Rekreasie- en sportvoorkeure van swartmense in die Suid-Oranje-Vrystaat

dc.contributor.advisorBloemhoff, H. J.
dc.contributor.advisorSenekal, W. F. S.
dc.contributor.authorDe Man, Leon Albertus
dc.date.accessioned2019-06-14T13:20:02Z
dc.date.available2019-06-14T13:20:02Z
dc.date.issued1992-05
dc.description.abstractAfrikaans: Die voorsiening van rekreasie- en sportfasiliteite aan swartmense is van die belangrikste middele om ekonomiese en maatskaplike verval teen te werk. Die behoefte aan rekreasie en sport word egter al hoe groter en die eise om in die aanvraag te voorsien, al hoe sterker. Hierdie steeds groeiende behoefte kan onder andere aan beter opvoeding, 'n verhoogde inkomste, verhoogde mobiliteitsvlak en 'n toename in beskikbare vryetyd gekoppel word. Die vraag na rekreasie en sport het egter sodanig toegeneem dat daar tred verloor is met die voorsiening daarvan om doeltreffende, gekoordineerde voorsiening van rekreasie en sport te verseker, moet bepaal word wat - sowel as waar - spesifieke fasiliteite en dienste voorsien moet word. Die doelstelling van hierdie ondersoek is derhalwe die bepaling van die rekreasie- en sportvoorkeure van Swartmense in die Suid-Oranje-Vrystaat en die daarstel van onvoorsieningstrategie om doeltreffende rekreasie- en sportvoorsiening te bevorder. In die inleiding tot die ondersoek word die klem op die aktualiteit van die ondersoek geplaas, asook op die toeligting van aspekte soos die doel en metode van ondersoek. Die vraelys as basis van data-insameling, asook die demografiese en sosio-ekonomiese profiel van die respondente word vervolgens behandel. Huidige deelnamepatrone as ook 'n tyd-ruimtelike analise daarvan, behoeftes en voorkeure, mobiliteit en knelpunte word verder in die ondersoek bespreek en toegelig. Uit die ondersoek het geblyk dat: (i) Eiesoortige behoeftes en voorkeure vir rekreasie en sport in die Suid-Oranje-Vrystaat geïdentifiseer is, (ii) Gesinsrekreasie deur Swartmense belangrik geag word, (iii) Deelname aan en behoefte vir passiewe rekreasie deur voorsieningsinstansies verreken moet word, (iv) Die jeug In hoër behoefte aan fisieke aktiwiteite ervaar, (v) Die toename in werkloosheid In impak op rekreasieen sportvoorsiening sal hê, (vi) die toename in opvoedkundige kwalifikasies en die lae mobiliteits- en inkomstevlak verreken moet word in rekreasie- en sportvoorsiening, en (vii) Knelpunte wat deur Swartmense ondervind word in die beoefening van rekreasie- en sportaktiwiteite, 'n geweldige negatiewe impak op deelnamepatrone het. Hiervolgens is 'n voorsieningstrategie geformuleer wat as riglyne vir die toepassing van die resultate en bevindinge van die ondersoek in die praktyk kan dien. Die strategieë behels organisatoriese infrastruktuurvoorsiening, fisiese hulpbronvoorsiening en programvoorsiening. Die implementering van hierdie strategieë sal doeltreffende en gekoërdineerde rekreasie- en sportvoorsiening verseker, sodat optimaal aan die behoeftes van alle teikengroepe en betrokkenes voldoen kan word.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/9815
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectLeisureen_ZA
dc.subjectRecreation centresen_ZA
dc.subjectSouth Africaen_ZA
dc.subjectFree Stateen_ZA
dc.subjectBlacksen_ZA
dc.titleRekreasie- en sportvoorkeure van swartmense in die Suid-Oranje-Vrystaaten_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
DeManLA.pdf
Size:
16.55 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: