'n Ondersoek na die potensiaal van die Rustenburgomgewing as toeriste-aantreklikheid

Master’s Dissertation
dc.contributor.advisorJooste, C. J.
dc.contributor.authorDowd, Vernon
dc.date.accessioned2026-09-22T08:19:03Z
dc.date.issued1990-06
dc.description.abstractAfrikaans: Die doel met hierdie studie is om ondersoek in te stel na die potensiaal van die Rustenburgomgewing as toeriste-aantreklikheid. Die studie is in twee fases aangepak, naamlik 'n literatuurstudie en 'n empiriese ondersoek. In die empiriese ondersoek is opinieleiers vanuit die Rustenburgomgewing sowel as toeriste by die vakansie-oorde en hotelle betrek. Vervolgens 'n aantal belangrike uittreksels uit die literatuurstudie: Die idee van periodieke onderbrekings in die lewe van die mens is nie 'n nuwe verskynsel nie. Die mens het nog altyd 'n behoefte gehad aan 'n georganiseerde onderbreking in die normale patroon van sy roetine-aktiwiteite. Die gevolglike jaarlikse vakansie is 'n belangrike eienskap van moderne sosiale lewe in die Weste. Een woord om hierdie jaarlikse migrasie van massas mense na bestemmings, nasionaal sowel as internasionaal vir vakansiedoeleindse, saam te vat, is toerisme. Toerisme kan omskryf word as die tydelike beweging van persone, vir watter doel ookal, na voorafbepaalde bestemmings, met die doel om nie permanent in die plek of streek wat besoek word, te bly nie. Toerisme in Suid-Afrika het 'n lang geskiedenis wat waarskynlik terugdateer na die entoesiasme van Sir Frances Drake vir "The fairest Cape in the world". Dit was egter eers gedurende die negentiende eeu dat die gebied In toerismereputasie. ontwikkel het, veral as gesondheidsoord. Toerisme word allerweë as een van die grootste bedrywe in Suid-Afrika beskou en groei wêreldwyd teen 'n sneller tempo as die totale wêreldekonomie. 'n Totaal van 804 985 buitelanders, wat 413 368 van Afrika insluit, het Suid-Afrika gedurende 1988 besoek. Suid-Afrika se natuurlike toeriste-aantreklikhede is van besondere belang vir die land se toerismebedryf. Dit blyk uit die feit dat soveel as 19 % van die toeriste Suid-Afrika ter wille van die land se natuurlewe besoek, terwyl 10 % die land ter wille van natuurskoon besoek. Die land is in 'n gunstige posisie om te kapitaliseer op verwagte groei in toerisme. Suid-Afrika beskik oor 'n verskeidenheid aantreklikhede wat vir groot getalle mense uiters aanloklik is, sowel as 'n goeie internasionale reputasie vir gehalte en bevrediging. Rustenburg is geleë 105 kilometer vanaf Pretoria en 113 kilometer van Johannesburg aan die westekant van die Magaliesberge. Hierdie gunstige ligging maak dus van Rustenburg 'n maklik bereikbare en gewilde toevlugsoord vanaf die stadsgewoel van veral die PWV-gebied. Toerisme speel 'n al hoe belangriker rol in hierdie dorp. Met die heerlike klimaat van die tipiese Bosveld-topografie en plantegroei, bied dit ideale ontspannings- en vakansiegeleenthede. In ;'n omtrek van 30 kilometer is daar nie minder as 11 vakansieoorde, met ruim plek vir woonwaens en tente, sowel as 9 hotelle tot die beskikking van toeriste. Ook wat ontspanning betref, staan Rustenburg vir min toeristebestemmings terug. Vervolgens 'n uittreksel uit die empiriese ondersoek: Ten einde te deel in die vrug van toerisme moet owerhede in Rustenburg hul volle steun aan toerisme toesê. Opinieleiers en ander belanghebbendes moet byeenkom sodat daar besin kan word oor die genoegsaamheid van ontspanningsgeriewe en vermaaklikheid, sowel as oor die toestand waarin hierdie geriewe verkeer. Indringende aandag moet ook gegee word aan die huidige bemarkingstrategie, aangesien dit as probleemarea geïdentifiseer is. 'n Definitiewe bedrag moet aan toerisme en aan die bemarking van die dorp as toeristebestemming, toegesê word. Eienaars/bestuurders van vakansie-oorde en hotelle moet deeglik kennis neem van die huidige groot vraag na goeie konferensiegeriewe en van die voordele wat verkry kan word indien in hierdie behoefte voorsien word. Die hoof "toeriste-opvanggebied" van Rustenburg strek in 'n radius van 200 kilometer rondom die dorp. Tesame met die feit dat Rustenburg deur toeriste as eindbestemming beskou word, bring dit mee dat Rustenburg as onafhanklike vakansiebestemming bemark kan word en wel hoofsaaklik in die "opvanggebied" wat geïdentifiseer is. In 'n poging om meer toeriste te lok, moet vakansie-oorde en hotelle veral aandag gee aan die ontspanningsgeriewe en vermaaklikheid wat aan toeriste/gaste gebied kan word. Aangesien die meerderheid respondente aangedui het dat die Rustenburgomgewing 'n positiewe toerismepotensiaal het en dat hulle die omgewing in die toekoms beslis weer sal besoek, moet alle belanghebbende partye daarna streef om die gebied selfs nog aantrekliker vir toeriste te maak. Daardeur sal nie alleen verseker word dat toeriste die gebied weer besoek nie, maar persone wat die gebied nog nie besoek het nie, kan dan ook oorreed word om 'n besoek aan Rustenburg te bring. Rustenburg se twee vernaamste aantrekkingskragte, naamlik natuurskoon en klimaat, moet in die bemarking van die gebied beklemtoon word - veral in die lig van oorsese besoekers se groot behoefte aan genoemde twee aantrekkingskragte. Deur aandag te gee aan die aanbevelings in hierdie studie, en deur dit te implementeer waar moontlik, kan die toerismepotensiaal van die Rustenburgomgewing optimaal benut word. Indien daarin geslaag word, sal die Rustenburgomgewing en al sy inwoners deel in die voordele wat toerisme vir 'n streek en weliswaar vir die hele land inhou.en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/13426
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_US
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_US
dc.title'n Ondersoek na die potensiaal van die Rustenburgomgewing as toeriste-aantreklikheiden_US
dc.typeDissertationen_US
local.abstractLang.availableEnglish
local.abstractLang.availableAfrikaans
local.abstractLang.coverage1 Language

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
DowdV.pdf
Size:
8.27 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: