'n Bedryfsielkundige ondersoek na die gevolge van vrywillig-beheerbare arbeidsomset vir tegnici in 'n diensorganisasie

Loading...
Thumbnail Image
Date
1992
Authors
Bothma, Filippus Cornelius
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Arbeid is die belangrikste hulpbron van enige organisasie omrede dit die ander hulpbronne aktiveer. Wanneer 'n vakature in 'n organisasie se postestruktuur bestaan, word 'n geskikte werknemer uit die arbeidsmark aangestel wat 'n salaris vir sy arbeid betaal word. Die verhouding kan nie vir ewig bestaan nie en in een of ander staduim kom dit tot 'n einde. Die proses staan bekend as arbeidsomset. Literatuur wat oor die onderwerp handel, is dit eens dat die proses sekere positiewe en negatiewe gevolge vir die werknemer en sy organisasie inhou. Baie min modelle bestaan oor arbeidsomsetgevolge en verskeie hipoteses oor.die onderwerp kom in die literatuur voor. Hierdie hipoteses oor arbeidsomsetgevolge is saamgevat in die literatuurgedeelte van die studie in modelle wat die positiewe en negatiewe gevolge vir die verlater, blyer, werkgroep, organisasie en die gemeenskap aandui. Die departement van Pos en Telekommunkasiewese ondervind al jare lank 'n arbeidsomsetprobleem. 'n Voorlopige studie het aangetoon dat die departement jaarliks honderde opgeleide tegnici weens arbeidsomset verloor. Dit het die navorsingsvraag laat ontstaan wat die gevolge van arbeidsomset deur tegnici vir die Departement is. Om die vraag te beantwoord, is dit in drie subdoelwitte verdeel. Die eerste subdoelwit het ten doel gehad om die werklike omvang van die verskynsel in die Departement te bepaal. Die tweede subdoelwit (wat verder in twee verdeel is) het ten doel gehad om te bepaal wat dit kos om 'n werknemer as 'n leerlingtegnikus aan te stel, op te lei as 'n tegnikus en hom weer deur middel van arbeidsomset aan die arbeidmark af te staan. Tweedens was die doelom te bepaal of daar'n verband tussen algemene salarisaanpassings en arbeidsomsetkoerse van tegnici is. Die derde subdoelwit het ten doel gehad om die verband tussen arbeidsomsetvoornemens en sekere individueleen groepveranderlikes te bepaal. Om subdoelwit een en twee te bereik is toepaslike data vanuit personeelregisters . onttrek, frekwensietabelle opgestel en in grafiese vorm aangebied waaruit die afleidings gemaak is. Wat subdoelwit III betref is toepaslike data met behulp van vraelyste vanuit die tegnicipopulasie bekom. Die data is statisties deur die Rekensentrum van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat verwerk. Die resulate het bevestig dat die departement wel met 'n arbeidsomsetprobleem te kampe het, maar dat dit grootliks tot die blanke bevolkingsgroep beperk is. As die probleem streeksgewys benader word, is die probleemgebiede die Witwatersrand, Transvaal en Natal. Met subdoelwit twee is bevind dat arbeidsomset die departement jaarliks miljoene rande uit die sak jaag. Algemene salarisaanpassings het volgens subdoelwit lI(b) nie veel gehelp om die probleem te beperk nie. Wat subdoelwit III betref, is dit bevind dat daar 'n betekenisvolle verband tussen arbeidsomsetvoornemens en die onderskeie individuele- en groepveranderlikes bestaan. Dit is duidelik dat die departement indringend aandag moet skenk aan die probleem van arbeidsomset, veral in die lig van die koste wat daaraan verbonde is. Algemene salarisaanpassings help nie veelom die probleem die hoof te bied nie en aandag sal daaraan geskenk moet word deur meer doeltreffende beheerstrategieë te ontwikkel. Die belangrikste beginsel wat in ondersoeke van die aard in die gedagte gehou moet word, is dat die populasies wat bestudeer word so homogeen as moontlik moet wees. 'n Moontlike oorsaak van die probleem is die indiensnemingsbeleid van die departement wat op nuwelinge in die arbeidsmark gerig is. Nuwe toetreeders tot die arbeidsmark is geneig tot arbeidsomset. Die werwingsaksie moet moontlik gemik word op werknemers wat al 'n periode in die arbeidsmark staan. Uit die studie is dit duidelik dat werknemers wat besluit het om te bedank se werktevredenheid afneem. Die vernaamste rede wat vir bedanking aangegee word, is ontevredenheid met salaris, wat as dit nie in die regte lig beskou word nie, tot ontoepaslike optredes kan lei. Die studiegebied oor arbeidsomsetgevolge is 'n braak veld wat vele geleenthede vir toekomstige navorsing bied.
Description
Dissertation (M.Com (Industrial Psychology))--University of the Free State, 1992
Keywords
Postal service -- South Africa -- Officials and employees -- Turnover, Work -- Psychological aspects
Citation