Fiscal sustainability, economic instability and the solvency of non-governmental agents
Loading...
Date
2001-11
Authors
Burger, Philippe
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: In several countries the public debt/GDP ratio showed the largest ever peacetime increase during the last 20 years of the twentieth century. According to numerous analysts, the continuous and increasing accumulation of debt has rendered fiscal policy unsustainable in many countries. Towards the latter half of the 1990s several countries initiated steps to check the increase in their public debtlGDP ratio and in so doing establish fiscal sustainability. The mainstream rule on how to re-establish fiscal sustainability is unambiguous: government should, on average, run a sufficiently sized primary surplus (i.e. non-interest revenue less non-interest expenditure). However, policy-makers in several countries have found that the establishment of fiscal sustainability is not always so straightforward. The 'general balance framework' is developed in the thesis to obtain a tool with which to examine why it is not straightforward.. Using this framework, the thesis points out that merely running a primary surplus to restore fiscal sustainability may not ensure the disappearance of unsustainability from the economy. Government may just shift the unsustainability to the non-governmental sectors of the economy, which, in turn, may cause wide-scale insolvency and instability. However, unsustainability and the accompanying instability and insolvency in the financial position of non-governmental agents may also originate from within the ranks of the non-governmental agents. The thesis points out that, given fundamental uncertainty and subjective expectations, economic instability and tenacious recessions that defy the attempts of non-governmental agents to counter them, are recurring phenomena - the economic system is not inherently stable. Economic agents operate in an uncertain world where investment decisions are based on subjective expectations about an uncertain future. Being subjective, these expectations can quickly be altered, causing a change in interest rates, investment and income. Whereas the initial change in expectations may cause imbalances in the financial position of a few economic agents and cause their financial position to become unsustainable, the unsustainability may quickly spread to other agents through the linkages that exist between the financial position of economic agents. As it spreads it causes the economy to become unstable. Because economic instability and tenacious recessions are recurring phenomena, a government may time and again find itself in a position where it may have to stabilise the economy. It is possible, using the general balance framework, to define economic instability as a collective term for recurrent and widespread unsustainability in the financial position of non-governmental agents. Thus, a stabilisation policy is no less concerned with unsustainability than is a policy aimed at restoring fiscal sustainability. The difference between a stabilisation policy and a policy aimed at restoring fiscal sustainability then merely is whose sustainability is at issue: that of government or that of non-governmental agents? In addition, government uses the same policy instruments, in the form of changes in government expenditure and revenue, to influence the sustainability of both its own financial position and that of nongovernmental agents (stabilisation steps). Moreover, a decision on the sustainability of fiscal policy is also a decision on economic stabilisation (and vice versa), as the instruments government uses simultaneously influence the financial position of both government and non-governmental agents. The thesis is not about relaxing the mainstream rule, but about making it more sophisticated and sensitive to uncertainty, expectations, instability/cyclicality, and sectoral balance effects. By taking account of these issues, the mainstream rule is refined into a menu of rules. Although the thesis argues that the rules should not be rigid, it also does not propose pure discretion - rather, it proposes a framework for the sophisticated, non-mechanical and more effective, less damaging application of the mainstream rule - essentially a normative approach to the implementation of the rule.
Afrikaans: In verskeie lande het die staatskuld/BBP verhouding die grootste vredestydse styging ooit gedurende die laaste 20 jaar van die twintigste eeu getoon. Volgens verskeie analiste het die voortdurende en toenemende akkumulasie van skuld, fiskale beleid in verskeie lande onvolhoubaar gemaak. Gedurende die laaste helfte van die 1990s het verskeie lande stappe geïnisieer om die styging in die staatskuld/BBP verhouding in bedwang te bring en sodoende fiskale volhoubaarheid te vestig . .Die hoofstroomreël om fiskale volhoubaarheid te herstel is ondubbelsinnig: die regering moet, gemiddeld, 'n groot genoeg primêre surplus (d.w.s. nie-rente inkomste minus nierente uitgawes) handhaaf. Beleidmakers in verskeie lande het egter gevind dat die herstel van fiskale volhoubaarheid nie so eenvoudig is nie. Die 'algemene balansraamwerk' word in die tesis ontwikkelom 'n instrument te verkry waarmee ondersoek ingestel word oor waarom dit nie so eenvoudig is nie. Met die gebruik van hierdie raamwerk, dui die tesis aan dat deur bloot 'n primêre surplus te handhaaf om fiskale volhoubaarheid te vestig, nie noodwendig sal verseker dat nievolhoubaarheid uit die ekonomiese stelsel sal verdwyn nie. Die regering mag bloot net die nie-volhoubaarheid na nie-regeringsektore van die ekonomie skuif, wat, op sy beurt, wydverspreide insolvensie en onstabiliteit mag veroorsaak. Nie-volhoubaarheid en die meegaande onstabiliteit en insolvensie in die finansiële posisie van nie-regeringsagente mag sy oorsprong in die geledere van nie-regeringsagente hê. Die tesis dui aan dat, gegewe fundamentele onsekerheid en subjektiewe verwagtinge, ekonomiese onstabiliteit en hardnekkige ressesies wat die pogings van nieregeringsagente om hulle teen te werk weerstaan, herhalende verskynsels is - die ekonomiese stelsel is nie inherent stabiel nie. Ekonomiese agente opereer in 'n onseker wêreld waar investeringsbesluite op subjektiewe verwagtinge rakende die toekoms gebaseer is. Synde subjektief, kan hierdie verwagtinge vinnig verander word, wat weer 'n verandering in rentekoerse, investering en inkomste verooraak. Waar die inisiële verandering in verwagtinge wanbalanse in die finansiële posisie van 'n paar ekonomiese agente mag veroorsaak en veroorsaak dat hulle finansiële posisie nie-volhoubaar word, kan die nie-volhoubaarheid vinnig versprei na ander agente deur die koppelings wat tussen die finasiële posisie van ekonomiese agente bestaan. Soos dit versprei, veroorsaak dit dat die ekonomie onstabiel word. Omdat ekonomiese onstabiliteit en harnekkige ressesies herhalende verskynsels is, mag 'n regering hom slag op keer in 'n posisie bevind waar hy die ekonomie moet stabiliseer. Dit is moontlik, deur die gebruik van die algemene balansraamwerk, om ekonomiese onstabiliteit te definieer as die versamelnaam vir die herhalende en wydverspreide nie-volhoubaarheid in die finansiële posisie van nieregeringsagente. Gevolglik is 'n stabilisasie beleid nie minder gemoeid met volhoubaarheid as 'n beleid gerig of fiskale volhoubaarheid. Die verskil tussen 'n stabilisasiebeleid en 'n beleid gerig op fiskale volhoubaarheid is bloot net wie se volhoubaarheid ter sprake is: die van die regering of die van nie-regeringsagente? Verder gebruik die regering dieselfde instrumente, in die vorm van veranderings in regeringsuitgawes en -inkomste, om beide sy eie finansiële posisie en die van nie-regeringsagente te beïnvloed (stabilisasiestappe). Daarby is 'n besluit rakende die volhoubaarheid van fiskale beleid ook 'n besluit oor ekonomiese stabiliteit (en vice versa), omrede die instrumente wat die regering gebruik gelyktydig die finansiële posisie van beide die regering en nie-regeringsagente beïnvloed. Die tesis gaan nie oor die verslapping van die hoofstroomreël nie, maar maak dit meer gesofistikeerd en sensitief vir onsekerheid, verwagtinge, onstabiliteitlsiklisiteit, en sektorale balanseffekte. Deur hierdie kwessies in ag te neem word die hoofstroomreël verfyn tot 'n spyskaart van reëls. Alhoewel die tesis aanvoer dat die reëls nie rigied moet wees nie, stel dit ook nie suiwer diskresie voor nie - dit stel eerder 'n raamwerk vir die gesofistikeerde, nie-meganiese en meer effektiewe, minder skadelike toepassing van die hoofstroomreël voor - essensieel 'n normatiewe benadering tot die implementering van die reël.

Description
Keywords
Fiscal policy, Economic development, Budget deficits, Thesis (Ph.D. (Economics))--University of the Free State, 2001