Visuele beelding as spellingonderrigstrategie vir Afrikaanssprekende, graad 3-leerders, met spellingprobleme
Loading...
Date
2003-11
Authors
Van Staden, Annalene
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Article 1: Good, effective spelling is regarded as the ‘passport’ to educational opportunities, and academic performance is measured against it. Bad spelling not only lowers the effectiveness of written work, but is often a life-long embarrassment to a person. In the light of the foregoing one would expect educators in schools to receive the required guidance on choice and application of strategies for teaching spelling. However, the opposite is true, because educators have to rely largely on own experience. As a result the choice of teaching strategies is often made in a random and unscientific manner.
In the literature two teaching strategies in particular evoke response from researchers, namely the phonetic (auditory imaging) as against the non-phonetic (visual imaging) approach to teaching spelling. In the context of primary schools in the Free State, a phonetic approach to teaching spelling is mainly used, while the latest research results indicate that learners with spelling problems experience more problems than successful spellers if this approach is used. The high percentage of primary school learners who spell badly is also an indication that the phonetic approach to teaching spelling does not result in mastery success in a significant group of learners. In contrast researchers reported that good spellers are those who can retain an exact visual impression of a word, can associate the word with the visual image of it, and can recall a clear visual or kinaesthetic image of the word in written form.
Although no generally accepted definition for visual imaging is mentioned in the literature, many researchers agree that imaging is a dynamic cognitive process that can probably contribute significantly to effective learning and teaching events in the classroom situation.
As a consequence of the foregoing, it was endeavoured in this study to investigate the value and effectiveness of visual imaging as strategy for teaching spelling. The focus was specifically on the nature, structure and use of visual imaging as strategy for teaching spelling, different theories on imaging was described, and the possible relation between visual imaging and other aspects such as visual memory and visualisation were also highlighted and discussed. From the literature study it also appeared that research results show that visual imaging was indeed a strong factor in addressing spelling handicaps in learners with spelling problems.
However, it is important to keep in mind that not all individuals have the same visual imaging potential or use it equally effectively. It is therefore very important that spelling mastery by means of visual imaging should not be left only to incidental learning, but should be accompanied by intentional awareness and application of these techniques when teaching spelling.
In practice there are differences of opinion regarding the most effective strategy for teaching spelling, particularly when preference modalities are taken into account. Some educators’ point of departure is to capitalise on the strong areas, while others are in favour of supporting the weak areas. In spite of the above-mentioned differences, research results in this literature study indicate that preference modalities do not play an essential role in mastering spelling.
Article 2: Some researchers postulate that in spite of the attention that is paid in the literature to strategies for teaching spelling, very little experimental research is undertaken to verify such strategies. As a result both choice and application of teaching strategies are unscientific.
In spite of the important role that visual imaging plays in various cognitive tasks, limited research results are available regarding the use of visual imaging and spelling performance. Relating to the above, the purpose of this empirical study was to determine whether it is possible to neutralise or improve spelling handicaps in Afrikaans-speaking grade 3 learners by exposing such learners to a visual imaging programme.
In this empirical study the researcher succeeded in showing that visual imaging can play an extremely important role in improving the spelling of learners with spelling problems. The average after-scores of experimental persons in the experimental group were significant higher than the scores of those in the control group who had not been exposed to the visual imaging programme.
In practice there are contradictory viewpoints regarding the use of visual or auditory techniques in teaching spelling. Those opposed to visual teaching methods for spelling postulate, among others, that learners with auditory preference modalities will not benefit from a visual approach to teaching spelling. In this empirical study the possible relation between preference modalities and spelling performance was also investigated. Experimental persons in this study were learners with either visual or auditory preference modalities, and were exposed to the same visual imaging programme for remedial teaching. The average after-scores of learners with visual and auditory preference modalities respectively did not differ significantly. It would therefore appear that learners with different preference modalities (visual/auditory) benefited equally from the visual imaging programme. From this it can be deduced that preference modalities did not play a role in mastery of spelling by experimental persons in this study.
Afrikaans: Artikel 1: Goeie en effektiewe spelling word beskou as ‘n ‘paspoort’ tot opvoedkundige geleenthede en akademiese prestasie word hieraan gemeet. Swak spelling verlaag nie net die doeltreffendheid van geskrewe werk nie, maar is dikwels ‘n lewenslange verleentheid vir ‘n persoon. In die lig van voorgenoemde sou ‘n mens dus verwag dat opvoeders in skole die nodige leiding kry oor die keuse en toepassing van spellingonderrigstrategieë. Die teendeel is egter waar, want opvoeders moet grootliks op eie ervaring steun. Gevolglik geskied die keuse van onderrigstrategieë dikwels op ‘n lukraak en onwetenskaplike wyse. In die literatuur is daar veral twee onderrigstrategieë wat baie reaksie by navorsers uitlok, naamlik die fonetiese (ouditiewe beelding), teenoor die nie-fonetiese (visuele beelding) benadering tot spellingonderrig. In die konteks van primêre skole in die Vrystaat word daar hoofsaaklik van ‘n fonetiese benadering tot spellingonderrig gebruik gemaak, terwyl die nuutste navorsingsresultate daarop dui dat leerders met spellingprobleme meer probleme ondervind as suksesvolle spellers met dié benadering. Die hoë persentasie swakspellende primêreskoolleerders is verder ‘n aanduiding dat die fonetiese benadering tot spellingonderrig by ‘n beduidende groep leerders nie volle bemeesteringsukses bring nie. In teëstelling hiermee rapporteer navorsers dat goeie spellers diegene is wat ‘n presiese visuele indruk van ‘n woord kan behou, die woord met die visuele beeld daarvan kan assosieer en ‘n helder visuele of kinestetiese beeld van die woord in geskrewe vorm kan oproep. Alhoewel daar in die literatuur geen algemeen-aanvaarde definisie vir visuele beelding gemeld word nie, is baie navorsers dit eens dat beelding ‘n dinamiese kognitiewe proses is wat waarskynlik ‘n beduidende bydrae tot effektiewe leer- en onderriggebeure in die klaskamersituasie kan lewer. In aansluiting by voorgenoemde is daar dus in hierdie studie gepoog om die waarde en effektiwiteit van visuele beelding as spellingonderrigstrategie te ondersoek. Daar is spesifiek gefokus op die aard, struktuur en gebruik van visuele beelding as spellingonderrigstrategie, verskillende teorieë oor beelding is beskryf en die moontlike verband tussen visuele beelding en ander aspekte soos visuele geheue en visualisering is ook uitgelig en bespreek. Uit die literatuurstudie blyk dit duidelik dat navorsingsresultate wel toon dat visuele beelding ‘n kragtige faktor is by die aanspreek van spellingagterstande van leerders met spellingprobleme. Tog moet in gedagte gehou word dat nie alle individue oor dieselfde visuele beeldingspotensiaal beskik óf dit ewe effektief gebruik nie. Daarom is dit belangrik dat spellingbemeestering deur middel van visuele beelding nie slegs aan insidentele leer oorgelaat moet word nie, maar gepaard moet gaan met intensionele bewusmaking en toepassing van dié tegniek tydens spellingonderrig. In die praktyk bestaan meningsverskille oor wat die mees effektiewe strategie vir spellingonderrig sal wees, veral wanneer voorkeurmodaliteite in ag geneem word. Sommige opvoeders se uitgangspunt is om op die sterk areas te kapitaliseer terwyl ander weer voorstanders daarvan is om die swak areas te ondersteun. Tog, ten spyte van voorgenoemde meningsverskille, dui navorsingresultate in hierdie literatuurstudie daarop dat voorkeurmodaliteite nie ‘n wesenlike rol tydens spellingbemeestering speel nie. Artikel 2: Sommige navorsers postuleer dat ten spyte van die aandag wat daar wel aan spellingonderrigstrategieë in die literatuur geskenk word, daar weinig eksperimentele navorsing gedoen word om dit te verifieer. Voorgenoemde lei dus tot onwetenskaplikheid in die keuse, sowel as in die toepassing van onderrigstrategieë. Ten spyte van die belangrike rol wat visuele beelding in verskeie kognitiewe take speel, is daar beperkte navorsingsresultate beskikbaar ten opsigte van die verband tussen die gebruik van visuele beelding en spellingprestasie. In aansluiting by voorgenoemde is die doel met hierdie empiriese ondersoek om vas te stel of dit moontlik is om spellingagterstande by Afrikaanssprekende, graad-3 leerders, op te hef of te verbeter, deur sodanige leerders bloot te stel aan ‘n visuele beeldingsprogram. In hierdie empiriese ondersoek het die navorser wel daarin geslaag om aan te toon dat visuele beelding ‘n uiters belangrike rol kan speel in die spellingverbetering van leerders met spellingprobleme. Proefpersone in die eksperimentele groep se gemiddelde natellings was beduidend hoër as diegene in die kontrolegroep wat nie aan die visuele beeldingsprogram blootgestel is nie. In die praktyk is daar teenstrydige standpunte rondom die gebruik van visuele of ouditiewe tegnieke in spellingonderrig. Diegene wat gekant is teen visuele onderrigmetodes in spelling postuleer onder andere dat leerders met ouditiewe voorkeurmodaliteite nie baat sal vind by ‘n visuele benadering tot spellingonderrig nie. In hierdie empiriese ondersoek is die moontlike verband tussen voorkeurmodaliteite en spellingprestasie ook ondersoek. Proefpersone in hierdie ondersoek is leerders met óf visuele óf ouditiewe voorkeurmodaliteite en is vir remediëring aan dieselfde visuele beeldingsprogram blootgestel. Die gemiddelde natellings van leerders met visuele en ouditiewe voorkeurmodaliteite het nie statisties beduidend van mekaar verskil nie. Dit blyk dus dat leerders met verskillende voorkeurmodaliteite (visueel/ouditief) ewe veel baat gevind het by die visuele beeldingsprogram. Die afleiding wat dus gemaak kan word, is dat voorkeurmodaliteite in hierdie ondersoek nie ‘n rol gespeel het in die spellingbemeestering van proefpersone nie.

Description
Keywords
Imaging, Visual imaging, Perception, Visual memory, Visualisation, Fantasising, Information processing, Strategy for teaching spelling, Preference modalities, Spelling disability, Language and languages|xOrthography and spelling|xStudy and teaching Elementary), Visual education, Dissertation (M.Ed. (Education))--University of the Free State, 2003