Die kristalstruktuur van 1,2-bis (2-metielpiridinium) etaantetrasianonikkellaat (II) en die kinetika van die bereiding van verwante kwaternere ammoniumsoute
Loading...
Date
1969-12
Authors
Wessels, Gabriël Frederik Stefanus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Verskeie pogings is al aangewend om die bindingsgeaardheid
van die sianiedgroep in komplekse sianiedverbindings te
bepaal met behulp van spektrofotometriese metodes. Alhoewel
die verskeie metodes al dikwels teenstrydige resultate gelewer
het, het dit getoon dat die metaal-koolstof binding vir
sommige komplekse sianiede in 'n mindere of meerdere mate 'n
dubbelbindingskarakter het.
As gevolg van TI tekort aan akkurate
interatoomafstande, kon hierdie π-bindingskarakter egter
nog nie bevestig word nie. Die bindingsgeaardheid van die
sianiedgroep bepaal tot 'n groot mate die aard van die ladingsverspreiding
oor so 'n komplekse ioon, terwyl die ruimtelike
rangskikking vah die ione ten opsigte van mekaar weer afhanklik
is van die ladingsverspreiding oor die ioon. Dit is dus
duidelik dat die bindingsafstande tesame met die rangskikking
van die ione ten opsigte van mekaar van belang is by die bepaling
van die bindingsgeaardheid van die komplekse sianiedione.
Die divalente kwaternêre ammonlumsoute van nikkelsianied
leen hulle uitstekend vir die bestudering van die rangskikking
van die katione ten opsigte van die anione, aangesien die
twee positiewe ladings van die katioon van mekaar geskei is
oor 'n betreklike groot afstand, maar nie onafhanklik van mekaar
is soos in die geval van monovalente ione nie.
Dit is dus duidelik dat die afstand tussen die positiewe ladings en
sekere steriese effekte, soos afskerming van die positief gelaaide
stikstofatoom, tot 'n groot mate die rangskikking van
die ione ten opsigte van mekaar sal bepaal. Alhoewel 'n groot
aantal van hierdie tipe divalente kwaternêre amnoniumsoute
al berei is, is die kinetika van hul vorming egter nog nie
ondersoek nie. Die strukture van die komplekse sianiede N,N-dimetiel-4,4 -dipiridiniumtetrasianonikkellaat (II) (C16H14N6Ni) en 1,2-bis(N-metiel-4-piridinium)etileentetrasianonikkellaat (II) (C18H16N6Ni) is onlangs volledig opgeklaar met behulp van X-strale. Om aan te sluit by hierdie tipe komplekse, behals hierdie verhandeling die struktuuropklaring van 'n soortgelyke tipe nikkelsianiedkompleks 1,2-bis (2-metielpiridinium)etaantetrasianonikkellaat (II) (C18H24N6Ni) met behulp van X-strale, en die ondersoek van die reaksiekinetika van verwante kwaternêre ammoniumsoute. Die verbindings C18H24N6Ni, C16H14N6Ni en C18H16N6Ni is verwant aan mekaar deurdat elkeen 'n divalente organiese katioon besit. Die afstande tussen die positiewe ladings op die verskillende katione verskil egter betreklik baie en is onderskeidelik ongeveer 4, 7 en 9 Å.
Description
Keywords
Inorganic chemistry, Cyanides, Crystals, Dissertation (M.Sc. (Chemistry))--University of the Free State, 1969