Carl Borckenhagen se rol as redakteur van De Express tydens die bewind van Presidente F.W. Reitz en M.T. Steyn

dc.contributor.advisorMarais, A. H.
dc.contributor.authorStrauss, Anna Catharina Petronella
dc.date.accessioned2015-11-24T06:01:52Z
dc.date.available2015-11-24T06:01:52Z
dc.date.copyright1991
dc.date.issued1991
dc.date.submitted1991
dc.description.abstractAfrikaans: Carl Borckenhagen wat in 1873 uit Duitsland na die Vrystaat geëmigreer en daar 'n ware Afrikaner en republikein geword het, het tot met sy oorlye aan die begin van 1898 'n besondere bydrae tot die opbou van die modelrepubliek en die verstewiging van republikanisme gelewer. Hy is deur sy tydgenote as 'n voorste kampvegter vir republikanisme en teen imperialisme bestempel. As eienaar en redakteur het hy De Express en Vrystaatsche Advertentieblad omskep i ndie invloedrykste republikeinse mondstuk in Suid-Afrika en die koerant met die grootste oplaag in die Vrystaat. Sy joernalistieke vermoëns is uit all oorde aangepry. Hy het die gevoelens van die meerderheid Vrystaters met fyn aanvoeling vertolk en in sy koerant weergegee. Aan die anderkant was hy dié toonaangewende meningsvormer in die Republiek en het hy groot invloed op die volk, hulle leiers en veral presidente Reitz en Steyn uitgeoefen. Talle van sy voorstelle het neerslag in wetgewing gevind. Sy mening het ook gewig gedra by die Transvaalse regering en Kaapse leiers soos J. H. Hofmeyr en sir Henry de Villiers. Op elke terrein vna die lewe in die Vrystaat het hy sy stempel afgedruk. Op politieke gebied het hy sy volksgenote opgevoed en aangemoedig om 'n aandeel te hê in die besluitnemingsproses. Hy het 'n duidelike visie gehad van die ideale binne- en buitelandse beleid vir die Republiek, naamlik die opbou van die land op elke vlak, vriendskaplike samewerking, boweal met die susterrepubliek maar ook met die kolonies en 'n duidelike boodskap aan Groot Brittanje dat die republieke hulle onafhanklikheid as ononderhandelbaar beskou het, maar ook bestaande Britse regte in Suid-Afrika erken het. Onderwys was vir hom 'n prioriteit; daarom het hy deurgaans gepleit dat die Volksraad aan Vrystaatste kinders die geleentheid moes gee om die beste moontlike opvoeding te bekom. Hy was 'n voorstaander van gedifferensieerde onderwys, byvoorbeeld praktiese onderwys vir kinders wat nie die visier op 'n professionele loopbaan gerig het nie. Verder was hy gekant teen privaatskole waardeur vreemde invloede die Republiek binnegedring het. Hy het 'n aandeel gehad in die totstandkoming van 'n aantal skole en het as kurator 'n groot diens aan Greykollege gelewer. Op ekonomiese gebied het hy hom beywer vir die verbetering van boerderytoestande en die totstandkoming van 'n tolunie, spoorweë en 'n nasionale bank. Hy het op talle rade, kommissies en direksies gedien en 'n voorbeeld as boer en sakeman gestel. Hy was 'n kultuurleier en omdta hy aan 'n gebalanseerde lewenswyse geglo het, het hy ook sy deel bygedra tot die bevordering van sport. Hy was trots op sy stad en het alles in sy vermoë gedoen om dit te help uitbou tot die waardige hoofstad van 'n modelrepubliek. Tydgenote, of hulle sy ideale onderskryf het of nie, was dit eens dat Borckenhagen 'n onberekenbare invloed in die Vrystaat en elders in Suid-Afrika uitgeoefen het.af
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/1746
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectBorckenhagen, Carlen_ZA
dc.subjectDe Expressen_ZA
dc.subjectNewspaper publishing -- South Africa -- Orange Free State -- Biographyen_ZA
dc.subjectOrange Free State -- History -- 1864-1888en_ZA
dc.subjectThesis (D.Phil. (History))--University of the Free State 1991en_ZA
dc.titleCarl Borckenhagen se rol as redakteur van De Express tydens die bewind van Presidente F.W. Reitz en M.T. Steynaf
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
StrausACP.pdf
Size:
8.36 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: