'n Ondersoek na die wisselwerking van natriumdiklofenak en asetielsalisielsuur in die mens
Master’s Dissertation
| dc.contributor.advisor | Muller, F. O. | |
| dc.contributor.author | Muller, Douw Gerbrandt | |
| dc.date.accessioned | 2026-09-22T08:19:07Z | |
| dc.date.issued | 1980 | |
| dc.description.abstract | Afrikaans: Die moontlikheid van 'n farmakokinetiese wisselwerking tussen natriumdiklofenak en asetielsalisielsuur in die mens, na gesamentlike inname van die twee geneesmiddels, is ondersoek. Ook is moontlike meganismes van so 'n wisselwerking ondersoek. Dit is gevind dat aspirien 'n daling van sowat 75% in die Cmax en nagenoeg 50% in die AUC van diklofenak in die mens tot gevolg het. Die binding van natriumdiklofenak aan plasmaproteïene en die invloed van asetielsaIisielsuur daarop, is met behulp van 'n ultrafiltrasietegniek ondersoek. Dit is gevind dat diklofenak 99.3% gebonde is aan plasmaproteiene. Asetielsalisielsuur het geen invloed gehad op hierdie binding nie. Salisielsuur het egter 'n toename van 38% in die vrye diklofenak tot gevolg gehad. Die diklofenak-inhoud van rooibIoedselIe is ondersoek in die afwesigheid en in die teenwoordigheid van asctielsalisielsuur . Geen verandering in die hoeveelheid diklofenak kon aangetoon word nie. Dit wil dus voorkom asof die distribusievolume van diklofnak nie deur asetielsalisielsuur beinvIoed word nie. 'n Ondersoek na die uitskeiding v an diklofenak in gal van menslike pasiënte in die teenwoordigheid van aspirien, is uitgevoer. Geen toename in galvloei in die teenwoordigbeid van aspirien kon aangetoon word nie. Geen verhoging in die uitskeiding van diklofenak in die teenwoordigheid van aspirien kon aangetoon word nie. Dit is gevind dat maar sowat 0,3% van die dosis van diklofenak deur die gal uitgeskei word. 'n Verdere ondersoek met orale en intraveneuse 14C-natriumdiklofenak toediening, tesame met of sonder aspirien,het geen verskille in die oppervlakte onder die diklofenak konsentrasie-tyd krommes aangetoon nie. Hierdie verskynsel was waarskynIik as gevolg van 'n maskereffek deur die metaboliete van diklofenak. Die oksindool vorm van diklofenak is in die plasma geïdentifiseer. Redelik groot konnsentrasies van die oksindoolvorm is aangedui na beide orale en intraveneuse toedienings. Die totale kumulatiewe diklofenakuitskeiding het aangetoon dat minder diklofenak en metaboliete in die urine verskyn wanneer aspirien toegedien word as wanneer dikIofenak alleen gedoseer word. Ter verklaring van die resultate gevind, word twee hipoteses voorgestel naamlik: (a) dat diklofenak pre-sistemies gebiotransformeer word en/of (b) dat diklofenak baie vinnig en tot 'n groot mate in die sogenaamde "first pass effect" gebiotransformeer word, en dat die teenwoordigheid van asetielsalisielsuur en/of salisielsuur hierdie proses(se) "katalities" beïnvloed. | en_ZA |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/11660/13427 | |
| dc.language.iso | af | en_ZA |
| dc.publisher | University of the Free State | en_ZA |
| dc.rights.holder | University of the Free State | en_ZA |
| dc.title | 'n Ondersoek na die wisselwerking van natriumdiklofenak en asetielsalisielsuur in die mens | en_ZA |
| dc.type | Dissertation | en_ZA |
| local.abstractLang.available | English | |
| local.abstractLang.available | Afrikaans | |
| local.abstractLang.coverage | 1 Language |