Die voorkoms van giste tydens hoenderproduksie
Loading...
Date
2000-12
Authors
Laubscher, Willem Diederik Froneman
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die verhoging in die plasing van die aantal hoenders per oppervlakte verhouding
in moderne pluimvee boerdery praktyke, skep In klimaat waar mikrobiese groei
(insluitend patogeniese mikroorganismes) gestimuleer word. Die stimulering van
mikroorganismes word veralopgemerk in respiratories geassosieerde vrektes in
groeihokke. Op grond van die verhoging in vrektes van jong kuikens is daar
gekyk na die mikrobiese populasies teenwoordig in die tracheas van groeihok
kuikens met spesiale karakterisering van die gis populasies teenwoordig.
Die data het aangetoon dat die tracheas van jong braaikuikens hoofsaaklik
besmet word deur die teenwoordigheid van gis species. Ten spyte van lae
populasies in die eerste weke na uitbroeiing, ontwikkel die gispopulasies vinnig
tot essensieel 'n klimaks populasie tydens die vierde week in die groeihokke. Die
karakterisering van die gispopulasies het daarop gedui dat die belangrikste
species blyk as volg te wees: Debaryomyces hansenii, Candida b/ankii,
Toru/aspora de/brueckii en Trichosporon beige/ii.
Omdat giste ook 'n belangrike bydrae maak tot die bederf van hoenderkarkasse,
en deel uitmaak van die normale mikrobiologiese populasie teenwoordig op die
eetbare hoenderkarkasse en hoenderstukke, is die voorkoms van hierdie flora
verder deur die prosesseringsaanleg gevolg. Alhoewel giste proporsioneel in
kleiner getalle voorkom as bakterieë, kan die giste as sekondêre populasie
ontwikkel wanneer die bakteriese populasie geinhibeer word soos gevind nadat
die karkasse onderdompel is in chloorbevattende immersie-wentelverkoelings
baddens tydens prosessering. Cryptococcus en Candida species domineer voor
verkoeling van die karkasse tydens ontvering en ontweiding terwyl
Debaryomyces species oorheers na verkoeling en tydens bevriessing. Die data
dui verder daarop dat die implementasie van chloor as ontsmettingsmiddel
tydens verkoeling geen invloed gehad het op die voorkoms van die gisspecies
nie. Die bronne van giskontaminasie in die onmiddelike omgewing van die
slag pale het dieselfde tipes van giste opgelewer as gevind op die karkasse.
Weens die abnormale hoë getalle giste gevind op die karkasse, en die beperkte
invloed van die ontsmettingsmiddels tydens verkoeling op die getalle van giste is
verskillende bruikbare ontsmettingsmiddels in die immersie-wentelverkoelings
bad ondersoek. Goeie inhiberende en dodings resultate is verkry met behulp van
meeste van die produkte. Slegs chloor dioksied het egter In genoegsame
dodingseffek gehad op Salmonella species en In betekenisvolle inhibering van
gisgetalle.
Description
Keywords
Microbial contamination, Meat hygiene, Food contamination -- Safety measures, Dissertation (M.Sc. (Microbiology and Biochemistry))--University of the Free State, 2000