Die geskiedenis van die St. Andrew-skool, Bloemfontein
Loading...
Date
1953
Authors
Du Toit, Johannes Hendrik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Universiteit van die Vrystaat
Abstract
Die geskiedenis van die St. Andrew-skool kan in twee duidelike tydperke afgebaken word. Die skoal is in 1863 gestig en alhoewel dit soms maar 'n wankelbare bestaan gevoer het, het dit bly voortbestaan tot in 1899 toe dit kort na die uitbreek van die oorlog gesluit is. Daar is herhaaldelik pogings aangewend om die skool in die daaropvolgende Jare te heropen, maar weens 'n gebrek aan fondse kon nie een van hierdie pogings slaag nie. Dit was eers in 1916 dat die Engelse gemeenskap vir hulle volgehoue stryd beloon is. Teen die einde van die jaar is daar weer met die St. Andrew-skool 'n begin gemaak.
In die 19e eeu moes daar dikwels aan die kant van die Anglikaanse Kerk groat opofferings gemaak word om die skool aan die gang te hou. Ten spyte van die felt dat daar skynbaar 'n baie goeie gesindheid tussen lede van die Volksraad en die Raad van Opvoeding, die liggaam wat in beheer van die St. Andrew-kollege was, bestaan het, is die versoekskrifte om staatsondersteuning vir die skool meestal van die hand gewys. Af en toe is klein toelaes die skool aangebied, maar die grootste deel van die onkoste moes deur die Anglikaanse Kerk, wat natuurlik groot steun uit Engeland geniet het, gedra word. Die gevolg was dat die skool, wat gedurig in mededinging met die staatsondersteunde Grey-kollege was en gevolglik die skoolgelde so laag moontlik moes hou, in die maer jare maar noustrop getrek het.
Die goeie werk en dienste wat deur die skool tot die opvoeding van die jeug gelewer is, tesame met die tradisie wat deur die jare opgebou is, behoort daartoe aanleiding te gee dat die skool nog meer vrugte in die toekoms afwêro as wat in die verlede die geval was.
Description
Verhandeling (M.Ed.(Onderwys))--Universiteit van die Vrystaat, 1953