Die effek van verskillende graanopbergmetodes op die aanwending van kapitaal in 'n mielieboerdery in die Noordwes Provinsie

Loading...
Thumbnail Image
Date
2014-07-18
Authors
Van der Merwe, Charl David
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: According to Liversage (2003: 1) maize was marketed through the one channel marketing system between 1944 and 1994. According to this system the Maize Board and its agents (the former agriculture co-operatives) were responsible for the buying and storing of maize in South Africa (Maize Board 1987: 134-147). After the closing of the Maize Board, a free market system was implemented and currently any person or organization can store maize (Murray, 2011: personal communication) in South Africa. Due to the above mentioned changes, 1.85 million tons of storage capacity was erected on farms in South Africa since 1996 (SIQ, 2011). Apart from storing maize at the silos of commercial storage companies, maize can also be stored on the farm by using zinc silos, silo bags and grain dams according to Genis (2012). If storage takes place on the farm it will need the erection of storage structures. Dhyuvetter (2007: 4-6) showed that additional capital is needed to erect new storage structures on the farm. According to Steitz & Ehmke (2005) any capital expenditure, influences the farm over a long period and need careful planning (Boehlje & Ehmke (2005: 1). According to Louw (1996: 20) models for complete farm planning can be used to evaluate the effect of capital spending on the farm. According to Koch (1992: 20) these models take the soil, farm operations, market plans and capital resources into account when different options is evaluated by developing varies scenarios. There is currently no farm planing model available in South Africa witch can be used to evaluate the effect of different storage methods on the use of capital resources of the farm. In this study ‘n holistic farm planning model is developed to be use in evaluating the effect of different storage methods on the use of capital on a maize farm. The effect of the use of commercial silos and the use of zinc silos, silo bags, plastic dams and zinc dams is evaluated in the study. The effect of certain variables like the size of the farm, the distance of the farm from the commercial silo and the marketing strategy are evaluated in the model by using different scenarios. According to the results of the study, the highest margin after specified cost was realized by using zinc silos. The Net present value was used to evaluate the application of capital on the Farm. The use of commercial silos realized the highest Net Present Value. Based on the results of the study the size of the farm, the marketing strategy, the distance between the farm and the commercial silo and the method of transport between the farm and commercial silo, can influence the choice of storage method if the calculation of net present value is used as a tool of measurement. According to the results of the study it is important to take the effect of the fixed and variable costs into account when evaluating the different storage options on a Farm. It is even more important if the size of the harvest varies.
Afrikaans: Volgens Liversage (2003: 1) is mielies tussen 1944 en 1996 in Suid-Afrika volgens die eenkanaalbemarkingstelsel bemark. Ingevolge die stelsel kon slegs die Mielieraad en sy agente (die eertydse landbou koöperasies) mielies in Suid-Afrika aankoop en opberg (Mielieraad 1987: 134-147). Na die sluiting van die Mielieraad is ’n vryemarkstelsel geïmplementeer en kan enige persoon of instansie mielies opberg (Murray, 2011: persoonlike mededeling). Weens die veranderinge in die bemarkingsomgewing as gevolg van die aspekte wat hierbo bespreek is, is 1.85m ton opbergingskapasiteit volgens SIQ (2011) sedert 1996 op die plase in Suid-Afrika geskep. Volgens Genis (2012) word sinkbuise, silosakke, en graandamme tans gebruik om mielies op die plaas op te berg, terwyl mielies ook by die silo’s van kommersiële opbergers opgeberg kan word. Die opberging van mielies op die plaas gaan gepaard met die oprigting van strukture op die plaas. Dhyuvetter (2007: 4-6) het aangetoon dat bykomende kapitaal nodig is om opbergingstrukture op die plaas op te rig. Enige kapitale spandering, beïnvloed volgens Steitz & Ellision (2005), die boerdery oor ’n lang periode en moet volgens Boehlje & Ehmke (2005: 1) deeglik beplan word. Volgens Louw (1996: 20) kan geheelplaasbeplanningsmodelle gebruik word om die effek van kapitale spandering te evalueer, aangesien ’n geheelbeeld van die boerdery verkry word as ’n geheelplaasbeplanningsmodel gebruik word. Volgens Koch (1992: 20) neem geheelplaasbeplanningsmodelle aspekte soos die boerdery se grond, bewerkingspraktyke, bemarkingsplan en kapitaal in ag en word al die aspekte geïntegreer ten einde verskillende scenario’s te evalueer. Tans bestaan daar nie ’n geheelplaasbeplanningsmodel in Suid-Afrika wat gebruik kan word om die effek van die verskillende opbergingsmetodes op die aanwending van ’n boerdery se kapitaal te evalueer nie. In die studie word ’n geheelplaas-beplanningsmodel ontwikkel wat gebruik word om die effek van die verskillende opbergingsmetodes op die aanwending van ’n mielieboerdery se kapitaal te evalueer. Die effek wat die gebruik van kommersiële silo’s en die oprigting en gebruik van sinksilo’s, silosakke, plastiekdamme en sinkdamme op die aanwending van ’n boerdery se kapitaal het, word in die studie geëvalueer. Die effek van moontlike veranderlikes soos die grootte van die boerdery, die afstand tussen die plaas en die kommersiële silo en die bemarkingstrategie wat gevolg word, word binne die model geëvalueer deur verskillende scenario’s ten opsigte van die veranderlikes te ontwikkel. Volgens die resultate van die studie word die hoogste marge na gespesifiseerde koste gerealiseer as sinkbuise opgerig word. Die hoogste netto huidige waarde wat as maatstaf gebruik word om die aanwending van kapitaal te evalueer, word gerealiseer as kommersiële silo’s gebruik word en die kapitaal wat in opbergingstrukture belê sou word, in eksterne beleggings soos die aandelemark belê word. Gebaseer op die resultate van die studie, word die gevolgtrekking gemaak dat die grootte van die boerdery, die bemarkingstrategie wat gevolg word, die afstand tussen die plaas en die naaste kommersiële silo en die metode waarvolgens die mielies tussen die plaas en kommersiële silo vervoer word, die keuse van opbergingsmetode beïnvloed as die berekening van netto huidige waarde as maatstaf van die evaluasie gebruik word. Volgens die resultate van die studie is dit belangrik om die effek van vaste en veranderlike koste in ag te neem as verskillende plaasopbergingsmetodes geëvalueer word. Dit is veral belangrik as die oesgrootte van die plaas varieer.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Agricultural Economics))--University of the Free State, 2013, Grain -- Storage -- South Africa -- North-West, Grain -- Handling -- South Africa -- North-West, Farm management -- South Africa -- North-West, Agriculture -- Economic aspects, Farm planning model, On farm storage, Silobags, Graindams, Capital management
Citation