Lecturers' perceptions and experiences of open educational resources in teaching and learning
Loading...
Date
2018-01
Authors
Madiba, Aubrey Monde
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Teaching and learning in the 21st century has undergone changes that have been brought about by a number of innovative tools. Information Communication Technology (ICT), for example, has assisted in many ways to enhance teaching and learning by allowing for the integration of Open Educational Resources (OERs). Although the concept of OERs was coined in 2002, there are different views on why such educational resources have not been widely embraced as the solution to the lack of free, copyright free, relevant and high-quality educational resources in Higher Education Institutions (HEIs).
On the one hand, these mixed views with regard to the integration of OERs in teaching and learning in HEIs are coming from the lecturers who are sceptical and do not trust that such educational resources may have an impact on their daily activities. On the other hand, the long-held belief pertaining to the superiority complex of the copyrighted educational resources in comparison to the freely available OERs continues to be a bone of contention in a number of HEIs. The uneasiness surrounding the abandonment of traditional ways and the difficulty of embracing change are also contributing factors that emerge from every discussion on the integration of OERs in teaching and learning.
This study sought to gather the perceptions and experiences of some lecturers from the University of the Free State (UFS) with regard to the integration of OERs in teaching and learning.
The study is informed by an interpretivist paradigm that falls within discursive qualitative research. It is also centred on the Knowledge Management (KM) processes model that consists of knowledge discovery, knowledge capture, knowledge sharing and knowledge application (Becerra-Fernandez & Sabherwal 2010:56).
The investigation consisted of semi-structured interviews conducted with eighteen selected lecturers who met the specified criteria. The findings from this case study indicate that there is still a lack of awareness among lecturers on what OERs are or how they can be integrated into teaching and learning. There is also evidence of the sporadic usage of OER principles by lecturers in their daily teaching and learning activities. Many of the lecturers who responded showed a willingness to participate in initiatives that would lead to the development, promotion and implementation of OERs in teaching and learning at the UFS. The KM processes model has also revealed that, although not inadvertently, lecturers acknowledge and can identify, at various levels, with the 5Rs principles of OERs. The poor presence of the KM processes is an indication that OERs need to be properly introduced to solidify their usage and integration in teaching and learning at the UFS.
Afrikaans: In die 21ste eeu het onderrig en leer veranderinge ondergaan wat veroorsaak is deur ’n aantal innoverende instrumente. Inligtingskommunikasietegnologie (IKT), byvoorbeeld, het in baie opsigte bygedra tot die verbetering van onderrig en leer deur ruimte te maak vir die integrasie van Ope Opvoedkundige Hulpbronne (OOH). Alhoewel die konsep van OOH in 2002 geskep is, is daar verskillende beskouings oor waarom sulke opvoedkundige hulpbronne nie wyd aanvaar is as die oplossing tot die gebrek aan gratis, kopieregvrye, relevante en hoëgehalte opvoedkundige hulpbronne in hoëronderwysinstellings (HOI’s) nie. Aan die een kant word hierdie gemengde beskouings ten opsigte van die integrasie van OOH met onderrig en leer in HOI’s geopper deur die dosente, wat skepties is en wat nie vertrou dat sulke opvoedkundige hulpbronne ’n impak op hul daaglikse aktiwiteite kan hê nie. Aan die ander kant bly die langdurige opvatting ten opsigte van die meerderwaardigheidskompleks van onderwyshulpbronne met kopiereg in vergelyking met gratis OOH ’n twisappel binne ’n aantal HOI’s. Die ongemak wat heers rondom die agterlating van tradisionele metodes en die uitdaging van verandering is ook bydraende faktore wat voortspruit uit elke bespreking van die integrasie van OOH in onderrig en leer. Hierdie studie het onderneem om die persepsies en ervarings van enkele dosente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ten opsigte van die integrasie van OOH in onderrig en leer, op te teken. Die studie word besiel deur ’n interpretivistiese paradigma wat binne diskursiewe kwalitatiewe navorsing val. Dit is gesentreerd rondom die prosessemodel van kennisbestuur (KB), wat bestaan uit kennisontdekking, kennisvaslegging, kennisdeel en kennistoepassing (Becerra-Fernandez & Sabherwal 2010:56). Die ondersoek het bestaan uit semi-gestruktureerde onderhoude, wat gevoer is met agtien geselekteerde dosente wat aan die gespesifiseerde kriteria voldoen het. Die bevindings uit hierdie gevallestudie dui aan dat daar steeds ’n gebrek aan bewustheid onder dosente bestaan oor wat OOH is of hoe dit in onderrig en leer geïntegreer kan word. Daar is ook bewyse van die sporadiese gebruik van OOH-beginsels deur dosente in hul daaglikse onderrig- en leeraktiwiteite. Baie van die dosente wat geantwoord het, was gewillig om deel te neem aan inisiatiewe wat sou lei tot die ontwikkeling, bevordering en implementering van OOH in onderrig en leer aan die UV. Die prosessemodel van KB het ook onthul, alhoewel nie onbedoeld nie, dat dosente in staat is om, op verskeie vlakke, die 5R-beginsels van OOH te identifiseer en te erken. Die swak teenwoordigheid van die KB-prosesse is ’n aanduiding dat OOH deeglik voorgestel moet word om hul gebruik en integrasie in onderrig en leer aan die UV vas te lê.

Description
Keywords
Teaching and learning, Open educational resources (OER), Colleges and universities, Lectures and lecturing -- Colleges and universities, Information communication technology (ICT), Dissertation (M.A. (Higher Education Studies))--University of the Free State, 2018