Die bevolkingsverbreiding en rassepatrone in die O.V.S.

dc.contributor.advisorNel, D. E.
dc.contributor.authorVan der Walt, Josef Kornelis
dc.date.accessioned2017-01-20T06:30:20Z
dc.date.available2017-01-20T06:30:20Z
dc.date.issued1978-12
dc.descriptionVolume I and Volume IIen_ZA
dc.description.abstractAfrikaans: Sedert die eerste seisoentrekke van veeboere na die Vrystaat, is die ontwikkeling van die Vrystaat nou saamgesnoer met die groei van die Blanke- en Bantoebevolkings. Aanvanklik was die bevolkingsvestiging in die suidelike en westelike dele van die O.V.S. Hierdie patroon van vestiging het geleidelik verander; in die beginjare in korrelasie met die veranderinge in die boerderypatroon. Lateraan egter onder invloed van mynbou- en industriële ontwikkeling. In hierdie studie is al die korrelatiewe faktore wat 'n invloed op die mens-landverhouding uitgeoefen het, ondersoek en bespreek. Die huidige bevolkingsverbreiding en die rassepatrone in die O.V.S. toon noue verband met ekonomiese bedrywighede in dié streek. Die bevolkingsverbreiding is dus eers onder drie ekonomiese sektore, nl. die landbou-, mynbou- en industriebevolking bestudeer. Daar is ook gevind dat verstedeliking by die Blankebevolking baie ver gevorder het; by die Kleurlinge in 'n geringer mate en by die Bantoe baie min. Dit het tot gevolg dat die Blankebevolkingsgetalle in die landelike dele baie laag en die Bantoebevolkingsgetalle besonder hoog is. In die saaistreke van die O.V.S. is die Blank-Bantoeratio gemiddeld 5,5 Blankes per 100 Bantoes. In die gemengde boerderystreke is dit 9 en in die veeboerderystreke is die graad van "witheid" die hoogste, nl. 11 Blankes per 100 Bantoes. Die Blank-Kleurlingratio is slegs in die suidelike en suidwestelike dele van die O.V.S. van toepassing. In slegs drie van die distrikte in dié gebied is die Kleurlinge meer as die Blankes met 'n ratio van gemiddeld 85. In die res is die Blankes meer met ratios wat wissel van 60 tot 90. Daar is gevind dat dele met hoë landelike bevolkingsdigthede almal in die Noordwes-Vrystaat geleë is. Bevolkingsdigthede van tot 17.5 persone per km2 word hier aangetref hoofsaaklik as gevolg van die intensiewe saaiboerdery wat toegepas word. Dit is algemeen bekend dat sulke streke altyd relatiewe hoë bevolkingsgetalle het omdat plase kleiner is en daar baie arbeid benodig word en meer intensief bewerk word. Dit betken weer 'n betreklike groot arbeidsmag. Saaiery op so 'n skaal word moontlik gemaak deur die besondere eienskappe van die grond in hierdie streke. In die Noord- en Oos-O.V.S. is die bevolkingsdigtheid ook relatief hoog, tussen 11,5 en 17,5/km2. In dié dele is dit veral die hoër neerslae wat saaiboerdery bevorder en saaiboerdery gee weer aanleiding tot hoër bevolkingsdigthede. Die sentrale dele van die O.V.S. se bevolkingsdigtheid is tussen 5,5 tot 11,5/km2. Reënval in hierdie dele is laer en gemengde boerdery word toegepas. Om 'n afdoende ekonomiese plaaseenheid te wees, moet plase in hierdie streek dus groter wees. Gepaard met die feit dat Blanke boere verder uitmekaar woon, word ook minder arbeiders benodig en dit lei tot die lae bevolkingsdigtheid. Die dele met die laagste bevolkingsdigthede lê in die suidelike en suidwestelike dele van die O.V.S. waar digthede weer laer as 5,5/km2 beloop. Die lae en wisselvallige reënval en die swak gronde het tot gevolg dat slegs skaapboerdery toegepas kan word. Plase is dus baie groter en bowendien word min arbeid vir dië soort boerdery benodig. Daar is verder ook 'n isaritmiese kaart saamgestel waarop die huidige bevolking in digtheidstreke aangetoon word.af
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/5369
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectThesis (Ph.D. (Geography))--University of the Free State, 1978en_ZA
dc.subjectPopulationen_ZA
dc.subjectPopulation geographyen_ZA
dc.titleDie bevolkingsverbreiding en rassepatrone in die O.V.S.af
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanderWaltJK.pdf
Size:
28.62 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: