Die geohidrologie in die opvanggebied van die Moloporivier in die Noordelike Kalahari
Loading...
Date
1977
Authors
Smit, Petrus Jurgens
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die gebied wat 58 153 km2 beslaan en waarvan ongeveer 75
persent met sand bedek is, is uitsluitlik van ondergrondse water
afhankliko Die gesteentes le hoofsaklik in die westelike en
suidelike dele blootgele Die Kalaharilae is tot 180 m dik en die
geologiese formasies onder die Kalaharilae is volgens boorgatgegewena
vasgestel
Die diepte van die grondwatervlak varieer tussen 15 m in
dagsoomgebiede en 150 m in gebiede waar die Kalaharilae die dikste is.
In die westelike dele Is die Kalaharilae waterdraend.
In stollingsgesteentes lewer 34 tot 50 persent van die
boorgate meer as 450 l/h en in sedimentire geateenteep behalwe die
Formasie Dwyka, 50 tot 80 perssnte Boorgate wat wetenskaplik op
Voor-Kalaharigeeteentes gekies is lewer 10 persent hoer suksease
(lewering meer Ba 450 1/h) 88 boorgate wat op ander metodes gekies is.
In 38 boorgate is watervlakakommelinge sedert 1967 gereeld
gemeeto Seisoensveranderinge is ongeveer 3 keer groter in boorgate in
dagsoomgebiede aa in boorgate waar'die Kalaharilae tussen 0 en 15 m
dik is. Waar die Kalaharilae dikker as 15 m is, is geen seisoensveranderinge
waarneembaar nie.
Die gebied kan volgens die hoogtekontoere van die grondwatervlak
in 8 grondwatereenhede r ingedeel word wat elk 'n afsonderlike grondwaterkompartement
vorm.
Die temperatuur van die grondwater varieer volgens die diepte
van die grondwatervlak. Die geotermiese gradient is hiervolgens
bereken as 54 m/°C in graniet, 50 m/°C in dolomiet, 35 m/°C in jaspiliet,
30 m/°C in lawa en 45 rn/°C 1n Kalaharilae.
In totaal ia 204 grondwatermonsters chemies ontleed en
totale opgeloste stowwe ia In 655 monsters bepaelo Die konsentrasie
van T.O.S. in die grondwater in Voor-Kalaharigesteentea word progressief
hoer met 'n toename in die dikte van die Kalaharilae. Die Kalaharilae veroorsaak
nie 'n verhoging in die konsentrasie van totale opgeloste stowwe
in die grondwater nie maer ioonuitruiling vind wel plaas waar grondwater
deur die kleilae beweeg. Die grondwater in die Voor-Kalaharigesteentes
en in die Kaleharilae kan elk in 4 tipes ingedeel word volgens die
chemiese samestelling en oorsprong. Die grondwateraanvulling in dagsoomgebiede varieer tussen 2,2
persent in die weste by ‘n reenval van 220 mm per jaar, tot 3,8 persent
in die ooste, by ‘n reenval van 550 mm per jaar. In gebiede waar die
bedekking tussen 0 en 15 m is, is aanvulling moontlik 0,5 persent
van die jaarlikse reenval en waar die Kalaharilae dikker as 15 m is, vind
geen direkte aanvulling plaas nie. Die totale jaarlikse aanvulling
tot die grondwater in die hele gebied is 227,2 x 106m3•
Die totale grondwaterverliese in die gebied is 52,498 x 106m3
per jaar, waarvan 70 persent uit boorgate en 30 persent uit fonteine
afkomstig is. Die jaarlikse toename in die waterverbruik word beraam op
1,5 persent in Blanke gebiede en 8 persent in Tuialandgebiede. Die
waterverbruik deur mense en diere verteenwobrdig 39 persent van die
totale gl'ondwaterverliese, verbruik deur besproeiing 36 persent, deur dorpe
en myne 20 persent en deur verdamping en transpirasie 5 persent. Net 62
persent van die totale fonteinvloei word direk benut. Die totale
grondwaterverliese in, die gebied verteenwoordig 23 persent van die
jaarlikse bruto aanvulling, maar varieer tussen 91 en 17 persent in die
verskillende grondwatereenhede. Die totale hoeveelheid water wat uit
boorgate onttrek word is 36,856 x 106m3/j of 16 persent van die totale
jaarlikse aanvulling.
Die toekomstige waterverbruik in die gebied word beraam op
114,l4 x l06m3/j vir die jaar 2000, wat ongeveer 50 persent van die
jaarlikse potensiele aanvulling verteenwoordige Die benutting varieer
egter tussen 31 en 132 persent in die' verskillende grondwatereenhede.
Ten einde die grondwaterpotensiaal beter te bepaal is verdere
navorsing nodig op die natuurlike aanvulling tot die grondwater in dagsoomgebiede,
die optimale dikte van die bedekking in verhouding tot aanvulling,
die ondergrondse vloei deur die dolerietgange in dolomiet en op
die ondergrondse vloei uit sommige van die grondwatereenhede. Ondersoek
is ook nodig op die ontginningspotensiaal en stoorkapaaiteit van die
verskillende formasies insluitende die Kalaharilae wat oor groot gebiede
‘n belangrike akwifeer vorm.
Die ontginning van grondwater vernaamlik in granietgelJiede is
'n wesenlike probleem en navorsing op metodes en tegnieke van boorplek
aanwysing sowel as boorgatontwikkellng is nodig.
In groot gebiede in die noordweste is die grondwater onbruikbaar
sout en ontsouting van grondwater is ‘n baie belangrike
aspek vir toekomstige benutting. Navorsing behoort ook gedoen te
word op die ontwerp en beplanning van kunsmatige opvanggebiede ten
einde reenwater in sekere gebiede direk te benut.
Description
Keywords
Groundwater -- South Africa --Molopo River, Thesis (Ph.D. (Geohydrology))--University of the Free State, 1977