After the triumph: an anthropological study into the lives of elite athletes after competitive sport
Loading...
Date
2015-12
Authors
Grundlingh, Susanna Maria
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The decision to retire from competitive sport is an inevitable aspect of any professional
sportsperson’s career. This thesis explores the afterlife of former professional rugby players
and athletes (road running and track) and is situated within the emerging sub-discipline of the
anthropology of sport. I consider the elite sports culture within which athletes apply their
sporting trade and show how the everyday life of elite athletes is shaped by the mass media and
a culture of individualism. The elite sports culture informs how athletes perceive their bodies
after sports retirement. By drawing on the notion of the sports body as a machine I show that
professional rugby players disregard the potential future ailments that they may live with once
their rugby careers are over. The importance of social networks established during their
sporting careers is also explored with specific reference to the role that schools and universities
play in promoting social capital.
The research, moreover, hopes to contribute to knowledge about the afterlife of sportspeople
by considering the interconnectedness between elite athlete’s private decision to retire from
sport and the public representation of their sporting lives through sport heritage practices. The
study of sports heritage in South Africa has been a largely neglected and hitherto closed field
of study. The study concludes that the material culture of South African former sport heroes
enables them to live on near perpetuity, as they become symbolically immortalised through
sport heritage practices
Conceptually this thesis draws on the theory of social capital, the body, the notion of symbolic
immortality, and the politics of memory and heritage practices. Empirically, sport museums as
expressions of heritage are investigated with specific reference to the preservation of South
African rugby heritage at the Springbok Experience Museum in Cape Town and an analysis of
the Comrades Marathon House museum in Pietermaritzburg. Besides these, I also visited
places where the material culture of former South African sport heroes are exhibited. These
included the houses of sports collectors, community sport museums, corporate sport museum,
sport stadia and sport heritage exhibitions at prominent South African rugby schools and
universities. Semi – structured interviews were conducted with former professional rugby
players, athletes and sport heritage practitioners. Participant observation at sport events that
commemorated sportspeople of the past also substantiate the findings. Primary sources drawn
from the South African Rugby Board’s archives contributed to the understanding of rugby
heritage practices prior to the professional era.
Afrikaans: Die besluit om uit mededingende sport te tree is ‘n onvermydelike dimensie van enige sportpersoon se loopbaan. Hierdie tesis ondersoek die lewe na sport van voormalige professionele rugbyspelers en atlete (padwedlope en baan) en is gesitueer in die ontluikende sub-dissipline van die antropologie van sport. Ek betrag die elite sportkultuur waarbinne atlete hulle beroep beoefen en hoe die alledaagse lewe van elite atlete deur die massamedia en die kultuur van die inidvidu gevorm word. Die elite sportkultuur beïnvloed ook die wyse waarop atlete hulle liggame na uittrede bejeen. Deur te steun op die gedagte van die sportliggaam as ‘n masjien, toon ek aan hoe professionele rugbyspelers die potensiële toekomstige fisiese gebreke waarmee hulle na hulle loopbane gekonfonteer mag word, ignoreer. Die belangrikheid van sosiale netwerke wat tydens sportloopbane gestig word, word ook ondersoek met spesifieke verwysing na die rol wat skole en universiteite speel in die bevordering van sosiale kapitaal. Die navorsing hoop boonop om ‘n bydrae tot kennis oor die lewe na sport deur te let op die verwantskap tussen die elite atleet se privaat besluit om uit sport te tree en die openbare beelding van van hulle sportlewens deur sporterfnis praktyke. Die studie van sporterfnis in Suid-Afrika is nog grootliks verwaarloos en tot dusver ‘n geslote studieveld. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat die materiële kultuur van Suid-Afrikaanse voormalige sporthelde hulle in staat stel om tot tyd en ewigheid voort te leef in die vorm van simboliese onsterflikheid soos beliggaam in sporterfnis praktyke. Konseptueel ontleen die tesis insigte van die teorie van sosiale kapitaal, die liggaam, die gedagte van simboliese ontsterflikheid en die politiek van herinnering en erfnispraktyke. Empiries word sportmuseums as uitdrukkings van erfnis ondersoek met spesifieke verwysing na die bewaring van die Suid-Afrikaanse rugby erfnis by die “Springbok Experience Museum” in Kaapstad en ‘n ontleding van die Comrades Marathon huismuseum in Pietermaritzburg. Hierbenewens het ek ook plekke besoek waar die materiële kultuur van voormalige Suid-Afrikaanse sporthelde ten toon gestel word. Dit sluit in die huise in van persone wat sport memorabilia versamel, gemeenskap sportmuseums, sportstadiums en sporterfnis uitstallings by prominente Suid-Afrikaanse rugbyskole en universiteite. Semigestruktureerde onderhoude is gevoer met voormalige professionele rugbyspelers, atlete en sporterfnis praktisyns. Deelnemende observasie by sportgebeurtenisse waar voormalige sportpersoonlikhede herdenk is, het ook tot die bevindinge bygedra. Primêre bronne van die Suid-Afikaanse Rugbyraad Argief het eweneens tot begrip van rugbyerfnis praktyke voor die professionele era bygedra.

Description
Keywords
Sport heritage, Elite athletes, Retirement, Material culture, Social capital, Symbolic immortality, Rugby, Museums, Athletics, Thesis (Ph.D. (Anthropology))--University of the Free State, 2015