Beyond spectatorship: an exploration of embodied engagement with art
Loading...
Date
2014-10
Authors
Lauwrens, Jennifer
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: According to proponents of the so-called ‘sensory turn’ the varied layers of a
person’s experience of the social and material world produced via the senses of
taste, touch, hearing and smell have largely been neglected in academic research on
art. It is precisely because a person’s embodied and sensual engagement is
increasingly being recognised as co-constitutive of the dynamic relationship
occurring between people and art that dealing with the visual alone has been found
to be insufficient and has brought about a shift in interest toward the other senses.
Working between the disciplines of art history and visual culture studies, this
research engages with art in ways that exceed the visual in order to understand the
embodied and engaged interactions at work between a person and art. I argue that
scholarly investigations of the visual field have, until recently, often avoided
explorations of the affective, multisensorial body of a viewer in relation to what s/he
sees even though many art practices invite the engagement and participation of the
whole body beyond spectatorship only.
In a close analysis of two installations, a land art piece, one video and one entire
participatory exhibition the possible ways in which to theorise the involvement of the
whole person in aesthetic experience and not only the mind, intellect or
consciousness are explored. It is argued that a re-conception of art and
spectatorship as embodied interaction provides a far more nuanced understanding of
people’s experiences of art than ideologically and interpretative driven ‘readings’
only.
The theme of embodied spectatorship and contemporary art is approached in
particular through the lenses of the sensory turn, the pictorial turn, the corporeal turn,
empathy theory, affect theory, phenomenology and aesthetic embodiment and
engagement. By placing various examples of contemporary art in dialogue with
these theoretical perspectives the limitations of traditional notions regarding
aesthetic spectatorship are exposed. This leads to the beginning of a broader
conversation about the role and status of a whole embodied sensual being in her/his
encounter with specific materialities of art.
My basic theoretical standpoint is that a person’s embodied and engaged experience
is the starting point from which investigations of art can productively proceed. In
other words, by means of a predominantly phenomenological approach that
describes aesthetic situations and encounters, it is argued that direct experience
does not simply contribute to, but rather has a primacy and authority in encounters
with art, and should, therefore, be investigated.
Afrikaans: Volgens ondersteuners van die sogenaamde ‘sensoriese omwenteling’ is die verskeie lae van ʼn persoon se ervaring van die sosiale en materiële (wesenlike) wêreld, wat deur middel van die sintuie van smaak, tas, gehoor en reuk ervaar word, oor die algemeen veronagsaam in akademiese navorsing oor kuns. Dit is juis omdat ʼn persoon se beliggaamde en sensuele samestelling as ʼn dinamiese verhouding tussen mens en kuns beskryf kan word, dat die eenduidige fokus op die visuele as onvoldoende ontbloot word. Deur tussen die dissiplines van kunsgeskeidenis en visuelekultuurstudies te werk, benader hierdie navorsing kuns op wyses wat die visuele oorstyg om sodoende die beliggaamde en noue verbintenis tussen mens en kuns te verstaan. My uitgangspunt is dat akademiese navorsing in die visuele veld tot onlangs toe nog verkies het om die affektiewe en multisensoriese liggaam te ontken, ten spyte daarvan dat vele kuns praktyke juis die deelname van die hele liggaam uitnooi. Deur ʼn nougesette analise van twee installasies, ʼn landkunswerk, een video en een uitstalling waarin ʼn waarnemer uitgenooi is om deel te neem, word moontlike wyses ondersoek waarop die deelname van die volledige persoon tydens estetiese ervarings, en nie slegs die verstand, intellek of bewussyn nie, ondersoek. Daar word geargumenteer dat ʼn herkonseptualisering van kuns en waarneming as beliggaamde interaksie tot ʼn meer genuanseerde begrip van menslike ervaringe van kuns kan lei as interpretasies wat slegs fokus op die ‘lees’ van ideologiese betekenisse. Die tema van beliggaamde waarneming en kontemporêre kuns word hier geanaliseer veral deur die lens van die sensoriese omwenteling, die piktorale omwenteling, die liggaamlike omwenteling, empatie teorie, affek teorie, fenomenologie en estetiese beliggaming. Deur verskeie voorbeelde van kontemporêre kuns in gesprek te bring met hierdie teoretiese uitgangspunte, word die beperkinge van tradisionele idees oor estetiese waarneming ontbloot. Hierdie analise lei tot die begin van ʼn wyer gesprek aangaande die rol en status van ʼn volledige beliggaamde wese in haar/sy ontmoeting met spesifieke manifestasies van kuns. My basiese teoretiese standpunt is dat ʼn mens se beliggaamde en vervlegde ervaring die vrugbare beginpunt is vanwaar ondersoeke oor kuns behoort te spruit. Met ander woorde, deur middel van ʼn oorheersend fenomenologiese benadering wat estetiese situasies en ontmoetinge beskryf, word hier geargumenteer dat direkte ervaring nie net bydra tot, maar eerder ʼn voorrang en selfs outoriteit behoort te geniet in besinninge oor kuns.

Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Art History and Visual Culture Studies))--University of the Free State, 2014, Aesthetics, Senses and sensation in art, Arts, Modern -- 20th century, Multisensoriality, Ocularcentrism, Embodied spectatorship, Contemporary art, Sensory turn, Pictorial turn, Corporeal turn, Empathy theory, Affect theory, Phenomenology, Aaesthetic embodiment, Aesthetic engagement, Visual tactility