en nadele van maksimum en minimum leerderinisiatief .aangetoon. Die reperkussies van die tradisionele IRF-patroon van interaksie in Engels tweedetaalklasse word in fynere besonderhede bespreek. Deur gebruik te maak van Bowers (1987) as konseptueie raamwerk, het die navorser voortgegaan met die identifikasie van die mees herhalende patrone van interaksie in Vorm E-klasse in sommige van die hoërskole in Lesotho met spesifieke verwysing na taaldata. Sy het vooraf sewe voorligtingslesse en sewe onderhoude tussen haar en die onderwysers op band opgeneem. Sy het die studente ook 'n vraelys laat invul met die oog daarop om meer data vir bekragtiging- en trianguleringsdoeleindes in te samel. Die transkripsie van die taaldata in Bowers se vooraf voorligtingsfase het aan die lig gebring dat die meeste van die onderwysers getrou gebly het aan die tradisionele IRFdiskoerssiklus in Engels tweedetaalklasse. Die analise van die lesse, onderhoude en vraelyste het tot Bowers (1987) se voorligtings-/intervensiefase gelei. Dit het dit ook vir die onderwysers maklik gemaak om hulle leerderinisiatiefverkleiningstegnieke in taalklasse te identifiseer. Dit het 'n bespreking in fynere besonderhede oor die vergroting of verkleining van leerderinisiatief en die uitwerking daarvan op die onderrig van die tweede taal beteken. Die rol van die onderwyser om leerderinisiatief te vergroot, is dus beklemtoon. Vervolgens het die navorser verskeie wyses voorgestel waarvolgens die onderwysers leerderinisiatief kon vergroot. Hulle is ook aangeraai om leeruitkomste daar te stel met die oog daarop om 'n gids vir die implementering van hierdie voorstelle te voorsien. Die intervensiefase is gevolg deur die na-voorligtings-/intervensiefase van Bowers se model. Elk van die sewe onderwysers het sy/haar na-voorligtingsles laat opneem en oorskryf. Die hoofdoel was om dit maklik te maak vir die navorser en die onderwysers om die effektiwiteit van die intervensiefase te evalueer. Klaarblyklik het al die onderwysers leerderinisiatief vergroot deur middel van verskillende tegnieke, alhoewel hulle nie al die voorgestelde tegnieke kon implementeer nie. 'n Mens kan nie sê of die onderwysers nog getrou gebly het aan die begrip van die vergroting van leerderinisiatief na die navorser se vertrek nie. Die navorser beveel dus in hierdie studie aan dat tweedetaalonderwysers gereelde voorligting van die inspekteurs, hulle kollegas in dieselfde skole en dié verbonde aan ander skole, asook van die dosente van die Lesotho College of Education en die National University of Lesotho behoort te ontvang. Die behoefte wat bestaan dat onderwysers oor kommunikatiewe en pedagogiese bekwaamhede moet beskik wat ontwikkel moet word, blyk ook duidelik uit hierdie studie.

Description
Keywords
English language -- Study and teaching (Secondary) -- Foreign speakers, English language -- Study and teaching (Secondary) -- Lesotho, Dissertation (M.A. (English))--University of the Free State, 2000