Die beeld van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat onder potensiële studente: die rol van die kommunikasiemedia
Loading...
Files
Date
Authors
De Wet, Gideon F. D.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The underlying processes of communication have been discussed
in this study. The image potential students have
of the UOFS: The role of the communication media. Attention
has been paid to interpersonal communication as
well as mass communication and their underlying elements.
In the process of the dissemination of information, public
relations has been discussed as being instrumental
in the diffusion of communication. Attention has been
paid to the organization as an open system which cannot
function in isolation.
The different phases of the public relations process
as well as the underlying processes of public relations
in the diffusion of innovations have been subject to
a close scrutiny. The model of Fourie (1982) has been
used as premise in indicating the different phases of
the public relations action.
Since the communication of public relations is aimed at
a particular public, it has the undertone of influencing
effective mutual relations. Change of attitude and the
phases of such attitude change have been studied. In
the process of attitude change several models have been
studied, but the model of Rogers and Shoemaker (1971)
has primarily been used in this study. Attitude change
is divided into four phases according to the abovementioned
model, viz. knowledge, influencing, decision
making and confirmation. The process of influencing does
not necessarily have to pass through all the phases for
attitude change to be accomplished, but can occur in any
of the phases. Attention has been paid to elements of
the innovations which have been communicated.
Public relations is merely an instrument which is used
by an organization or institution to create a particular
image of to bring about effective mutual relations.
This has been indicated in this study.
In the empirical survey 1639 respondents were questioned
of a questionnaire. The survey was aimed at determining
the various aspects which contribute to the
image of the UOFS. Several statistic surveys were conducted.
Some of the aspects which were researched,
include biographical particulars, study prospects, the
role played by the interpersonal communication media,
inter alia the influence of parents, family members,
teachers, the minister, the public relations officer of
the UOFS, etc. The influence of the mass media was
additionally researched. The internal publications of
the UOFS apparently had no great influence. On the
other hand the influence of the mass media was quite substantial.
The combined influence of the interpersonal
communication media and the mass media has also been
researched in this study.
Further studies should be conducted to determine which
of the potential students eventually enrol at the UOFS
and during which year at school pupils should be persuaded
to become students of the UOFS.
Afriaans: In die studie, Die beeld van die UOVS onder potensiële studente: Die rol van die kommunikasiemedia is die onderliggende prosesse van kommunikasie bespreek. Aandag is gegee aan interpersoonlike kommunikasie, sowel as aan massakommunikasie en die onderliggende elemente van elkeen. In die proses van inligtingverspreiding is skakelwerk as instrument tot die diffusie van kommunikasie bespreek. Aandag is gegee aan die organisasie as 'n oop sisteem wat nie in isolasie kan fungeer nie. Die fases in die skakelproses en ook die onderliggende dinamiese prosesse van skakelwerk in die diffusie van die innovasies is onder die soeklig geneem. Fourie (1982) se model is gebruik as uitgangspunt om die fases van die skakelaksie aan te toon. Skakelwerk, waarin die kommunikasie gerig is tot 'n bepaalde publiek, het ook dus die ondertoon van beinvloeding tot wedersydse goeie verhoudinge. Houdingsverandering en die fases van houdingsverandering is bestudeer. In die proses van houdingsverandering is verskeie modelle ondersoek, maar die model van Rogers en Shoemaker (1971), is primêr in die studie gebruik. Houdingsverandering word volgens bogenoemde model in vier fases ingedeel, naamlik, kennis, oorreding besluitneming en bevestiging. Die oorredingsproses hoef nie noodwendig al die fases te deurloos alvorens 'n verandering in houding intree nie, maar kan in enige van die genoemde fases voorkom. Aandag is ook in die studie gegee aan die elemente van die innovasies wat gekommunikeer word. Skakelwerk is slegs 'n instrument wat gebruik word deur 'n organisasie of instelling om 'n bepaalde beeld, of goeie wedersydse verhoudinge, te bewerkstellig. Dit is in die studie só aangetoon. In die empiriese ondersoek is 1639 respondente by wyse van 'n vraelys ondervra. Die ondersoek was daarop gemik om 'n verskeidenheid van aspekte, wat bydraend is tot die beeld van die UOVS, te bepaal. Verskeie statistiese ondersoeke is gedoen. Aspekte wat ondersoek is, is onder meer biografiese besonderhede, studievooruitsigte, die rol wat die interpersoonlike kommunikasiemedia speel, onder andere die invloed van die ouers, familie, onderwysers, predikant, skakelbeampte van die UOVS, ens. Verder is die invloed van die massamedia ondersoek. Die invloed van die interne publikasies van die UOVS was blykbaar nie baie hoog nie. Eksterne massamedia daarenteen het 'n baie groot invloed gehad. Die gesamentlike invloed van interpersoonlike kommunikasiemedia en massamedia is ook in die studie ondersoek. Opvolgondersoeke sal uitgevoer moet word om te bepaal watter potensiële studente hulle uiteindelik aan die UOVS inskryf, en in watter skooljaar die leerling bearbei moet word om na die UOVS te kom.