'n Ondersoek van sekere antigeniese eienskappe van bloutongvirus
Loading...
Date
1976
Authors
Van der Walt, Nicolaas Tjaart
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Die biologiese stabiliteit van die virus wat gedefinieer is as sy vermoë om sy
infektiwiteit te behou is onder verskillende toestande bepaal. Die virus is aan 'n
bepaalde toestand onderwerp en dan is na verskillende tussenposes bepaal hoeveel
infektiwiteit behoue gebly het. Die bepalings verskil van vorige werk veral in die
tegniek wat gebruik is en deur die gebruik van onsuiwer virus. Dit is gevind dat die
virus stabielste in 'n pH gebied van 8-10 is. Die grense vir stabiliteit by verskillende
temperature is redelik wyd, nl. van 4C tot 32C. By 37C is die virus egter relatief
onstabiel. Molariteite van 2 mM tot 150 mM beinvloed nie die infektiwiteit van die
virus nie, maar by 200 mM tot 1 000 mM word laer titers gemeet, wat dui op moontlike
aggregasie.
Die stabiliteit van die virus is belangrik wanneer die invloed van verskillende
kontakkondisies op die neutralisasie reaksie ondersoek word. Dit is vervolgens gedoen.
Meer neutralisasie vind plaas by pH 7,0 as by pH 8 - pH 10. Alhoewel die verskil
klein is, bevorder 'n soutkonsentrasie van 150 mM neutralisasie in vergelyking met
10 mM, 50 mM en 100 mM. 'n Vergelyking van die hoeveelheid neutralisasie
wat plaasvind by 4C en 28C toon dat temperatuur geen invloed het op die hoeveelheid
neutralisasie nie. Neutralisasie het ook ewe vinnig by albei temperature plaasgevind.
Deur verskillende kontakkondisies te vergelyk is gepoog om die neutralisasie toets meer
sensitief te maak. Die neutralisasie toets is belangrik aangesien dit baie algemeen in studies oor
die immuunreaksie gebruik word. In hierdie studie oor die immuunreaksie is dit ook
meesal gebruik.
Verskillende aspekte van die immuunreaksie is ondersoek. Eerstens
is gekyk in watter mate die manier van toediening van antigeen die immuunreaksie
wat daarop volg beïnvloed. Dit is gevind dat die roete van toediening die grootte
van die reaksie wat daarop volg beïnvloed. 'n Binne-aarse inspuiting het 'n hoër reaksie
uitgelok as 'n onderhuidse inspuiting. Die suiwerheid van die virus skyn nie belangrik
te wees ten opsigte van die hoogte van die reaksie wat uitgelok word nie en ook nie
die titer van die inokulum nie. Dit is verder gevind dat daar min verskil is tussen die reaksie van individuele konyne in hul reaksie teenoor btv. Dit het geblyk dat hul reaksie van dieselfde grootte orde is. Ondersoek is ook ingestel na die rolle van IgM en IgG in die immuunreaksie
teen BTV. Dit is gevind dat ten opsigte van neutralisasie IgM vroeg in die reaksie die
belangrikste rol speel, maar later IgG. Ten einde teenliggaamaktiwiteit te kan bepaal, anders as deur die virusneutralisasie
toets, is 'n tegniek van immuunelektronmikroskopie ontwikkel. Dit is suksesvol
op die BTV-teenliggaam sisteem toegepas en daar is gevind dat die reaksie serotipe
spesifiek is. Daarna is gepoog om die tegniek te gebruik om teenliggame vroeg na BTV
toediening aan te dui, aangesien die neutralisasie toets nie kon nie. Geen teenliggaam
aktiwiteit. kon egter aangedui word op hierdie wyse nie.
Description
Keywords
Antigenic, Antigenic determinants, Antigen-antibody reactions, Dissertation (M.Sc.Agric. (Agriculture))--University of the Free State, 1976