Die beroepsverwagtings en -oriëntering van senior leerlinge in Qwaqwa
Loading...
Date
1982-01
Authors
Verwey, Madeline
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 'n Literatuurstudie sowel as 'n empiriese ondersoek in Qwaqwa
is gedoen om vas te stel of:
- daar 'n verband bestaan tussen die beroepsverwagting van
leerlinge en hul kennis aangaande die beroepswêreld,
- daar 'n verband bestaan tussen die invloede van buite en
die beroepsverwagtings van leerlinge,
- daar 'n verband bestaan tussen die voorkeure van leerlinge
ten opsigte van praktiese-, kommunikatiewe- en teoretiese
beroepe en hul beroepskeuse.
Skoolvoorligting is sedert 1981 in Qwaqwa en ook landwyd in
die skole vir Swartes ingestel. Die vrees bestaan dat skoolvoorligting dieselfde pad sal loop as wat in so baie lande
die geval is, naamlik dat die voorligtingperiode uiteindelik
'n minderwaardige plek sal moet inneem naas die ander eksamineerbare skoolvakke.
Vir die bedryfsielkundige is veral die beroepsvoorligtinggedeelte van skoolvoorligting van belang omdat die geleentheid hier beskikbaar is om met die toekomstige mannekrag
kontak te maak. Velerlei van die probleme wat in die bedryf
met werknemers ondervind word, kon uitgeskakel gewees het,
indien voldoende beroepsvoorligting vroegtydig gegee was.
Die teleurstelling van die werknemer in 'n sekere beroep is
dikwels baie groot en dit nadat daar vir hom geen kans tot
terugkeer is nie.
Die onrealistiese beroepsverwagtings van leerlinge dui daarop
dat menige leerling wel teleurgesteld anderkant sal uitkom.
Verskeie faktore beïnvloed die realisme van hul beroepsverwagtings soos die gemeenskap waarbinne hulle hul bevind,
die ouerhuis, geslag, portuurgroep, verwagte loonskale, die
skool, die onderwyser en die kommunikasiemedia. Die beroepsvoorligter moet nie slegs hierdie faktore in aanmerking neem
nie, hy moet hulle nuttig aanwend sodat beroepsvoorligting
uiteindelik kan deurbreek tot beroepsoriëntasie.·
Die beste metode waardeur beroepsoriëntering kan plaasvind,
is om aan die leerling voldoende kennis te verskaf sodat hy
in staat sal wees om self 'n realistiese besluit te neem.
Omdat die leerling se vakkeuses vroegtydig reg geneem moet
word, word aanbeveel dat die leerling 'n aantal voorlopige
en korttermynkeuses sal maak wat minstens die rigting kan
aandui van sy toekomstige beroep. Namate die leerling ouer
word en sy kennis vermeerder, kan hierdie keuse verfyn word.
Hierdie metode word in Denemarke gevolg.
In Qwaqwa is gevind dat die kennis van leerlinge oor die hoë
professionele beroepe relatief swak was, nieteenstaande die
hoë verwagtings wat hulle van hierdie beroepe koester. Selfs
die leerlinge wat mediese dokter wou word se kennis van die
beroep mediese dokter was swakker as hul gemiddelde kennis
van drie beroepe. Die kennis van die beroep onderwyser is
realisties vir die huidige, maar onrealisties vir die toekoms omdat die huidige situasie in Qwaqwa nie ooreenstem met die vereistes wat vir die onderwysberoep gestel word nie.
Die beroepsverwagtings van leerlinge in Qwaqwa hou nie
realisties tred met die werksgeleenthede beskikbaar nie.
'n Groot teenkanting bestaan steeds teen tegniese beroepe.
Beroepsvoorligting kan tesame met die beroepsoriënteringsentrum reeds op skool 'n bydrae lewer om leerlinge realisties te orïenteer.
Die empiriese studie het ook aangetoon dat daar wel 'n verband bestaan tussen die voorkeure van leerlinge ten opsigte
van praktiese-, kommunikatiewe- en teoretiese beroepe.
Hierdie beroepsindeling kan nuttig gebruik, word in die
aanbieding van beroepsvoorligting.
Description
Keywords
Vocational guidance -- South Africa -- Qwaqwa, Counseling -- Vocational guidance -- South Africa -- Qwaqwa, High school students -- South Africa -- Qwaqwa, Dissertaton (M.Com. (Industrial Psychology))--University of the Free State, 1982