Die strukturering van 'n geïntegreerde blanke residensiële en woonhuismodel vir Windhoek. 'n Faktorekologiese universumstudie van die 1975-sensusopnames

dc.contributor.advisorSenekal, W. F. S.
dc.contributor.authorDe Kock, J.
dc.date.accessioned2021-01-12T11:05:36Z
dc.date.available2021-01-12T11:05:36Z
dc.date.issued1979-09
dc.description.abstractAfrikaans: Die doel van hierdie navorsing is die hiërargiese differensiëring van Windhoek se blanke woongebiede en 'n ontleding van die prosesse wat dusdanige vormmanifestasies onderlê. Aardrykskunde het ontwikkel vanuit 'n beskrywende wetenskap tot 'n dinamiese teorie-gerigte studiegebied, veral op die gebied van die menslike en stedelike geografie. Die implementering van statistiese modelle en die toenemende gebruik van die rekenaar in die onteldingsprosesse van gespesialiseerde navorsingsprojekte binne geografiese verband, tipeer die teorie-gerigtheid van moderne aardrykskunde. Die belangstelling van die stadsgeograaf in die ruimtelike ordening van die stadsbevolking spruit uit 'n ontleding van die sosiologies gerigte modelle van Park, Burgess, Skevky, Bell en andere en die ontplooiing van "eie" modelle soos in faktorekologie vergestalt, sowel as die strukturering van die teorie van residensiële orïentering wat kontemporêre stedelike ekologie onderlê. Kenmerkend van hierdie latere tegnieke is die groot data-massa wat met behulp van statistiese tegnieke in 'n meer hanteerbare vorm verwerk is, waar 'n kleiner groep veranderlikes as verteenwoordigend van die groter data-massa beskou word. Die data van die sensusopname wat deur die munisipaliteit van Windhoek gedurende Mei 1975 vrygestel is, vorm die bron van die veranderlikes wat in hierdie faktorekologiese studie onderneem is. Die drie klassieke statusfaktore, naamlik sosio-ekonomiese status, gesin- en etniese status, sowel as die hipotese met betrekking tot woonbuurt status, word na aanleiding van hulle ruimtelike voorkoms in Windhoek bespreek. Deur die sosio-ekonomiese veranderlikes in die datamatriks met behulp van hoofkomponentanalise te verreken en daarna Andrews se bondelanalise op die komponenttellings toe te pas kon die gevolglike patrone met behulp van die x-waardes van genoemde komponenttellings hiërargies geklassifiseer word. Hiervolgens kon ordegroepe binne Windhoek se blanke woonbuurtes sowel as die prosesse wat genoemde vormmanifestasies onderlê, bepaal word.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/10904
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (Geography))--University of the Free State, 1979en_ZA
dc.subjectCity planning -- Namibia -- Windhoeken_ZA
dc.subjectLand use, Urban -- Southern Africa -- Windhoeken_ZA
dc.subjectHousing -- Namibia -- Windhoeken_ZA
dc.titleDie strukturering van 'n geïntegreerde blanke residensiële en woonhuismodel vir Windhoek. 'n Faktorekologiese universumstudie van die 1975-sensusopnamesen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
DeKockJ.pdf
Size:
7.05 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: