Grammatikale en leksikale verskynsels in die Afrikaans van 'n groep Tswanastudente in Kimberley

Loading...
Thumbnail Image
Date
2001-05
Authors
Bessinger, Johanna Elizabeth Cornelia
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: This study examines the Afrikaans of a group of Tswana students (TswaA) at Phatsimang College of Education in Kimberley. The sample group live in a language situation in which they are constantly exposed to contact with various languages and varieties. A study of grammatical and lexical phenomena in their usage reflects this contact. The aim of this study is to produce a morphological, syntactical and lexical description of the TswaA variety, to determine its typical characteristics and to compare it with Standard Afrikaans and with other languages, such as English, and dialects such as Griqua Afrikaans and Cape Afrikaans. The data base thus compiled can be used in the teaching situation at the college. A short historical background of the Tswana is provided in Chapter 2 in order to explain the influence of the course of their history on their use of language and language preferences. Some socio-economic and linguistic information regarding the Tswana language community is also provided. Chapter 3 outlines the research procedure. The TswaA variety is predominantly the product of language contact; therefore special attention is paid in Chapter 4 to language modification with specific reference to language contact processes, namely borrowing and interference resulting from incomplete language assimilation. After this, interlanguage theory, mother tongue interference in L2 acquisition, language shifts and pidginisation are discussed. Then the reasons for language shifts, as well as the processes by which language modifications spread through a community, are examined. Finally, the effect of this contact situation on TswaA is briefly reviewed. In Chapters 5, 6 and 7 the written and spoken data obtained from the sample group are examined and described from the perspectives of morphology, syntax and semantics. Significant differences from Standard Afrikaans, as well as points of correspondence with Griqua Afrikaans and Cape Afrikaans are indicated. With regard to morphology, the formation of plurals, diminutives and compounds, flexion and derivation are examined. Syntatic variation is discussed with reference to prepositions, pronouns, negation, the infinitive, the article and certain striking phenomena in verb use and word order within sentences. With regard to compounds and derivations, the creation of new words is characteristic of the semantic variation in TswaA, as is ingenuity in the creation of own expressions. Existing South African lexical items undergo broadening of meaning in TswaA to compensate for limited vocabulary. Typical characteristics found in TswaA reflect the influence of contact with other variaties and languages. Contact with Griqua Afrikaans is evident in morphological and syntactic correspondence, for example, the double diminutive, the hypercorrect ge- in the formation of the past tense, foregrounding of the te in the infinitive construction and the heaping up of the connectives loop and gaan. Constructions which are typical of Cape Afrikaans, but also occur in GA, and which have a high frequency in TswaA, are the use of is and hel in infinitive constructions instead ofwees and hĂȘ and the weak past tense form gehel instead of gehad. The influence of English is apparent in numerous grammatical phenomena, such as the omission of the second nie in negative constructions, the use of prepositions, the use of was in place of is in the past tense of passive constructions, as well as in the many instances of derivation and borrowing and arbitrary code switches that occur. TswaA is also a learner variety and reveals typical interlanguage characteristics, for example periphrastic marking in the indication of number and diminution, elevation of gender differentiation in the pronominal system, typical periphrastic forms such as prepositional division and the high frequency of unaltered SVO word order. However, from the absence of other typical interlanguage characteristics such as a high frequency ofpassive and copulatory constructions, it would seem that this variety has already undergone development and extension Mother tongue interference leads, for example, to direct translation of the mother tongue pattern, as can be seen in the anaphoric use of the pronoun and noticeable differences in word order from Standard Afrikaans. These findings can serve as a data base and as guidelines in the teaching situation at the Phatsimang College. of Educati on.
Afrikaans: In hierdie studie word die Afrikaans van 'n groep Tswanastudente (TswaA) van Phatsimang Onderwyskollege in Kimberleyondersoek. Die proefgroep verkeer in 'n taalsituasie waarin hulle gedurig aan taalkontak met verskeie tale en variĂ«teite blootgestel word. 'n Ondersoek na die grammatikale en leksikale verskynsels in hulle taalgebruik weerspieĂ«l hierdie kontak. Die doel van hierdie studie is om 'n beskrywing van die variĂ«teit TswaA te gee op morfologiese, sintaktiese en leksikale vlak, die tipiese kenmerke daarvan vas te stel en dit met Standaardafrikaans te vergelyk. Die rol van Engels en variĂ«teite soos Griekwa-Afrikaans en Kaapse Afrikaans word ook nagespeur. Die databasis wat daargestel word, bied waardevolle materiaal vir die onderrigsituasie. In hoofstuk 2 word 'n kort historiese agtergrond van die Tswana gegee om sodoende die invloed wat die verloop van hulle geskiedenis op hulle taalgebruik en taalvoorkeure gehad het, toe te lig. Enkele sosio-ekonomiese en linguistiese gegewens aangaande die Tswanataalgemeenskap word ook verstrek. In hoofstuk 3 word die navorsingsprosedure uiteengesit. Die variĂ«teit TswaA is hoofsaaklik die produk van taalkontak; gevolglik word in hoofstuk 4 by taalverandering, met spesifieke verwysing na taalkontakprosesse, naamlik ontlening en taalversteuring as gevolg van onvoldoende taalverwerwing, stilgestaan. Die intertaalteorie, moedertaalinterferensie in T2-aanleer, taalverskuiwing en pidginisering word vervolgens bespreek. Daarna word gekyk na die redes vir taalverskuiwing, asook die prosesse waardeur taalverandering deur 'n gemeenskap versprei. Ten slotte word 'n kort oorsig gegee van die wyse waarop hierdie kontaksituasie in TswaA neerslag vind. In hoofstukke 4,5 en 6 word die geskrewe en gesproke data wat van die proefgroep verkry is, op morfologiese, sintaktiese en semantiese vlak ondersoek en beskryf Beduidende verskille met Standaardafrikaans, asook ooreenkomste met Griekwa-Afrikaans en Kaapse Afrikaans word aangetoon. Op morfologiese vlak word meervoudsvorming, verkleining en kompositavorming, fleksie en afleiding ondersoek. Sintaktiese variasie word aan die hand van die gebruik van voorsetseIs, voornaamwoorde, negativering, die infinitief, die lidwoord, asook sekere opvallende verkynsels in sinsvolgorde en werkwoordgebruik, bespreek. Die semantiese vlak word gekenmerk deur die hoĂ« voorkoms van komposita, afleidings en eie skeppings, asook vindingryke eie uitdrukkings. Bestaande leksikale items in SA ondergaan betekenisverruiming in TswaA as gevolg van gebrek aan die nodige woordeskat. . Tipiese kenmerke wat in TswaA vasgestel is, weerspieĂ«l die invloed van kontak met ander variĂ«teite en tale. Kontak met Griekwa-Afrikaans blyk uit ooreenkomste op morfologiese en sintaktiese vlak, byvoorbeeld die dubbele diminutief, die hiperkorrekte ge- by verledetydvorming, vooropplasing van die te in die infinitiefkonstruksie en die stapeling van die skakelwerkwoorde loop en gaan. Konstruksies wat tipies is van Kaapse Afrikaans, maar wat ook in GA voorkom, en wat 'n baie hoĂ« gebruiksfrekwensie in TswaA het, is die gebruik van is en het in infinitiefkonstruksies teenoor wees en hĂȘ en die die swak verledetydsvorm gehet teenoor gehad in SA. Die invloed van Engels blyk uit talle grammatikale verskynsels, soos onder andere die weglating van die tweede nie in ontkenningskonstruksies, voorsetselgebruik, die gebruik van was teenoor is by die verlede tyd van die passiefkonstruksie, asook uit talle voorbeelde van ontlening en willekeurige kodewisseling wat voorkom. TswaA is ook 'n aanleerdersvariĂ«teit en vertoon tipiese intertaalkenmerke, byvoorbeeld perifrastiese markering in getalsaanduiding en verkleining, opheffing van geslagsonderskeiding in die pronominale sisteem, tipiese perifrastiese vorme soos setselskeiding en die hoĂ« voorkoms van die onveranderlike SVO-sinsvolgorde Uit die afwesigheid van ander tipiese intertaalkenmerke, soos die hoĂ« voorkoms van passief- en kopulakonstruksies blyk dit dat hierdie variĂ«teit reeds ontwikkeling en uitbreiding ondergaan het. Moedertaalinterferensie lei byvoorbeeld tot direkte vertaling van die moedertaalpatroon soos blyk uit 'n spesifieke anaforiese gebruik van die voornaamwoord en opvallende woordordeverskille met SA. Hierdie bevindinge kan dien as databasis en as vertrekpunt in die onderrigsituasie aan die Phatsimang Onderwyskollege.
Description
Keywords
Language and languages -- Variation, Linguistic change, Afrikaans language -- Variation, Dissertation (M.A. (Afrikaans, Dutch and Modern European Languages))--University of the Free State, 2001
Citation