‘n Morfologies-sistematiese analise van die komposisiestrukture in “vier pogings in linguistiese sinaps-opsporing” in Mede-wete (2014) deur Antjie Krog
dc.contributor.advisor | Pieterse, H. J. | |
dc.contributor.author | Richter, Cornelia Magdalena | |
dc.date.accessioned | 2022-02-18T12:01:51Z | |
dc.date.available | 2022-02-18T12:01:51Z | |
dc.date.issued | 2020-11 | |
dc.description.abstract | Afrikaans: Met die lees van Antjie Krog se bundel Mede-wete (2014) asook resensie-artikels wat daaroor geskryf is deur onder andere Helize van Vuuren (2014), Marlies Taljard (2014), Louis Esterhuizen (2014), Jacomien van Niekerk (2014), Louise Viljoen (2014 en 2016), Andries Visagie (2015), Ihette Jacobs (2015) en Susan Smith (2016), val dit die leser op dat Krog veral belangstelling toon in die werk van die Roemeens-gebore Duitse skrywer en vertaler Paul Celan (1920-1970). Paul Celan is ‘n digter en Holocaust-oorlewende uit ‘n Joodse familie en alhoewel hy reeds op ‘n jong ouderdom verskeie tale kon praat, het hy op aandrang van sy ma Duits gepraat en geskryf. Weens ‘n weersin in dié taal (die taal van sy ma se moordenaars), maar aan die anderkant ook ‘n liefde daarvoor (in herinnering aan sy ouers), skep hy ‘n nuwe taal deur sekere tegnieke te gebruik om woorde op te breek en iets “medemensliks” daaruit te kry. Volgens Krog sluit die tegnieke innoverende neologismes en morfologiese afwykinge in. Antjie Krog maak kennis met dié tegnieke tydens haar verblyf in Duitsland in 2008 en maak dit haar eie nadat sy privaatonderrig oor die werk van Celan ontvang en van sy gedigte vertaal. Dit is ook dié tegnieke wat die leser van Mede-wete beïndruk deur die wyse waarop Krog die taal en spesifiek woorde verander en nuut maak deur verskillende woordvormingsprosesse. Meer spesifiek is dit die wending weg van Standaardafrikaans wat Krog in die laaste afdeling, getiteld “vier pogings in linguistiese sinaps-opsporing”, neem. Tot dusver is daar nog nie navorsing oor hierdie proses beskikbaar nie. In hierdie studie word aandag gegee aan ‘n morfologies-sistematiese analise van die laaste afdeling in Mede-wete. Aan die hand van die morfologiese ontledings en woordvormingsreëls van J.H.G. Combrink (1990:53-58) word daar na die verskillende woordvormingsprosesse in Afrikaans gekyk. Volgens Combrink is daar verskillende komposisiestrukture, afhangende van die wyse waarop hierdie strukture gevorm is en word daar onderskei tussen drie hoof-woordvormingsprosesse, naamlik REDUKSIE (Akronieme, Knipsels, Truvorme of Inkortings), KOMBINASIE (Afleidings, Samestellings, Samestellende afleidings, Samestellende samestellings of Vloekwoordinlywing) en REDUKSIE-PLUS-KOMBINASIE (Reduksieafleidings, Reduksiesamestellings, Tegnoafleidings of Tegnosamestellings), asook ander prosesse soos VERSMELTINGS. ‘n Korpus van 196 leksikale items in die laaste gedigreeks, as verteenwoordige deursnit wat die vyf tipes kombinasie-prosesse insluit, word vanuit ‘n morfologiese perspektief belig en ook op ‘n semantiese vlak in konteks met die bestaande temas in die res van die bundel geëvalueer. Hieruit blyk dit dat sekere prosesse die digter-spreker gelei het na die vorming van dié nuwe woorde en is daar duidelik ‘n onderliggende morfologiese sistematiek te bespeur. So ‘n taalkundige ondersoek verbreed ‘n digterlik-gebaseerde onderwerp en dwing die leser om nog dieper te kyk na dit wat die digter-spreker nie net met digterlike styl kan vermag nie, maar ook met morfologiese woordhervorming om ‘n hele nuwe leksikon te skep. | en_ZA |
dc.description.abstract | English: By reading Antjie Krog‘s volume of poetry, Mede-wete (2014), as well as review articles written by Helize van Vuuren (2014), Marlies Taljard (2014), Louis Esterhuizen (2014), Jacomien van Niekerk (2014), Louise Viljoen (2014 and 2016), Andries Visagie (2015), Ihette Jacobs (2015) and Susan Smith (2016), it strikes the reader that Krog shows particular interest in the work of the Romanian-born German writer and translator Paul Celan (1920-1970). Paul Celan is a poet and Holocaust survivor from a Jewish family. Although he could speak several languages at a young age, he spoke and wrote German at his mother‘s insistence. Due to a dislike for this language (the language of his mother‘s killers), but also a love for it (in memory of his parents), he creates a new language by using certain techniques to break up words and get something "humane" out of it. According to Krog, these techniques include innovative neologisms and morphological deviations. In 2008 Antjie Krog became acquainted with these techniques during her stay in Germany after receiving private instruction on the work of Celan and translating some of his poems. These techniques impress the reader of Mede-wete, especially how Krog changes and renews words through word-formation processes. More specifically, it is the deviation from Standard Afrikaans that Krog uses in the last section, entitled "vier pogings in linguistiese sinaps-opsporing" ("four efforts in linguistic synapse tracing"). Till now, no research on this process is available. In this study, attention is paid to a morphological-systematical analysis of the last section in Mede-wete based on the morphological analysis and word-formation rules of J.H.G. Combrink (1990:53-58) which include REDUCTIONS (Acronyms, Clippings, Back-formations or Abbreviations), COMBINATION-FORMS (Derivations and Compounds) and other combination-forms like Reduction derivations, Techno derivations as well as Fusions. A corpus of 196 lexical items, as represented diameter, is analysed from a morphological-systematical perspective, but also on a semantical level to determine if Krog was led by certain processes in creating these neologisms. | en_ZA |
dc.description.sponsorship | Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) (literally South African Academy for Science and Arts) | en_ZA |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/11660/11438 | |
dc.language.iso | af | en_ZA |
dc.publisher | University of the Free State | en_ZA |
dc.rights.holder | University of the Free State | en_ZA |
dc.subject | Dissertation (M.A. (Afrikaans, Dutch, German and French))--University of the Free State, 2020 | en_ZA |
dc.subject | Mede-wete | en_ZA |
dc.subject | Antjie Krog | en_ZA |
dc.subject | Morfologies-sistematiese analise | en_ZA |
dc.subject | Woordvormingsprosesse | en_ZA |
dc.subject | Paul Celan | en_ZA |
dc.subject | Morphological-systematical analysis | en_ZA |
dc.subject | Innovative neologisms | en_ZA |
dc.title | ‘n Morfologies-sistematiese analise van die komposisiestrukture in “vier pogings in linguistiese sinaps-opsporing” in Mede-wete (2014) deur Antjie Krog | en_ZA |
dc.type | Dissertation | en_ZA |