The use of HPLC for quality prediction of South African wheat cultivars

Master’s Dissertation
dc.contributor.advisorLabuschagne, M.T.
dc.contributor.authorMeintjes, G.D.
dc.date.accessioned2026-09-22T08:17:58Z
dc.date.issued2004-12-01
dc.description.abstract• Die hoofdoel van die studie was om te bepaal of SE-HPLC aangewend kan word vir kwaliteitsbepaling van Suid-Afrikaanse koring kultivars. • ‘n Broodkoring kultivar, ‘n kultivar vir cracker produksie en twee sagte koring kultivars is ontleed gedurende hierdie twee jaar eksperiment. • SE-HPLC is gebruik om proteïen ekstrakte van die meel ontleed. • SDS is gebruik tydens die eerste ekstraksie prosedure. Die SDS-onoplosbare proteïene was daarna met behulp van sonifisering geëkstraheer. • The SE-HPLC metode het die bergingsproteïene (beide SDS-oplosbare en SDS-onoplosbare) in vier duidelike fraksies verdeel volgens hul molekulêre gewig. Die vier fraksies (of pieke) het bestaan uit groter polimeriese proteïene (hoofsaaklik hoë molekulêre gewig gluteniene), kleiner polimeriese proteïene (hoofsaaklik lae molekulêre gewig gluteniene), groter monomeriese proteïene (hoofsaaklik gliadiene) en kleiner monomeriese proteïene (hoofsaaklik albumiene en globuliene). • Die koringmonsters is getoets vir 11 belangrike kwaliteitseienskappe. • Die verwantskappe tussen die hoeveelhede en grootte-verspreiding van polimeriese en monomeriese proteïene en kwaliteitseienskappe is bepaal. • Die invloed van verskillende stikstofbehandelings op die proteïenfraksies en kwaliteitseienskappe is vasgestel met behulp van SE-HPLC. • Die resultate het getoon dat beide die genotipe en die verskillende stikstofbehandelings gelei het tot betekenisvolle verskille in die kwaliteitseienskappe. 251 • Die effek van die genotipe of kultivar op die proteïenfraksies en kwaliteitseienskappe was egter baie belangriker en duideliker as die effek van die verskillende stikstofbehandelings. • Die totale stikstof-hoeveelhede wat toegedien is, het meer betekenisvolle resultate getoon as latere stikstoftoedienings. • Die SDS-oplosbare en SDS-onoplosbare polimeriese proteïene was ewe belangrik in die voorspelling van koringkwaliteit. • Die harde korings was gekenmerk deur ‘n verhoogde polimeriese:monomeriese proteïen-verhouding. • Die polimeriese proteïene (gluteniene) was sterk gekorreleer met deegsterkte en kwaliteitseienskappe soos alveogram P/L verhouding en alveogram sterkte. • Die groter monomeriese proteïene (gliadiene) was positief geassosieer met die sagte kultivars en het betekenisvol negatief gekorreleer met kwaliteitseienskappe soos valgetal, glasagtige korrels, alveogram P/L verhouding en alveogram sterkte. • Die groter monomeriese proteïene het positiewe korrelasies getoon met korrel-massa, korrel-deursnee en breekmeel. • SE-HPLC was ‘n relatief eenvoudige en objektiewe metode om die grootte-verspreiding van bergingsproteïene te bepaal. • SE-HPLC was ook baie effektief vir die voorspelling van koringkwaliteit. 252en_US
dc.description.sponsorshipNRF(National Research Foundation)en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/13412
dc.language.isoenen_US
dc.publisherUniversity Of the Free Stateen_US
dc.rights.holderUniversity Of Free Stateen_US
dc.subjectwheaten_US
dc.titleThe use of HPLC for quality prediction of South African wheat cultivarsen_US
dc.typeDissertationen_US
local.abstractLang.availableEnglish
local.abstractLang.coverage1 Language

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
meintjes.pdf
Size:
2.68 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.86 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: