'n Regsvergelykende studie aangaande die leerstuk lig van die korporatiewe sluier
Loading...
Date
2013-02
Authors
Keuler, Anel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Lifting of the corporate veil as an exception to the rule of limited liability surely is one of the most litigated issues in corporate law worldwide. The reason being the lack in predictability and sturdy rules that can be used as guidelines when setting aside the corporate veil. The common approach of courts is to determine each case on its own merits which left the doctrine of lifting the corporate veil enveloped in the mist of metaphor, unpredictable and vague. As an answer to the need for sturdy guidelines section 20(9) was implemented in die 2008 Companies Act stating that the separateness of a legal person can be set aside if an unconscionable misuse of the corporate personality has taken place. Section 20(9) however does not state what exactly will be deemed as an unconscionable misuse. The interpretation of unconscionable misuse is there for left to the courts discretion.
The aim of this study is to find answers to this vagueness and uncertainty by identifying possible grounds or guidelines for lifting of the corporate veil. During this comparative study attention is also given to the legal state of matters regarding lifting of the corporate veil in Australia, the United States of America and Canada to identify useful guidelines and principles which will assist the South-African courts in setting aside the corporate veil. The Australians considers the proceeding of business under insolvent circumstances as a statutory ground for lifting the veil.
The American courts also show support for fraud as a ground for lifting the corporate veil. A solid Canadian ground for lifting the corporate veil is in the family context where one party would unjustly suffer a loss if the other parties company is treated as a separate entity. The Canadians also considers tax evasion and not adding the suffix “Ltd” to the company name as grounds for lifting the corporate veil. These mentioned grounds for lifting the corporate veil can surely be adopted by the South-African courts as part of a sturdy set of guidelines.
Afrikaans: Lig van die korporatiewe sluier as uitsondering tot die beginsels van afsonderlikheid en beperkte aanspreeklikheid is een van die mees gelitigeerde korporatiewe kwessies wêreldwyd. Die rede hiervoor is vanweë die gebrek aan konkrete riglyne en/of gevestigde beginsels waarvolgens lig van die korporatiewe sluier daadwerklik kan en mag geskied. Tot op hede het die howe elke saak op ‘n ad hoc basis beslis na gelang van eiesoortige feite. Dit het daartoe gelei dat ontsluiering deur vaagdhede en inkonsekwenthede oorskadu is. As antwoord op die behoefte aan statutêre riglyne het die wetgewer artikel 20(9) in die 2008 Maatskappywet geïmplimenteer wat bepaal dat daar weggedoen kan word met die regspersoon se afsonderlikheid indien daar ‘n gewetenlose misbruik van die korporatiewe afsonderlikheid plaasgevind het. Artikel 20(9) het egter bepaalde gebreke deurdat dit nie ‘n omskrywing van ‘n gewetenlose misbruik bevat nie en derhalwe is die interpretasie van ‘n gewetenlose misbruik weereens in die hande van regters se gemeenregtelike diskresie gelaat. Nog ‘n probleem is dat regspraak nie as navolgenswaardige presedente geag word nie deurdat elke saak op eie meriete beslis word. Ten einde antwoorde te vind op die gestelde onsekerhede en vaagdhede, is daar met die studie gepoog om moontlike gronde en/of riglyne uit bestaande Suid-Afrikaanse regspraak te identifiseer waarvolgens lig van die korporatiewe sluier daadwerklik beveel sal word. Tydens die regsvergelykende studie is daar ook gelet op die regsposisie in geselekteerde regstelsels ondermeer Australië, die Verenigde State van Amerika en Kanada ten einde vas te stel hoe die bepaalde onderwerp aldaar hanteer word en/of die geïdentifiseerde jurisdiksies waardevolle riglyne en/of beginsels het wat in die Suid-Afrikaanse reg oorgeneem kan word as oplossing op die vaagdhede en onsekerhede wat ontsluiering omvou. ‘n Navolgenswaardige grond vir ontsluiering in Australië is die statutêr gestelde standaard dat insolvente handel lig van die korporatiewe sluier regverdig. In Suid-Afrika word die bedrieglike handel onder insolvente omstandighede subjektief gesuggereer as ‘n geldige grond vir ontsluiering. Die Amerikaners se intrinsieke regverdigheidstoets en hul armlengte-toets vir die vasstelling of daar ‘n vertrouenskending tussen die houermaatskappy en sy filiaal was stel navolgenswaardige riglyne vir Suid-Afrika daar. Voorts maak die Amerikaners ook gebruik van billikheidstoetse wat ondermeer insluit die lack-of-fraud toets; die sake-oordeelreël; die intrinsieke regverdigheidstoets en die intrinsieke gelykheidstoets om te bepaal of daar ‘n vertrouenskending plaasgevind het. Die Amerikaanse howe toon ook sterk steun vir die teenwoordigheid van bedrog alvorens ontsluiering beveel sal word. ‘n Gegronde Kanadese ontsluieringsgrond wat deur Suid-Afrika as navolgenswaardig geag kan word, is ontsluiering in die huwelikskonteks waar een gade byvoorbeeld benadeel word deurdat die ander gade se maatskappy waarvan die familiewoning deel uitmaak as ‘n afsonderlike entiteit hanteer word. Leersaam vanuit die Kanadese se benadering tot ontsluiering is ook die statutêr gestelde grond dat die nie-voldoening aan korporatiewe formaliteite byvoorbeeld die nalate en/of versuim om die omsigtigheidsagtervoegsel “Ltd” aan te bring as genoegsaam geag word om die verontagsaming van die maatskappy se afsonderlikheid te regverdig. Voorts ag die Kanadese belastingontduiking as ‘n statutêre ontsluieringsgrond waar dit in Suid-Afrika bloot gesuggereer word deur dit tuis te bring onder die bedrieglike en/of onbehoorlike kategorie vir ontsluiering.

Description
Keywords
Corporation, Company, Legal person, Legal personality, Incorporation, Limited liability, Lifting of the corporate veil, Common law, Directors, Misuse, Unconscionable misuse, Parent company, Subsidiary, Interested person, Agency, Care and skill, Good faith, Alter ego, Control, Sham company, Breach of fiduciary duty, Improper or fraudulent use, Thesis (LL.D. (Mercantile Law))--University of the Free State, 2013